30/09/2019
Lees meer oor die Modkats Voorskoolse Programme
https://www.facebook.com/pg/Modkats/photos/?tab=album&album_id=2142648929102655
MODKATS vir Peuters en Kleuters is ’n deeglike beproefde geloofsvormingsprogram vir die voorskoolse kind wat fokus op die grondslagfase van elkeen se “faith journey”.
Dit is geskryf en saamgestel deur ’n span skrywers en kundiges wat die kind in dié lewensfase ken en wat self kinders in die ouderdomgroep het. Die programme is volledig uiteengesit en fokus op die geloofsomgewing van kinders in die groep.
Die peuter leer dat sy en die hele wêreld in God se hande is. Hy het alles gemaak en Hy sorg vir alles. God sorg vir haar.
Die kleuter, in die “superman and superwoman”-tyd van sy lewe, ontdek God in die lewe van die Bybelse helde wat hy deeglik leer ken. Die outjies word op ’n beplande manier blootgestel aan die Bybelse waarhede in hierdie fondamentbou-fase.
In die pakket word volledige inligting verskaf hoe om die baie belangrike bediening goed van die grond-af te kry. Al gedink aan Peuter- en Kleuterbediening as een van die opwindende fasette van julle bediening.
Maak nie saak hoe groot of klein julle gemeente is nie – ons kan julle help om ’n opwindende bediening van die grond-af te kry.