Ek is mamma Meerkat en my naam is Katie, soos kat plus ie.
My kleingoed speel iewers in een van die sewentig gange van ons ondergrondse huis. Daar is ook net soveel in- en uitgange; so die klein meerkatjies se beste speletjie is natuurlik dieselfde as julle mense kinders s’n - wegkruipertjie!
Ek het baie mooi vir my seuntjie Takker, en twee meisies Meerlie en Meratjie gevra om sonsaktyd hier by my te wees.
Dis alreeds bietjie later. Ek wonder waar hulle kan wees?
My kop draai heen en weer en my oë kyk stip, maar ek sien hulle nie.
Gisteraand het ons gepraat oor gehoorsaamheid. Oor oortjies oophou en luister.
“Dis reg so mamma het Meratjie gesê en Meerlie en Takker het dit beaam. Maar, waar is hulle nou?
Mamma Katie is bekommerd. Dit is al skemer buite en nog is Takker
Meerlie en Meratjie nie terug nie.
Sal sy dit aan die leiermannetjie en wyfie-meerkatte van die groep rapporteer? Haar hart klop bo in haar keel. Doef - doef - doef- e- doef! Skielik hoor sy iets skarrel verder in die tonnel af, waar sy sit.
“Ek het hulle gekry mamma Katie.” Sy erken die leier meerkat se stem. “Dankie Krem, baie dankie.”
Die meerkat kinders hardloop met hulle koppies laag en hulle sterte tussen hulle bene na hulle slaapplekke.
“0 nee!” roep mamma meerkat hulle terug. “Nie so haastig nie. Draai om hier na mamma toe,” Sê sy. “Ons is jammer mamma,” sê Takker. “Ek ook mamma,” sê Meerlie. Meratjie is so skaam-bang dat sy skaars ‘n word uitkry. Môre mag julle nie buite speel nie en dan wil ek die hele storie hoor hoekom julle vandag so laat hier by my uitgekom het,” sê Mamma meerkat terwyl sy hulle kossies gaan haal.
Ja-nee die meerkat-maats het lekker in die ondergrondse tonnels baljaar en in en uit by die gange gehardloop. Hulle het al hoe verder van mamma Katie wegbeweeg en kon glad nie die pad terugkry nie. Oom Krem die leiermeerkat het tot hulle redding gekom en hulle veilig by hulle mamma besorg.
Vroeg die volgende oggend, net na sonop kruip Takker, Meerlie en Meratjie by die uitgang uit. Die oggendson is nog nie warm nie, en die meerkatte sit styf teenmekaar. Oom Krem staan regop en sy kop beweeg van links na regs. Hy is altyd waaksaam om te sien of daar nie n vyand naby is nie. Miskien ‘n jakkals of breëvlerk-arend. In die tonnels waar die meerkatte bly, is daar 30 inwoners.
“Kyk Takker” sê Meerlie, “hier kom al ons maats.” Die klein meerkatjies speel en rol in die stof en dit lyk amper of hulle stoei. Hulle kommunikeer met roepgeluidjies en draf met hulle stertjies in die lug! Die speletjie duur nie te lank nie.
Die mammas roep, ook mamma Katie: “Kom kinders dis nou eers “grooming – time!”
Wat kan dit tog wees?
Grooming time is wanneer die meerkat mammas die klein meerkatjies help om hulle pelse blink te kry en ja superskoon. Meerkatte is grys van kleur met donkerder kolle van rooibruin. Die mammas se kleur is baie meer helder.
“Kyk Takker” sê Meratjie, “die strepe agter op mamma se rug lyk donkerder, amper so donker soos haar stert.”
Takker kyk na agter om sy stert te sien, “Ek sien dit Meratjie, maar ek sien ook dat ons stertjies nog baie ligter van kleur as mamma s’n is. Ons lyf se kleur is heeltemal grys.”
Oom Krem die leier meerkat mannetjie spring op n hoë klip. “Bly by julle mammas,” sê die oom, “Ek sien voertuie aangery kom.” By oom Krem is vandag nog n meerkat, tante Hops-pops. Die sterkste wakkerste wyfie in die groep word gekies om die leier meerkat mannetjie by te staan. Tante Hops-pops se kop draai van links na regs en haar ogies kyk vêr. Aan die anderkant van die groot klip staan die meerkatte soos bliksoldaatjies langs mekaar. “Wie kan dit tog wees?” vra mamma Katie meerkat.
Groot, bruin stofwolke borrel in die lug op toe die voertuie draai en stilhou. Takker hardloop – staan hardloop staan om die groot klip en toe sien hy die drie mans staan. Nog n bakkie hou stil en Niklaas die boer se seun klim uit. “Hier is die beste plek om fotos te neem sê hy. Meerlie en Meratjie hardloop ook nader. “Hoor julle?” vra Meerlie. “Hulle gaan fotos van ons neem mamma,” sê sy. “Kyk tog asb of ek goed en netjies lyk.”
Die meerkatte is nie meer bang om gesien te word nie, hulle weet hierdie besoekers is hulle vriende. Oom Krem en tante Hops-pops staan steeds hoog bo-op die klip net om heeltemal seker te maak dat alles veilig is. Groot kamera toerusting wors word afgelaai en opgestel. “Ek wil sommer heel voor staan,” sê Meratjie “Ek wonder of ons fotos in n tydskrif gaan kom of dalk in n leesboek vir klein kindertjies?”
Oom Krem roep weer almal bymekaar en hou sy voorpoot op sodat hulle kan stil word. “Ja my mded meerkatte, daar word vandag n video gemaak en fotos geneem. Omdat ons meerkatte verkies om in droë woestynagtige dele van die land te bly, is daar baie mense oor die wereld wat niks van ons bestaan en ons doen en late weet nie. Wat vandag hier gebeur is sodat mense baie, baie vêr hiervandaan ook van ons kan lees en ons kan sien.”
Meerlie draai in die rondte en trap mooi spoortjies in die sand. “Dis my beste dag vandag, want van nou af is ek bekend,” sê sy. “Mamma moet asb onthou dat hulle my naam ook neerskryf!”
Mamma Katie glimlag en draai na die kleintjies. “Vandag moet julle onthou om julle baie goed te gedra,” sê hy. “Moenie sand opskop nie en wees teen alle tye vriendelik. Na aandete vanaand sal ek die met goeie gedrag, beloon met n lekkerny.” Die meerkatkleintjies is bly en besluit om gehoorsaam te wees. Vir die res van die middag wor die meerkat groep versigtig rondgejaag. Eers in volle sonskyn, dan in die skadu dan die kleintjies alleen en dan weer die hele groep saam.
“Ek is moeg mamma,” sê Takker en sy ogies wil-wil toeval. “En ek is honger mamma,” sê Meratjie en vryf oor haar magie. “Kyk julle,” sê Meerlie, “die fotograaf en Niklaas groet mekaar. Ons is klaar. Jippee nou kan ons gaan eet en rus en o ja, natuurlik die lekkerny verassing wat mamma belowe het.!”
Wat n besige dag vir die meerkat familie. Almal is veilig in hulle slaapplekkies. Buite kyk oom Krem en tante Hops-pops vir oulaas of alles veilig is. Ja, wonder julle ook wat die kinders se lekkerny verassing was?