Aurial College

Aurial College Hoërskool, graad 8 tot 12. Learners : Enter to learn. Leave to serve

Teachers : Enter to serve. Continue to learn.

Liewe Matriekleerders,Die groot oomblik het aangebreek! Julle het deur ’n jaar van hardewerk, uitdagings, groei en onver...
01/09/2026

Liewe Matriekleerders,

Die groot oomblik het aangebreek! Julle het deur ’n jaar van hardewerk, uitdagings, groei en onvergeetlike oomblikke gekom. Nou is dit tyd om alles wat julle geleer het op die toets te stel vir die duur van julle NSS-eksamen.

Onthou dat julle nie slegs vir ’n eksamen voorberei nie, maar vir julle toekoms, 'n nuwe hoofstuk wat binnekort vir julle sal aanbreek.

Mag julle met moed elke vraestel aanpak, julle beste gee en nooit vergeet hoe ver julle reeds gekom het nie. Ons glo in julle, ons is trots op julle en ons weet julle kan dit doen!

✨ Sterkte met julle NSS-eksamen, Matriek 2026!
Skryf met selfvertroue, droom groot en maak julleself én Aurial College trots! 💛🤍

Onthou: “Die beste lê nog voor.”

Ons glo in julle.

’n Spesiale Woord van Dank: Loopbaandag 2026 Vandag het ons Matriekleerders die voorreg gehad om deel te wees van ’n bes...
22/08/2026

’n Spesiale Woord van Dank: Loopbaandag 2026

Vandag het ons Matriekleerders die voorreg gehad om deel te wees van ’n besondere loopbaandag, nie die soort loopbaandag waar ons ons klere aantrek nie, maar een waar ons leerders kragtig bedien en geïnspireer is deur werknemers, sportmanne, entrepreneurs en opvoeders uit ons eie gemeenskap.

Ons leerders kon kies uit vyf loopbaan- en ontwikkelingsrigtings, naamlik:

🏅 Sport en Afrigting
💼 Internskappe en Werksgeleenthede
🛍️ Kleinhandel en Verkope
📚 Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) en Onderwys
💄 Entrepreneurskap: Grimering en Haarstilering

Ons wil graag ’n spesiale woord van opregte dank rig aan ons besondere gaste:

1. Mnr. E. Booysen – Sport en Afrigting
2. Mnr. D. Arends – Internskappe en Werksgeleenthede
3. Mnr. A. Muller – Kleinhandel en Verkope
4. Mnr. R. Claassen – Vroeë Kinderontwikkeling en Onderwys
5. Mej. S. Hendricks – Entrepreneurskap: Grimering en Haarstilering

Baie dankie dat u vandag u waardevolle tyd afgestaan het om in ons kinders te belê, hulle te motiveer en hulle aan nuwe moontlikhede bloot te stel. Ons leerders het dit ongelooflik baie geniet. Ons glo dat elkeen van u vandag ’n saadjie vir ’n blinker toekoms in die harte en gedagtes van ons leerders geplant het.

Dit is altyd ’n riem onder die hart om mense wat positiewe rolmodelle en belangrike figure binne ons gemeenskap is, na ons leerders te bring. Deur u stories, ervarings en voorbeeld kon ons kinders sien dat sukses nie slegs ’n droom is nie, maar iets waarna hulle met toewyding, hardewerk en geloof kan strewe.

Deur u bestaan en voorbeeld besef ons kinders dat hulle tot soveel meer in staat is.

Mag u weet dat u bydrae vandag waardevol was en dat dit ’n blywende indruk op ons leerders gemaak het.

Baie dankie vir u bereidwilligheid om ons kinders te dien.

Aurial College
Scientiae Est Lux

Vandag spog ons saam ons graad 12 leerders’n Groep van ons Graad 12 leerders het vroeër vandag die geleentheid gehad om ...
19/08/2026

Vandag spog ons saam ons graad 12 leerders

’n Groep van ons Graad 12 leerders het vroeër vandag die geleentheid gehad om hul mondelinge te doen in die teenwoordigheid van ons Afrikaans Huistaal vakadviseur én die Hoof van Afrikaans Huistaal.

Ons leerders het besonder goed gevaar, en as skool is ons ongelooflik trots om sulke knap en toegewyde leerders in ons midde te hê.

’n Spesiale woord van dank en waardering aan ons Graad 12 Afrikaans Huistaal opvoeder, mnr. Claassen. Ons sien u insette, hardewerk en toewyding raak en waardeer dit opreg.

Ouers, dankie vir die knap kinders wat julle in ons bekwame hande los.

Gister was ons skool bevoorreg om die  District Director, Mr Jewel Jonkers, by ons skool te hê. Mnr het ons matrikulante...
18/08/2026

Gister was ons skool bevoorreg om die District Director, Mr Jewel Jonkers, by ons skool te hê.

Mnr het ons matrikulante kom toespreek en as skool waardeer ons dit opreg. Dankie vir u leierskap en omgee. As skool is ons bevoorreg om deel te wees van die EDEN CENTRAL KAROO DISTRIK.



'n Paar van ons matriekleerders is hierdie naweek bevoorreg om 'n akademiese kamp by te woon wat spesiaal aangebied word...
31/07/2026

'n Paar van ons matriekleerders is hierdie naweek bevoorreg om 'n akademiese kamp by te woon wat spesiaal aangebied word om hul leerbehoeftes aan te vul. Terselfdertyd sal hulle deeglik voorberei word vir hul jaareindeksamen.

Twee van ons toegewyde opvoeders, juffrou McGregor en meneer Claassen, sal ons leerders na die kamp vergesel en met sorg en toewyding oor hulle toesig hou.

Ons prinsipaal spreek graag sy opregte dank en waardering uit teenoor die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, asook al die belangrike rolspelers wat agter die skerms gewerk het om hierdie besondere geleentheid vir ons matriekleerders moontlik te maak. Ons waardeer hul ondersteuning en belegging in die akademiese sukses en toekoms van ons leerders.

Ons wens al ons matriekleerders en opvoeders 'n leersame, verrykende en suksesvolle naweek toe. Mag hierdie geleentheid hulle toerus met die kennis, vaardighede en selfvertroue wat nodig is om die jaareindeksamen met sukses aan te pak.

27/07/2026

As skool wil ons baie dankie sê aan die Rotary Club wat vanoggend die skool kom besoek het tesame met “NOEMWOORD” vir die bewusmaking rakende boelie.

02/07/2026

Gister het ons graad 12 groep klaar gemaak met hulle Winterskool klasse by Bridgton Sekondêr skool.

Namens die skool wil ons baie dankie sê vir die WKOD , die distrik , elke aanbieder , onderwyser en vir Bridghton Sekondêr vir hulle gasvryheid.

Sterkte aan die klas van 2026 met die Winterskool by Bridgton Sekondêr
01/07/2026

Sterkte aan die klas van 2026 met die Winterskool by Bridgton Sekondêr




Sterkte aan die klas van 2026 met die Winterskool by Bridgton Sekondêr
30/06/2026

Sterkte aan die klas van 2026 met die Winterskool by Bridgton Sekondêr



Address

Springbok Road
Oudtshoorn
6625

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Aurial College posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Aurial College:

Share

Category