Orania CVO-skool

Orania CVO-skool Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Orania CVO-skool, School, CVO-Rylaan, Orania.

NOG NET 1 WEEK! Orania Gaan Groot is reeds oor net 1 week hier! Maak seker jy het jou kaartjies gekry en kry jou vriende...
29/08/2026

NOG NET 1 WEEK!

Orania Gaan Groot is reeds oor net 1 week hier!

Maak seker jy het jou kaartjies gekry en kry jou vriende en familie bymekaar vir ’n onvergeetlike dag vol pret, musiek en kuier!

📅 Nog net 1 week om te gaan!
🎟️ Het jy al jou kaartjies?

Moenie uitmis nie — Orania Gaan Groot wag vir jou!

Koop vandag nog jou kaartjies en wees deel van die groot dag!

Orania CVO-skool bied aan: ✨*KYK WIE PRAAT*✨ Kom wees deel van ‘n opwindende geleentheid vol lag en samesyn!•R30 per per...
25/08/2026

Orania CVO-skool bied aan:

✨*KYK WIE PRAAT*✨

Kom wees deel van ‘n opwindende geleentheid vol lag en samesyn!

•R30 per persoon

•Parkeer agter Die Bloustoor by die dorp se rugbyveld. 🚘

•Badkamergeriewe is op die terrein beskikbaar. 🚻

•Daar gaan ‘n snoepie wees.🍬🧃

Ons hoop om jou daar te sien! 💙

Kom draf of stap saam op die oggend van Orania Gaan Groot.
24/08/2026

Kom draf of stap saam op die oggend van Orania Gaan Groot.

Groot WEN vir ons span van die Noord-Kaap! ✨️🎭🎉Ons wen die Nasionale Kultuurfees vanjaar vir die derde-opeenvolgende jaa...
22/08/2026

Groot WEN vir ons span van die Noord-Kaap! ✨️🎭🎉
Ons wen die Nasionale Kultuurfees vanjaar vir die derde-opeenvolgende jaar!🏅

Hierdie span, wat uit slegs 20 items bestaan, is saamgestel op grond van talent, verskeidenheid, vermaaklikheid en kultuur, drama en musiek van hoë gehalte.

Elkeen se talent lyk anders, en elkeen se aanbieding uniek en saam bou ons aan ons kultuur en taal vir die wat nog na ons kom.

ń Lang pad na Potgietersrus vir die kultuurfees word op n baie hoë noot afgesluit en is alles die moeite werd!

Spesiale Noord-Kaap prestasies:

- Beste Groepsitem van die Nasionale Kultuurfees: Orania CVO se hoërskoolseuns met hulle Rugbyitem, "Halftyd".
- ⁠Beste Drama-item in Laerskool van die Nasionale Kultuurfees: Nina Murphy (Gr. 3) met "Baba met die badwater uitgooi".
- ⁠Beste Musiek-item in die Hoërskool van die Nasionale Kultuurfees: Emma de Villiers Gr. 10) met "Etude Allegreto" op die klavier.
- ⁠Beste Drama-item in die Hoërskool van die Nasionale Kultuurfees: Paul Möller (CVO Kalahari) met "Die familiegroep klets - gevangenis".

Nasionale Kultuurfees 2026 🎭✨️
22/08/2026

Nasionale Kultuurfees 2026 🎭✨️

Die hoogtepunt op ons kultuurkalender, nasional redenaars en kultuurfees!Hierdie jaar in Potgietersrus.Gister was hoofsa...
22/08/2026

Die hoogtepunt op ons kultuurkalender, nasional redenaars en kultuurfees!
Hierdie jaar in Potgietersrus.

Gister was hoofsaaklik gewy aan Redenaars.
Baie geluk aan elke leerling wat deelgeneem het aan die Redenaars!

Ons is trots op elkeen wat wat sy argumente aangevoer en gestaaf het.
ń Ekstra gelukwensing aan presteerders en fase wenners!

*BCVO fasewenners*
- Gr. 10-12 - Emma de Villers
- Gr. 4-6 - Klara Murphy

Plekke behaal per graad:
- Gr. 1 - Eersteplek: Karli de Jager
- Gr. 2 - Tweedeplek: Barend van Zyl
- Gr. 3 - Eersteplek: Nina Murphy
- Gr. 4 - Eersteplek: Klara Murphy (ook fasewenner)
- Gr. 5 - Tweedeplek: Eben de Klerk
- Gr. 5 - Derdeplek: Emma Nieuwoudt
- Gr. 6 - Eersteplek: Saul Murphy
- Gr. 6 - Derdeplek: Sias Nieuwoudt
- Gr. 10 - Eersteplek: Emma de Villiers
- Gr. 10 - Derdeplek: Migael Murphy

Nog net 2 weke! Die aftelling na Orania Gaan Groot het begin!Oor slegs twee weke kuier ons saam, geniet ons ’n dag vol p...
22/08/2026

Nog net 2 weke!

Die aftelling na Orania Gaan Groot het begin!Oor slegs twee weke kuier ons saam, geniet ons ’n dag vol pret, musiek en lekker samesyn.

Het jy al jou kaartjies? Indien nie, is dit nou die tyd om jou kaartjies te koop en seker te maak jy mis nie hierdie groot geleentheid nie!

Moenie uitmis nie – Orania gaan GROOT!

Kom draf of stap GROOT saam!
21/08/2026

Kom draf of stap GROOT saam!

Hiermee plaas ons graag die opgedateerde lys vir verblyf in Orania vir ons musiekfees, Orania Gaan Groot 2026. Koop jou ...
20/08/2026

Hiermee plaas ons graag die opgedateerde lys vir verblyf in Orania vir ons musiekfees, Orania Gaan Groot 2026.

Koop jou kaartjies nou!

Address

CVO-Rylaan
Orania
8752

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Orania CVO-skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Orania CVO-skool:

Shortcuts

Share

Category