La Rochelle hms/ghs, Paarl. Amptelike Fb-blad.

La Rochelle hms/ghs, Paarl. Amptelike Fb-blad.

Share

Oldest double medium girls’ school in South Africa. La Rochelle's Official page. Mev. Elsabé Conradie
Skoolhoof / Principal

"Dit is ons doel by La Rochelle om goedgebalanseerde, volwasse jong dames die wêreld in te stuur. Daarom beskik ’n Larrie oor ’n gesonde stel waardes, is bereid om ’n positiewe bydrae tot haar gemeenskap te maak en is ook in staat om die eise van die moderne leefwyse met selfvertroue aan te pak. Selecting a secondary school is one of the most difficult and important decisions facing parents today.

18/08/2026

TOP 4 IN SUID-AFRIKA!
Baie geluk aan Dané Meintjes wat ’n uitstekende 4de plek behaal het by die SA o.19-muurbalkampioenskappe vir meisies!
Dit is ’n besondere mylpaal, waar die top 8 o.19-spelers in Suid-Afrika teen mekaar meeding om die gesogte nasionale titel. Dané het haar uitstekend van haar taak gekwyt en in ’n kort tyd ongelooflike vordering getoon.
Dané, ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

18/08/2026

Is u passievol oor Afrikaans en onderwys?
Inspireer die volgende geslag dames aan die Hoër Meisieskool La Rochelle.

17/08/2026

Slaan saam met ons af!
HMS La Rochelle nooi spelers en ondernemings uit om deel te wees van ons Jaarlikse Gholfdag – ’n dag van goeie gholf en lekker kuier.
Jou vierbal-inskrywing sluit speelregte, middagete by die halfweghuis en aandete tydens die prysuitdeling in.
Deur saam met ons af te slaan, ondersteun jy HMS La Rochelle se jaarlikse fondsinsameling en help jy ons om steeds uitnemende geleenthede vir ons leerders te skep.
Bespreek jou vierbal en kom speel saam!
Vir navrae en inskrywings:
Karin Leibbrandt: 021 872 4367 I [email protected]
Theresa de Villiers: 082 535 3135 | [email protected]

17/08/2026

CENTURY CLUB!
Baie geluk aan Hayley Calitz wat haar 100ste wedstryd vir La Rochelle se 1ste Netbalspan gespeel het! ’n Besonderse mylpaal wat getuig van harde werk, lojaliteit en liefde vir die spel.
100 wedstryde. Ontelbare herinneringe. Een trotse Larrie.
Baie geluk, Hayley!

17/08/2026

La Rochelle Dance Groups – Making Us Proud!
Congratulations to our talented dancers on their wonderful achievements at the Tygerberg International Eisteddfod!
Senior Dance Group – AMA Frontline
An outstanding 91% – Highest Honours, as well as an invitation to perform at the Tygerberg International Eisteddfod Gala Evening!
Junior Dance Group – Golden Girls
A fantastic 85% – Honours!
We are incredibly proud of both groups for their talent, commitment and hard work. Keep shining, Larries!

17/08/2026

Green Committee Explores Cape Town!
Our Green Committee enjoyed an educational visit to the Iziko South African Museum and Planetarium, where they explored natural history, fascinating fossils, marine skeletons and the wonders of our solar system and distant galaxies.
The excursion also included a visit to the South African National Gallery and a walk through the beautiful Company’s Garden.
A memorable day of science, nature, art and discovery!

17/08/2026

Op 15 Augustus het Lienka de Villiers die Kaapse Wynland-span verteenwoordig by die Wes-Kaap Kings and Queens-skaaktoernooi.
Dit was 'n baie strawwe kompetisie, maar Lienka het uitstekend gevaar en 4½ uit haar 6 rondtes gewen. Die Kaapse Wynland-span het ook 'n eerste plek behaal.

Mikah Roux and Inge Burger represented the Cape Winelands Development team on 15 August. They both played exceptionally well and gained valuable experience during the tournament. Inge finished in 7th place and Mikah in 9th place, with both players winning 3 of their 6 rounds.
Baie geluk aan hierdie drie talentvolle dames met hul uitstekende prestasies! Ons is baie trots op julle.

17/08/2026

MARILIE MOOLMAN-TENNISTOERNOOI
La Rochelle het van 12–15 Augustus aan die Marilie Moolman-tennistoernooi in Cradock deelgeneem en algeheel 7de geëindig!
’n Besonderse hoogtepunt was die GEES-beker wat aan La Rochelle toegeken is vir die span met die beste gees – ’n besondere erkenning van ons dogters se karakter, sportmanskap, positiewe houding en respek, op én van die baan af.
Ons is ook ongelooflik trots op Zikho Hanase, wat vir die gesogte Marilie Moolman-toekenning genomineer is. Hierdie toekenning gaan oor veel meer as net tennisvermoë – dit vereer ’n speler wat die waardes waarvoor Marilie gestaan het, uitleef: uitstekende sportmanskap, nederigheid, respek, deursettingsvermoë en ’n positiewe ingesteldheid. Om genomineer te word, is dus op sigself ’n besondere eer en ’n pragtige kompliment vir die manier waarop Zikho La Rochelle verteenwoordig het.
Baie geluk, Larries! Julle het gewys dat ware sukses nie net in uitslae lê nie, maar ook in hoe julle die spel speel en wie julle op die baan is.

14/08/2026

Gasvryheidstudies Gr 12 het op 6 en 13 Augustus hul restaurant PAT suksesvol voltooi.

14/08/2026

Want your school to be the top-listed School/college in Paarl?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Faure Street
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:15
Tuesday 07:30 - 14:15
Wednesday 07:30 - 14:15
Thursday 07:30 - 14:15
Friday 07:30 - 14:15