17/06/2026
Kom kuns en kuier môre saam met ons in die Paarl by Minkies! Kontak Marelize 067 788 8661 so gou as moontlik om jou plekkie te verseker. Beperkte plekker beskikbaar.
Jy kan ʼn kunspakkie bestel, dan kan jy by die huis ook lekker kuns. Andersins kom net en al die materiale word voorsien.
Ons sien uit om jou daar te sien!
08/06/2026
Ons Crafty Kids het ʼn prent geteken met hulle linkerhand en regterhand (bilateral drawing) om te help met koördinasie van die regter- en linker hemisfere van die brein. Verder bevorder dit fyn motoriese vaardighede, dit bou selfvertroue en bevorder kreatiwiteit omdat daar geen 'reëls' is nie. Daarom ontspan kinders en dit gee hulle kans om te eksperimenteer.
Daarna het hulle positiewe en negatiewe spasies geïdentifiseer en dele van die papier swart geverf en dele oopgelos sodat mens die bilateral drawing kan sien wat hulle leer om anders te 'sien' , in plaas daarvan om net die prent te teken leer hulle om die negatiewe spasie ook raak te sien. Hulle ontwikkel dus artistieke en kognitiewe vaardighede. Hulle leer kreatiewe denke en verstaan dat daar verskillende maniere is om iets voor te stel. Dit help ook met probleemoplossingsvaardighede omdat hulle nou anders moet d**k en vooruit moet beplan. Vir die wat baie met hierdie konsep gesukkel het en perongeluk die positiewe spasies toegeverf het, het ons die papier swart geverf, want na die tyd gaan hulle weer positiewe spasies uitkrap.
Hierdie projek gaan nie oor die eindproduk nie, maar oor wat die kids geleer het in die proses. Hulle het die bilateral drawing só baie geniet en kon nie glo hulle kan net laat gaan nie! Die kleure wat hulle gekies het om bymekaar te sit was pragtig!