04/10/2026
🏆⚖️ NASIONALE NAASWENNERS! ⚖️🏆
Ons bars van trots! 💚💛
Lesedi Nakedi en Mica’h Arendse het ’n ongelooflike prestasie behaal deur as naaswenners van die National Schools Moot Court Competition 2026 aangewys te word! 🇿🇦⚖️
Ons span, wat op die dag as regsverteenwoordigers van die Applikante opgetree het, het voor ’n volbank van die Konstitusionele Hof verskyn. Ná ’n besonder spannende en naelskraapse beslissing is daar ten gunste van die Respondente beslis.
Die standaard van die argumente van beide spanne is deur die hof as iets besonders beskryf – ’n ongelooflike kompliment op nasionale vlak! 🌟
Lesedi en Mica’h, julle harde werk, voorbereiding en toewyding deur die loop van die jaar het julle tot op hierdie besondere verhoog gebring. Om as tweede beste span in Suid-Afrika te eindig, is ’n prestasie waarop julle én die hele Tiere-familie ongelooflik trots kan wees! 🐯💚💛
Baie geluk, Lesedi en Mica’h! Julle het Tygerberg se naam hoog gehou!