15/06/2026
Die bestuur, personeel, leerders en ouers van Laerskool Noordvaal wil ons opregte en innige meegevoel betuig aan die Laerskool Kathu-familie en almal wat deur hierdie hartseer tragedie geraak is.
Ons gedagtes en gebede is met die families, vriende, leerders, opvoeders en die hele skoolgemeenskap gedurende hierdie baie moeilike tyd. Ons deel in julle hartseer en staan saam met julle terwyl julle hierdie verlies verwerk.
Mag julle krag, vertroosting en vrede vind in die liefde en ondersteuning van die mense om julle. Weet asseblief dat die Laerskool Kathu-gemeenskap voortdurend in ons gebede is.
"Die Here is naby die gebrokenes van hart en Hy verlos die wat verslae is van gees." โ Psalm 34:19
Met opregte meegevoel en gebede.
Laerskool Noordvaal
Bestuur, Personeel, Leerders en Ouers ๐๐๏ธ
The management, staff, learners, and parents of Laerskool Noordvaal extend our deepest and most heartfelt condolences to the Laerskool Kathu family and all those affected by this tragic loss.
Our thoughts and prayers are with the families, friends, learners, educators, and the entire school community during this incredibly difficult time. We share in your sorrow and stand with you in mourning the lives affected by this tragedy.
May you find strength, comfort, and peace in the love and support of those around you. Please know that the Laerskool Kathu community remains in our prayers as you navigate the days ahead.
โThe Lord is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit." โ Psalm 34:18
With sincere sympathy and prayers,
Laerskool Noordvaal
Management, Staff, Learners, and Parents ๐๐๏ธ