Bo-Karoo Opleiding

Bo-Karoo Opleiding Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bo-Karoo Opleiding, Community College, CVO-Rylaan, Orania.

Bo-Karoo Opleiding (BKO) is ’n privaat opleidingsinstelling wat beroepskwalifikasies in skaars vaardighede aanbied, gebou op ’n Christelike fondasie en trots gewortel in die vryheid en uniekheid van ons Afrikaner kultuur.

30/08/2026
28/08/2026

Hierdie week het ons Voedselpiramide-plakkate gemaak terwyl ons gesels het oor die verskillende voedselgroepe en waarom elkeen belangrik is. Ons het ook geleer van gesonde keuses in maaltyd beplanning vir kinders en swanger vroue. Watter kosse is ryk aan watter nutrient waardes.

💬 Watter gesonde kos is 'n moet in jóú kind en swanger vroue? Vertel ons in die kommentaar.👇❤️
👀 Het jy al aansoek gedoen vir studies volgende jaar? Loer hier https://bko.co.za/voorskoolse-onderwys/

27/08/2026

“Gebruik elkeen die gawe wat hy ontvang het om mekaar te dien.” – 1 Petrus 4:10

Het jy ’n hart vir mense? Maak jou omgee ’n vaardigheid.

Verblyf en finansiering is beskikbaar. Skryf nou in by https://bko.co.za/inskrywingsvorm/

26/08/2026

🌱 ’n Nuwe begin begin hier!

Is jy iemand wat graag vir ander omgee en ’n verskil in mense se lewens wil maak? Basiese Tuisversorging by BKO gee jou die geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer, jouself te ontwikkel en jou hart vir mense uit te leef.

By BKO is jy nie net ’n student nie – jy word deel van ’n gemeenskap waar jy kan leer, groei en tuis voel. 🏡

Maak jou nuwe begin by BKO en begin vandag bou aan jou toekoms!

Volg die skakel en skryf nou in: https://bko.co.za/inskrywingsvorm/
Klasse skop 31 Augustus af.

Voete in die land, hande in die grond.🌱Ons studente het met reënmeters en verskillende opvangbakke die hoeveelheid water...
26/08/2026

Voete in die land, hande in die grond.🌱

Ons studente het met reënmeters en verskillende opvangbakke die hoeveelheid water wat deur die spilpunte toegedien word, gemeet.

Nie elke boer het toegang tot die nuutste tegnologie nie. Daarom is dit belangrik om die basiese vaardighede en praktiese kennis te hê om met dit wat beskikbaar is, goeie besluite te neem.

Goeie boerdery begin by kennis, waarneming en voete in die land.

Andries Kruger, een van ons Studentesake beamptes, verjaar vandag! 🎉Mag die Here jou nuwe lewensjaar seën met vrede, wys...
25/08/2026

Andries Kruger, een van ons Studentesake beamptes, verjaar vandag! 🎉

Mag die Here jou nuwe lewensjaar seën met vrede, wysheid en vreugde. Dankie dat jy ’n waardevolle verskil maak by BKO. Ons waardeer jou en bid dat die jaar vir jou God se goedheid op nuwe maniere sal wys 🙏

Eersdaags is BKO weer op reis! Sien ons jou by NAMPO Kaap / Cape?📅 9–12 September 2026📍 Bredasdorp ParkKom besoek ons in...
24/08/2026

Eersdaags is BKO weer op reis! Sien ons jou by NAMPO Kaap / Cape?

📅 9–12 September 2026
📍 Bredasdorp Park

Kom besoek ons in die BKB saal, uitstalruimte 135 🤩

Waardevolle blootstelling vir ons Technika-studente 🏠BKO se Technika-studente – ons Loodgieter-, Elektrisiën- en Bou- en...
24/08/2026

Waardevolle blootstelling vir ons Technika-studente 🏠

BKO se Technika-studente – ons Loodgieter-, Elektrisiën- en Bou- en Siviel-studente – het op Vrydag, 21 Augustus 2026, ’n opleidingsessie oor ligtestaalbehuising bygewoon.

Die dag het afgeskop met ’n teoretiese sessie waarin die studente meer oor ligtestaalkonstruksie en die toepassing daarvan in die boubedryf geleer het. Daarna is die teorie prakties toegelig met ’n besoek aan die fabriek, waar die studente eerstehands kon sien hoe die verskillende prosesse in die praktyk toegepas word.

Hartlike dank aan mnr. Bothma Marx van Ora Ligte Staal wat die opleidingsessie aangebied en sy waardevolle kennis en praktiese ervaring met ons studente gedeel het. Ons waardeer sy tyd, moeite en bereidwilligheid om in die ontwikkeling van ons studente te belê en vir hulle ’n waardevolle en leersame ervaring te bied.

“Barbararian Cats” se eerste wedstryd naweek!Die meriete span wat tydens verlede naweek se spoed liga gekies is het vand...
22/08/2026

“Barbararian Cats” se eerste wedstryd naweek!

Die meriete span wat tydens verlede naweek se spoed liga gekies is het vandag hul eerste wedstryd teen die Vrystaat se amateurrugbyspan gespeel in Bloemfontein.

Die wedstryd het skitterende rugby opgelewer maar het in die guns van die amateurs geeindig.

Ons is trots op ons 8 BKG spelers wat vir hierdie span gekies is en ons sportkoördineerder wat gekies is as President van die span.

Sterkte vir die wedstryde wat nog voorlê.

Address

CVO-Rylaan
Orania

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27531100620

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bo-Karoo Opleiding posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Bo-Karoo Opleiding:

Shortcuts

Share