Charleston Hill Sekondêre Skool

Charleston Hill Sekondêre Skool Charleston Hill Secondary

27/09/2026
Baie geluk, Juffrou M AdamsBaie geluk met 30 jaar diens in die onderwys! Dankie vir 30 jaar se toewyding, passie en dien...
26/09/2026

Baie geluk, Juffrou M Adams

Baie geluk met 30 jaar diens in die onderwys!
Dankie vir 30 jaar se toewyding, passie en diens aan ons leerders.

Ons vier en waardeer u!

NOMMERPLEGTIGHEID 2026 🎓“Challenge Accepted!” ’n Spesiale dag waarop ons ons Graad 12-leerders van 2026 gevier het – ’n ...
24/09/2026

NOMMERPLEGTIGHEID 2026 🎓

“Challenge Accepted!”

’n Spesiale dag waarop ons ons Graad 12-leerders van 2026 gevier het – ’n dag vol trots, emosie, herinneringe en groot drome.

Van die eerste tree van hul hoërskoolreis tot hierdie besondere oomblik… het elke leerder ’n unieke verhaal om te vertel. Vandag is ’n herinnering aan hoe ver hulle gekom het en ’n viering van die pad wat nog voorlê.

Aan die Graad 12-klas van 2026:
Mag julle altyd glo in julleself, groot droom en met moed elke uitdaging aanpak. Die eindstreep is in sig – Challenge Accepted!

Baie geluk aan elke leerder, ouer, opvoeder en personeellid wat ’n aandeel het in hierdie besondere reis. Baie geluk ook aan elkeen wie n toekenning ontvang het.Harde werk ,lewer sukses!
n Groot Dankie aan ons borge.

n Afskeid aan ’n besonderse juffou ❤️Juffrou L . Newman 💫❤️Na 14 jaar by Charleston Hill is dit tyd om totsiens te sê aa...
23/09/2026

n Afskeid aan ’n besonderse juffou ❤️

Juffrou L . Newman 💫❤️

Na 14 jaar by Charleston Hill is dit tyd om totsiens te sê aan ’n juffrou wat soveel meer was as net ’n onderwyseres. Juffrou was deel van die hart van ons skool — iemand wat altyd bereid was om nóg ’n bietjie meer te gee, nóg ’n taak op jou skouers te neem en nóg ’n leerder te ondersteun.

As **sameroeper van die Redaksie**, Rotary-klub**, en voorheen ook as **sameroeper van die 0/19 A-span**, het jy op soveel verskillende maniere jou stempel op Charleston Hill afgedruk. Maar dit is nie net die rolle wat ons sal onthou nie — dit is **die mens agter die rolle**. Juffrou se harde werk, omgee, lojaliteit en die passie waarmee Juffrou se werk aangepak het. 🌷

13 jaar is ’n lang tyd om deel van ’n skool se familie te wees. Daarom is hierdie nie net ’n totsiens nie, maar ’n groot DANKIE -Dankie vir elke ekstra uur, elke opoffering, elke glimlag, elke uitdaging wat Juffrou aangepak het en elke keer wat Juffrou gekies het om net daardie ekstra myl te stap.

Juffrou voetspore is diep in Charleston Hill se gange, klaskamers en harte gelê. Juffrou het ’n verskil gemaak — dalk meer kere as wat juffrou ooit self besef het. ❤️

Ons gaan se Juffrou teenwoordigheid, jou energie en jou bydrae ongelooflik baie mis. Maar ons is ook dankbaar dat ons vir 14 jaar die voorreg gehad het om jou deel van ons skoolfamilie te hê.

Mag die volgende hoofstuk van jou lewe vir jou net soveel vreugde, liefde en vervulling bring as wat Juffrou oor die jare aan ander gegee het. 🌸
Sterkte met Juffrou se nuwe reis. Ons wens Juffrou niks anders as die allerbeste toe nie.

Met groot waardering en baie liefde —
Dankie vir alles. Juffrou sal altyd deel van die Charleston Hill-familie wees. ❤️✨

Baie dankie aan elke kollega vir jul ongelooflike bydrae tot die sukses van ons uitreiking na die AHOS-fasiliteit. Elkee...
22/09/2026

Baie dankie aan elke kollega vir jul ongelooflike bydrae tot die sukses van ons uitreiking na die AHOS-fasiliteit.

Elkeen se betrokkenheid, ondersteuning en bereidwilligheid om ’n verskil te maak, word opreg waardeer. Saam maak ons ’n verskil! 🌻

Mag ons altyd onthou: ’n Klein gebaar van omgee kan ’n groot impak op iemand se lewe hê. 🙏.Dankie Juffrou Dennis vir die dryf van hierdie projek

AMPTELIKE INHULDIGING VAN ONS ROTARY INTERACT-KLUB ’n Besonderse dag van trots, diens en nuwe moontlikhede! Ons is ongel...
22/09/2026

AMPTELIKE INHULDIGING VAN ONS ROTARY INTERACT-KLUB

’n Besonderse dag van trots, diens en nuwe moontlikhede!

Ons is ongelooflik trots om die amptelike inhuldiging van ons Rotary Interact-klub te vier. Hierdie is die begin van ’n nuwe hoofstuk waarin ons leerders die geleentheid kry om ’n verskil in ons skool en gemeenskap te maak deur diens, leierskap en omgee.

’n Groot dankie aan Paarl Rotary Klub vir hul leiding en ondersteuning, en aan elke persoon wat agter die skerms help om hierdie klub te laat groei.

’n Spesiale woord van waardering aan Juffrou Newman, die hartklop van ons Interact-klub, vir haar passie, toewyding en liefde vir ons leerders.

Aan ons Interact-lede: Mag julle altyd onthou dat ware leierskap daarin lê om ander te dien. Mag julle hande wees wat help, harte wat omgee en stemme wat hoop bring. 🌱

Saam kan ons ’n verskil maak – een daad van diens op ’n slag. Paarl Rotary Club

Liewe Ouers en leerders neem kennis, rapporte graad 8-11 sal volgende kwartaal uitgedeel word. Dit is baie baie belangri...
22/09/2026

Liewe Ouers en leerders neem kennis, rapporte graad 8-11 sal volgende kwartaal uitgedeel word. Dit is baie baie belangrik dat u hierdie vergaderings sal bywoon.

❤️ OMGEe IN AKSIE – ROTARY INTERACT KLUB ❤️Vandag het ons Rotary Interact Klub weer gewys dat ware diensbaarheid begin b...
17/09/2026

❤️ OMGEe IN AKSIE
– ROTARY INTERACT KLUB ❤️

Vandag het ons Rotary Interact Klub weer gewys dat ware diensbaarheid begin by omgee.

Ons leerders het hande uit die moue gesteek en gehelp om ons skoolterrein skoon te maak. 🧹✨ Maar die dag het oor veel meer as net ’n skoon skool gegaan.

Daar is ook ’n stille uitreiking geloods waar ons behoeftes binne die skool self geïdentifiseer het. 🤍Vanuit hierdie inisiatief is 11 kospakkies aan leerders/families wat dit benodig, uitgedeel.

Dit is wat diensbaarheid beteken – om raak te sien, om te luister en om te help sonder om erkenning te verwag.

Address

Van Der Stel Road
Paarl
7646

Telephone

+27218620212

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Charleston Hill Sekondêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Charleston Hill Sekondêre Skool:

Shortcuts

Share

Category