09/08/2021
Geagte kollegas/koshuispersoneel, toesighouers, ouers/voogde, koshuisgangers, familie, vriende en skoolgemeenskap
VROUEDAG BOODSKAP:
In Suid-Afrika het Nasionale Vrouedag 'n inspirerende keerpunt betekenis, op 9 Augustus 1956 het die optog deur vroue na die Unie gebou in Pretoria, die baan geweg vir vryheid in verskeie opsigte, gelykheid, geregtigheid asook die erkenning van die belangrike bydrae van vroue in die samelewing. Vandag op 9 Augustus 2021 onthou ons dit en gee ons ook erkenning aan hulle daarvoor.
Op hierdie spesiale dag is my kernfokus ook op die heendaagse vrou in die moderne samelewing wat steeds hul stem laat hoor vir die huidige kwessies o.a: vroue en kinderregte, mishandeling van vroue en kinders, seksuele uitbuiting en teistering, armoede, handel van vroue en kinders, onregverdige behandeling in die werkplek en samelewing, verkragting van vroue ens. 'n Vrou se waarde is onmeetbaar en hul omgee/liefde ken geen grense.' n Ware VROU is 'n engel,' n beskermer, 'n versorger, onderwyseres, dokter/verpleegster, sielkundige,,' n ma/moeder, ouman, suster, vriend/vriendin en in baie gevalle ook die pa figuur. Ek kan soveel meer uitbrei oor die uniekheid van 'n VROU, as samelewing kom ons behandel hulle met respek en liefde. Bo en behalwe al die bogenoemde kom ons gee erkenning aan hul vir hul onbaatsigte rol wat hulle speel in die fondamentlegging van ons gemeenskappe en in ons strewe na nasie bou. Vroue is besonderse leiers wat skeppend en innoverend is op verskeie vlakke.
Geseende Vroue dag aan elke vrou in ons skoolgemeenskap en Suid-Afrika, ek ken nie almal by die naam vandag, maar my gebed is dat die Here u elkeen wonderbaarlik moet seen en sal gebruik as die LIG in u families en gemeenskap om 'n verskil te maak. Die vroue van 2021 (van hierdie generasie skryf hul eie geskiedenis) deur die baanbrekers werk wat hulle doen, doelwit is 'n toekoms te verseker vir vandag se jeug. Elke kind in die strate van u gemeenskap is u kind, dit is die kultuur wat u skep en altyd nastreef. Ek bring spesiaal hulde op 9 Augustus 2021 aan u en het begrip en waardering vir wat u daagliks moet deurmaak. DANKIE.
'ONS IS LIEF VIR JULLE"
Geniet u dag.
Mooi en veilig bly
Mnr PJ Adams
Koshuisvader