Laerskool Slot van die Paarl

Laerskool Slot van die Paarl Laerskool Slot van die Paarl is die oudste skool in die Paarl. Dit is 'n skool waar kinders nog kind kan wees.
πŸ’›πŸ©΅πŸ’™

05/10/2026

Vandag is die klaskamers leeg, maar ons harte is vol dankbaarheid vir elkeen van julle.

Dankie vir die liefde, geduld, drukkies en al die ekstra moeite wat julle elke dag gee. Julle maak ’n groot verskil in ons kinders se lewens.

Geniet die ekstra vakansiedag β€” julle verdien dit!

Gelukkige Onderwysersdag! πŸ’›πŸ’™πŸ”’

Advertensiebreek 🚨 Met trots geborg deur ons betaalde borge. Dankie vir die ondersteuning!πŸ’›πŸ©΅πŸ’™Hallo, ek is Delene Lategan...
04/10/2026

Advertensiebreek 🚨
Met trots geborg deur ons betaalde borge. Dankie vir die ondersteuning!

πŸ’›πŸ©΅πŸ’™

Hallo, ek is Delene Lategan, ’n Arbeidsterapeut met ’n groot passie vir kinders en hul ontwikkeling.

Ek is getroud met my wonderlike man en ons het twee energieke seuntjies wat self nou by Slot van die Paarl is. Om my eie kinders hier te hΓͺ, maak my verbintenis met die skool en die gemeenskap net meer spesiaal en persoonlik.

Ek het Ε‰ volle praktyk in Noorder- Paarl en werk elke dag met kinders van alle ouderdomme. Kinders, was al sedert ek in Gr. 1 by Slot was, my droom en passie en ek leef dit elke dag. Ek glo elke kind is uniek en het hul eie pad om te stap. Ek sal altyd ekstra moeite doen om oplossings te vind wat prakties werk vir die kind Γ©n die gesin.

My spesiale belangstelling lΓͺ in Sensoriese Integrasie en ek is tans besig met my nagraadse studies in hierdie veld. Met jare se ondervinding in die terapeutiese werk met kinders, ondersteun ek kinders en ouers om hul volle potensiaal te bereik.

Slot van die Paarl lΓͺ baie na aan my hart. Ek was Hoofmeisie toe die skool sy 150ste bestaansjaar gevier het en is ongelooflik trots om nou weer professioneel by die skool betrokke te wees. Ek sal terapie direk by die skool aanbied, wat groot voordele inhou β€” kinders ontvang ondersteuning in ’n bekende, veilige omgewing en dit maak dit ook makliker vir ouers.

Ek kan ook getuig van die wonderlike skoolomgewing, waar jou kind hom- of haarself ten volle kan ontwikkel. Ek is ’n groot voorstander van kleiner klassies, waar elke kind meer aandag kan kry en natuurlik die unieke kaalvoet-ervaring wat Slot so spesiaal maak!

Wanneer ek nie in die praktyk is nie, geniet ek dit om tyd saam met my gesin deur te bring, nuwe avonture aan te pak en kreatief te wees in die kombuis met kook en bak.

Ek is geduldig, empaties en sien daarna uit om saam met kinders, ouers en onderwysers te werk om elke kind se unieke potensiaal te ontdek en te ondersteun. πŸ’™

Kontak my gerus as jy voel dat jou kind die behoefte aan ondersteuning het. Ek help graag!
πŸ“ž 072 095 5771

Advertensiebreek 🚨 Met trots geborg deur ons betaalde borge. Dankie vir die ondersteuning!πŸ’›πŸ’™πŸ”’πŸ’₯Assess your brain skills w...
02/10/2026

Advertensiebreek 🚨
Met trots geborg deur ons betaalde borge. Dankie vir die ondersteuning!

πŸ’›πŸ’™πŸ”’

πŸ’₯Assess your brain skills with FOCUS. See why you struggle with attention, brain processing, impulsivity and/or being easily distracted. 30 minute with a follow up feedback session. Book now for 5th or 17th of October.

πŸ’₯10 Oktober is dit LeerSlim studiemetode werkswinkel se beurt. Die laaste vir 2026 so moenie vergeet om te te bespreek nie. Graad 4 tot 7 welkom. Hoe vroeΓ«r jy weet hoe om te leer, hoe makliker gaan dit wees sodra die werk meer en moeiliker raak‼️
Kontak 0833049788

πŸ’›πŸ’™πŸ”’ Welkom, Oktober! πŸ’›πŸ’™πŸ”’ Die laaste kwartaal lΓͺ voor β€” ’n tyd om aan te hou groei, aan te hou probeer en met nuwe energi...
01/10/2026

πŸ’›πŸ’™πŸ”’ Welkom, Oktober! πŸ’›πŸ’™πŸ”’

Die laaste kwartaal lΓͺ voor β€” ’n tyd om aan te hou groei, aan te hou probeer en met nuwe energie die jaar klaar te maak.

Mag ons hierdie maand onthou dat elke klein tree, elke poging en elke goeie daad saak maak.

Kom ons maak Oktober ’n maand van groei, geloof en mooi oomblikke.
πŸ’›πŸ’™πŸ”’

SPORT | Wicket krieket! 🏏Ons jong krieketspelers geniet elke oomblik van wicketkrieket! Met hope entoesiasme, vaardighei...
29/09/2026

SPORT | Wicket krieket! 🏏

Ons jong krieketspelers geniet elke oomblik van wicketkrieket! Met hope entoesiasme, vaardigheid en natuurlik ’n bietjie kompetisie word daar lekker gespeel en geleer.

Klein krieketspelers, groot pret! πŸŒΌπŸ’™πŸ”’

KULTUUR | Graad 4’s maak musiek! 🎢🎨Ons Graad 4-leerders het kreatief geraak en hul eie musiekinstrumente gemaak! Van kle...
29/09/2026

KULTUUR | Graad 4’s maak musiek! 🎢🎨

Ons Graad 4-leerders het kreatief geraak en hul eie musiekinstrumente gemaak! Van kleurvolle idees tot unieke klanke – elkeen het hul verbeelding gebruik om iets besonders te skep.

Wie sΓͺ leer kan nie lekker wees nie? πŸŒΌπŸ’™πŸ”’

Nog oulike boekkarakters wat boekweek vier!πŸŒΌπŸ’™πŸ”’
28/09/2026

Nog oulike boekkarakters wat boekweek vier!
πŸŒΌπŸ’™πŸ”’

Address

Paarl
7630

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Slot van die Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category