Laerskool Laurus

Laerskool Laurus Laerskool Laurus is 'n skool wat omgee. Deur die simbole in die skoolwapen verbind die skool hom om so ‘n omgewing te bied.

Simboliek van Laurus

‘n Skool moet ‘n unieke omgewing vir uitnemende opvoeding aan leerders skenk. ‘n Omgewing waarbinne leerders kan groei en voorberei word vir ‘n toekoms waarin hulle hulself nie slegs kan handhaaf nie, maar ook ‘n daadwerklike bydrae kan maak. Uiteensetting van Laurus se skoolwapen

Die oop boek is ‘n simbool van kennis en waarheid, die grondslag van opvoeding
Die olyfboom ver

teenwoordig die jong kind wat sy wortels vind en deur die opvoeders gelei word om te groei, voorspoed te beleef en die draer van lig te wees. Deur die geleentheid gegun te word om met leiding te groei, groei die kind se bewussyn van selfbeheersing, getrouheid, eerlikheid, hardwerkendheid, verantwoordelikheid, selfrespek en respek vir ander. Die drie olywe aan die boom vergestalt die drie pilare waarop die skool berus; die opvoeders, die ouerhuis en die kerk
Die olyfboompie is in die palm van die hand van die Skepper. Die hand is oop want deur Hom word onvoorwaardelik voorsien. Die loerierkrans wat die wapen omgrens simboliseer die sukses en die oorwinning wat elke leerder binne sy eie vermoë behaal en hom of haar in staat stel om te floreer in eie uniekheid.

🚲FIETSRY   2026🚲Rikus Kapp Graad 6 het gisteroggend die 10 km Build It Cycle Tour gery en tweede in die o.13-kategorie g...
07/09/2026

🚲FIETSRY 2026🚲

Rikus Kapp Graad 6 het gisteroggend die 10 km Build It Cycle Tour gery en tweede in die o.13-kategorie geëindig! 🥈🚴‍♂️

Wat ’n ongelooflike prestasie!
Baie geluk, Rikus Ons is trots op jou!

🚲FIETSRY   2026🚲JJ Kriel, Graad 7, het gisteroggend die 42 km Build It Cycle Tour gery en tweede in die o.15-kategorie g...
07/09/2026

🚲FIETSRY 2026🚲

JJ Kriel, Graad 7, het gisteroggend die 42 km Build It Cycle Tour gery en tweede in die o.15-kategorie geëindig! 🥈🚴‍♂️

Wat ’n ongelooflike prestasie!
Baie geluk, JJ. Ons is trots op jou!

♡ MAANDAG MOTIVERING ♡
07/09/2026

♡ MAANDAG MOTIVERING ♡

02/09/2026
GRAAD  5.2  KUNS Maak my eie 3D insek of reptiel🐞🐢🦎🐌
02/09/2026

GRAAD 5.2 KUNS

Maak my eie 3D insek of reptiel

🐞🐢🦎🐌

🎊PERSONEEL September VERJAARSDAE:06 - Juffrou Monique07 - Juffrou Susan18 - Juffrou MariëtteBaie geluk!🎉
02/09/2026

🎊PERSONEEL September VERJAARSDAE:
06 - Juffrou Monique
07 - Juffrou Susan
18 - Juffrou Mariëtte
Baie geluk!🎉

🌷Wat is 'n Sekretaresse? 'n Sekretaresse is iemand wat baie lojaal is, iemand wat altyd daar is, iemand wat omgee, ieman...
02/09/2026

🌷Wat is 'n Sekretaresse? 'n Sekretaresse is iemand wat baie lojaal is, iemand wat altyd daar is, iemand wat omgee, iemand wat baie liefde en drukkies uitdeel, iemand wat baie lief is vir kinders, iemand wat onderwysers help ( en DIT is 'n harde werk ), iemand wat 'n "lewensredder " is, iemand wat God gestuur het om die wêreld vir almal 'n BETER plek te maak. Dankie tannie Thea en tannie Hanri dat julle ons wêreld en skool 'n beter plek maak! Gelukkige Sekretaressedag! Ons waardeer julle! Geniet julle dag. Laurusgroete: Skoolhoof, Personeel, Leerders en Ouers.🌷

👩🏼‍🏫Teacher Tuesday👩🏼‍🏫Two Truths and a Lie 😂😂😂😂😂😂😂😂Kom ons hê 'n bietjie pret! Kan julle die leuen identifiseer uit die...
01/09/2026

👩🏼‍🏫Teacher Tuesday👩🏼‍🏫

Two Truths and a Lie

😂😂😂😂😂😂😂😂

Kom ons hê 'n bietjie pret! Kan julle die leuen identifiseer uit die 3 feite? Los jou antwoord in die comments.

Die antwoord sal later vandag in die comments gelos word.

🌸Die Lente is hier🌸
01/09/2026

🌸Die Lente is hier🌸

Laerskool Laurus Voorskoolsentrum
31/08/2026

Laerskool Laurus Voorskoolsentrum

Address

Hoopstraat 7
Oudtshoorn
6625

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27442723946

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Laurus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Laurus:

Shortcuts

Share