21/08/2026
Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van ‘n Boishaai-legende, Meneer Johann Strauss. Meneer Strauss het in 1982 as Afrikaansonderwyser by die HJS begin en tree in 2020 af as departementshoof. Hy was ‘n geliefde onderwyser wat deur middel van sy atletiek- en rugbyafrigting asook sy koshuisvaderskap vir baie seuns ‘n inspirasie en rolmodel was. ‘n Baie groot Boishaai-boom het vanoggend geval.
Tandem Fit Arbor Surculus.
20/08/2026
Die HJS bied 'n wonderlike geleentheid vir die Hoofafrigter van Rugby.
Paarl Boys' High offers a great opportunity for the Head Coach of Rugby.
20/08/2026
Dit was Dinsdagaand die openingsaand van HMS se musiekspel, The Sound of Music. Die Boishaaiers wat in die produksie is, waaronder Craig Waddington, Liam Smit en Dawid Oelofse, word geprys vir hul besondere bydrae tot die opvoering.
20/08/2026
Baie geluk aan die 2027 Monte Bello-prefekte!
v.l.n.r.
Agter: Ethan Hugo, Bradley Boynton, James Ge**er, Derrick Groenewald
Voor: Hans Fourie, Derick Botha, Samuel Anastasiades, Matthew Gee
17/08/2026
Raise your paddle. Take home something special.
Our Paarl Boys' High Wine Auction is bringing together a curated selection of exceptional wines, all in support of a great cause.
Good wine. Good company. Good cause.
Don’t miss your chance to bid, win and enjoy.
17/08/2026
Nasionale Presidentsverkenner-toekenning
HJS is ongelooflik trots op Wian van de Vyver, Graad 12-leerder, wat die Nasionale Presidentsverkenner-toekenning van Die Voortrekkers ontvang het!
Hierdie is die hoogste toekenning wat ’n Graad 12-leerder in Die Voortrekkers kan behaal – ’n besonderse prestasie wat getuig van Wian se harde werk, toewyding, diensbaarheid en leierskap.
Om hierdie toekenning te verwerf, moes Wian onder andere aan streng vereistes voldoen, waaronder diensjare, gebiedskampe, spesialisasies en take, asook die suksesvolle aflê van die Nasionale Presidentsverkenner-eksamen en ’n finale leierskapafronding.
17/08/2026
PBHS Aquatics Centre sponsorship opportunity
Looking for a partner to make a splash.
Paarl Boys’ High is seeking a strategic sponsor for our Aquatics Centre.
An opportunity to align your brand with school sport, excellence and a community that values performance.
Interested in making waves with us? Get in touch.
[email protected]
15/08/2026
Vanaand het die HJS 100 jaar van musiek gevier! Wat 'n wonderlike geleentheid en groot voorreg.
Baie dankie Paarl Boys' Primary School La Rochelle Girls' High School || est. 1860 Paarl Girls' High School wat die aand nog meer spesiaal gemaak het.
Op nog 100 jaar van musiek aan die voet van Paarlberg!
📷 EJ Langner
15/08/2026
Tennis: Die HJS-uitnodigingspan 1 is die wenners van die Marili Moolman Tennistoernooi in Cradock. Baie geluk manne!
14/08/2026
If you want to sponsor prizes or one of the 2 remaining wet holes for our fully booked golf day, please contact PJ Vermeulen or Hayley Pieters:
[email protected]
[email protected]