14/09/2026
๐ท DANKIE VIR โN KOSBARE DAMESOGGEND ๐ท
Ons harte loop oor van dankbaarheid na โn ongelooflike mooi Family Tree Damesoggend. ๐ค
Aan elke dame wat saam met ons gekuier het โ dankie dat jy gekom het soos jy is, dat jy saam gelag, geluister, geskep, geรซet en sommer net vrouwees gevier het. ๐ธ Ons hoop dat jy huis toe gegaan het met โn voller hart, nuwe moed en die herinnering dat daar soveel mooi is wanneer vroue mekaar raaksien, ondersteun en aanmoedig.
โn Besonderse dankie aan Odette Jensen vir die kosbare boodskap wat sy met ons gedeel het, aan Genรฉa Jensen vir haar pragtige sangitem, en aan Lenรฉ Jooste vir die kreatiewe waterverfervaring. Julle het elkeen iets besonders tot die oggend gebring. ๐จ๐ถ
En dan โ aan ons ongelooflike borge, uitstallers, gasvrouens en elke persoon wat agter die skerms gehelp het: DANKIE! ๐ท Julle vrygewigheid was oorweldigend. Van geskenksakkies en gelukkige trekkings tot heerlike kos, vonkelwyn, koffie, bederfies, dekor, fotografie en persoonlike dienste โ elke bydrae het gehelp om ons dames werklik spesiaal te laat voel.
Aan ons gasvrouens wat elke tafel met soveel liefde, kleur en persoonlikheid ingerig het: julle het ons tema laat lรฉรฉf. ๐
Ons is opreg dankbaar vir elke besigheid wat in hierdie oggend en in ons vroue belรช het. Ondersteun asseblief ons borge wanneer julle die geleentheid kry โ hulle het met oop hande gegee om hierdie oggend moontlik te maak. ๐ค
Mag ons onthou dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te stap nie. Wanneer vroue saamkom, mekaar bemoedig en ruimte maak vir mekaar om te floreer, gebeur daar iets besonders.
Dankie dat julle saam met ons gefloreer het. ๐ธ
Met baie liefde en dankbaarheid,
Family Tree Leierskap Akademie
World Changers for Jesus ๐ค