Amstelhof Primêr

Amstelhof Primêr Werk, Glo en Oorwin

Uitnodiging!Ons nooi graag die Matriekklas van 2026 wat eens deel was van die Amstelhof Primêr-familie uit om saam met o...
08/10/2026

Uitnodiging!

Ons nooi graag die Matriekklas van 2026 wat eens deel was van die Amstelhof Primêr-familie uit om saam met ons ’n spesiale middag te geniet.

Kom deel in die herinneringe, lag en mooi oomblikke van waar julle reis begin het.

05/10/2026
22/09/2026
Amstelhof Primêr personeel is teen geslagsgeweld en het ons ondersteuning gewys deur swart te dra.Ons het ook ñ opvoeder...
18/09/2026

Amstelhof Primêr personeel is teen geslagsgeweld en het ons ondersteuning gewys deur swart te dra.

Ons het ook ñ opvoederswelstand sessie gehad en het dit afgesluit by

BoekweekReading will take you everywhere!
18/09/2026

Boekweek

Reading will take you everywhere!

16/09/2026

BELANGRIKE BOODSKAP AAN DIE AMSTELHOF-GEMEENSKAP

Namens Amstelhof Primêr wil ons graag verskoning vra aan Nederburg Primêr vir sommige van ons ouers en leerders se gedrag by Saterdag se Derby-wedstryd.
Ons is opreg jammer. Ons waardeer Nederburg Primêr se gasvryheid en dat ons steeds voort sal bou op ñ positiewe verhouding.

Geagte Amstelhof-ouers, leerders en gemeenskapslede
As personeel van Amstelhof Primêr is ons uiters teleurgesteld oor die gedrag wat Saterdag na die derby wedstryd plaasgevind het.
Ons verstaan dat sport emosies laat hoog loop en dat ’n mens soms sterk kan voel oor ’n skeidsregter se besluite. Ons aanvaar egter geen vorm van dreigemente, beledigings, lelike taal of aggressie teenoor ’n skeidsregter of enige ander persoon nie. Dit is totaal onaanvaarbaar.
Ons moet onthou dat ons kinders na ons kyk en leer uit die voorbeeld wat ons as volwassenes stel. Om te wen is lekker, maar hoe ons optree wanneer ons verloor, wys wie ons as mense en as ’n skoolgemeenskap is.
Ons mag verskil oor besluite op die sportveld, maar ons moet dit altyd met respek en volwassenheid hanteer. Geen wedstryd is die moeite werd om iemand se veiligheid in gevaar te stel of om ons kinders aan sulke gedrag bloot te stel nie.
Amstelhof Primêr staan vir respek, sportmanskap, dissipline en waardigheid. Ons vra daarom dat elke lid van ons gemeenskap verantwoordelikheid neem vir sy of haar gedrag en help om ’n positiewe voorbeeld vir ons leerders te stel.
Ons verloor soms ’n wedstryd, maar ons moet nooit ons waardes verloor nie.
Kom ons wys ons kinders dat ware sportmanskap beteken om met waardigheid te wen én met respek te verloor.
Die personeel van
Amstelhof Primêr

🏆 ’n GROOT DANKIE AAN NEDERBURG PRIMÊR! 🏆Baie dankie vir julle gasvryheid en vir die aanbieding van ’n suksesvolle Derby...
12/09/2026

🏆 ’n GROOT DANKIE AAN NEDERBURG PRIMÊR! 🏆

Baie dankie vir julle gasvryheid en vir die aanbieding van ’n suksesvolle Derby 2026.

Ons spanne was slaggereed en het die voorhand gehad vir die meerderheid van die wedstryde. Baie geluk en baie dankie vir die goeie spanwerk. Ons is super trots op julle!
Uiteindelik was die finale resultaat van die O.13 nie heeltemal wat ons by Amstelhof Primêr gehoop het nie, maar ons is trots op al die spelers. Julle het net julle beste gegee.

Die finale telling was:
🏆 Amstelhof 7 - 22 Nederburg🏆

Dag 2Netbal derby 2026Baie geluk aan elke speler wat net hulle beste gelewer het. Ons is trots op julle almal! Baie dank...
11/09/2026

Dag 2
Netbal derby 2026

Baie geluk aan elke speler wat net hulle beste gelewer het. Ons is trots op julle almal!
Baie dankie vir elke speler se deursettingsvermoë en spanwerk!

Nederburg Primêr was aanvanklik voor met die wedstryde, maar ons O.13-span was aan die brand! 🔥💙💛 en het die wedstryd gewen met ñ fantastiese telling van:

🏆 AMSTELHOF 22 – 13 NEDERBURG 🏆

Dag 1Baie dankie aan Nederburg Primêr vir ñ lekker afskop van Derby 2026!Skaak: 12-6 Amstelhof se gunsVlugbal meisies: 2...
10/09/2026

Dag 1
Baie dankie aan Nederburg Primêr vir ñ lekker afskop van Derby 2026!

Skaak: 12-6 Amstelhof se guns
Vlugbal meisies: 2-0 Amstelhof se guns
Vlugbal seuns: 2-0 Amstelhof se guns
Tafeltennis: 2-1 Nederburg se guns
Geluk aan ons landlope wat ñ lekker paar plekke ingekom het. Hulle het baie goed gedoen!

🌟 OPREGTE DANKBAARHEID 🌟Ons as Amstelhof-personeel wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan hierdie twee f...
09/09/2026

🌟 OPREGTE DANKBAARHEID 🌟
Ons as Amstelhof-personeel wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan hierdie twee fenomenale ouers Gaynohl Alexander & Lody Booysen wat werklik uit hul pad gegaan het om ons O/13-seuns te ondersteun.
Baie dankie vir die ruim skenking van opwarmingstruie en waterbottels. 🏃‍♂️⚽💧 Julle gebaar word opreg waardeer en beteken baie vir ons spelers en afrigtingspan.
Onthou altyd: Dit gaan nie oor hoeveel jy gee of wat jy doen nie, maar oor die gedagte, liefde en bereidwilligheid om terug te ploeg. Julle het gewys dat ware ondersteuning nie ongesiens verbygaan nie.
Mag God julle ryklik seën vir julle goedhartigheid en vrygewigheid. Moet asseblief nooit ophou om die goeie te doen nie — julle dade maak 'n verskil en word opreg waardeer. ❤️
Met selfvertroue en vol moed! 💪🏆
Mnr. G. Francis
O/13 Spanbestuurder

Address

Kwikkie Street
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27614175023

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amstelhof Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Amstelhof Primêr:

Shortcuts

Share

Category