Skoonskip Opleiding

Skoonskip Opleiding Toespraak voorbereiding, opstel skryf, Toespraak gee, Engelse uitspraak opleiding, navorsing doen vir motiveringspraatjies, selfvertroue vir publieke optredes.

Pragtige land van my… 💕
29/06/2022

Pragtige land van my… 💕

What a spectacular sighting, yesterday morning just outside the Huab river!

Thank you tour guide Sebastian Wrede.

ehranamibia

Alle skoolkinders wat nou gereed maak vir die eksamen wat voorlê. Wenke om jou te help sodat jy ten volle kan funksionee...
20/05/2022

Alle skoolkinders wat nou gereed maak vir die eksamen wat voorlê.
Wenke om jou te help sodat jy ten volle kan funksioneer:
1). Slaap genoeg. Probeer 8 ure per nag se slaap inkry. Jou brein moet uitgerus wees om te kan inneem en weergee.
2). Drink genoeg water. Medici is dit almal eens dat genoeg vog in jou selle, en vir jou brein bitter belangrik is. Probeer 2 liter per dag inneem. Hou ‘n bottel naby jou, en maak hom gereeld vol sodat jy weet hoeveel jy drink.
3). Drink goeie vitamines. Daarmee bedoel ek dat dit “voedsel-gebasseerde” vitamines moet wees. Anders herken jou liggaam dit nie, en skei jy dit net weer uit. Vra die Apteker!
4). Vat genoeg penne, potlode en ander materiaal wat jy gaan benodig saam na die eksamenlokaal. Jy wil nie halfpad deur jou vraestel met ‘n pen sit wat nie meer kan skryf nie!
5). Besoek die badkamer net voor jy instap. ‘N vol blaas is nie goed as jy probeer fokus nie!
6). LEES die vrae behoorlik! Soveel foute gebeur omdat ‘n mens d**k jy weet wat daar gevra word, maar jy is dalk te haastig! Maak seker jy WEET wat verwag word van jou in die antwoord.
Kontak my vir hulp met voorbereiding…. Ek kan regtig help.
Lientjie +27763644970
“Like” asseblief ook die blad, en nooi jou vriende om dieselfde te doen. Kom ons help ons kinders om SKOONSKIP te maak van die res van die jaar se werk!

Belangrike inligting vir enige mondeling wat jou kind nog moet doen om goeie punte te verseker!Dr Jordan Peterson is een...
19/05/2022

Belangrike inligting vir enige mondeling wat jou kind nog moet doen om goeie punte te verseker!
Dr Jordan Peterson is een van die wêreld se mees gesogde sprekers.
Kom leer ook hoe om jou liggaamstaal ( body language) tot jou voordeel te gebruik…. Wanneer harder en sagter praat as groot fokuspunte gebruik kan word tydens ‘n mondeling of toespraak, en…. Om die regte onderwerp te kies!
Kontak my vir groeplesse of persoonlike lesse, en ons maak SKOONSKIP van mondelinge en opstelle!
Lientjie: +27763644970
Heerlike dag verder!

Goeiemiddag Oraniërs!Daar is nog 6 maande oor om voor te berei vir die einde vd jaar se eksamen…. DUS!As jou kind sy/haa...
13/05/2022

Goeiemiddag Oraniërs!
Daar is nog 6 maande oor om voor te berei vir die einde vd jaar se eksamen….
DUS!
As jou kind sy/haar punte wil verbeter in Afrikaans/Engels, is die opstel vraestel die plek om aan te werk. Dit tel selfs meer as die grammatika vraestel!
Saam met dit, werk ons aan mondelinge in beide tale, wat bydra tot daardie punt.
Uitspraak, persoonlike uitdrukking ( jou persoonlikheid tot sy reg laat kom!), lyftaal en woordeskat.
Die vakansie lê ook voor…. Lekker tyd om effe in te haal. Kom ons maak Skoonskip van daardie tale!
Kontak Lientjie: +27 763644970
Baie dankie!

Aandag alle ouers!Die Junie eksamen kom nader, en daar is ‘n baie effektiewe manier vir jou kind om sy tale punte (Afrik...
01/05/2022

Aandag alle ouers!
Die Junie eksamen kom nader, en daar is ‘n baie effektiewe manier vir jou kind om sy tale punte (Afrikaans en Engels) op te stoot…. Opstelle!!
Het u geweet dat die punte vir die opstelle-vraestel selfs meer punte tel as die grammatika vraestel?
Kom ons werk daaraan, effektief en maklik, sodat haar opstelle aandag trek!!
Ook aan die mondelinge toesprake in beide tale, goeie uitspraak van Engels, liggaamstaal tydens die mondeling, en die formulering en skryf daarvan.
Daar is ook ‘n lojaliteitsprogram…. Jou kind kan sy klassie baie goedkoper kry as hy 2 (of meer!) maats verwys!
Whatsapp my gerus vir meer inligting.
Lientjie: +27763644970
Ps: Tot die Biljoenêr Warren Buffet stem saam! 🤣

Deel asseblief!  Baie dankie!
22/04/2022

Deel asseblief! Baie dankie!

Alle graad 11 en graad 12 ouers!Sukkel jy en jou kind met antwoorde oor wat hy/sy gaan doen na skool?  En die aansoek ve...
22/04/2022

Alle graad 11 en graad 12 ouers!
Sukkel jy en jou kind met antwoorde oor wat hy/sy gaan doen na skool? En die aansoek vereistes, asook watter plek is die beste om aansoek te doen?
Dalk nog beursaansoeke?
Ek help jou dwarsdeur die proses, aansoekvorms, goeie voorbladbrief vir sy aansoek, kyk na nodige punte vir die volgende eksamen, asook voorbereiding vir moontlike onderhoude, aanlyn of in persoon.
Dit is baie belangrike en opgewonde tye in jou kind se lewe…. Kom doen dit reg!
Lientjie: (076) 364-4970 om my te skakel of +264818050613 vir whatsapp.
Deel asseblief ook met vriende wat in dieselfde bootjie is! Ons maak skoonskip van hierdie take.

Weet jy hoe jy duidelike boodskappe stuur met jou liggaamstaal?  En hoe belangrik dit is om die regte nie-verbale tekens...
20/04/2022

Weet jy hoe jy duidelike boodskappe stuur met jou liggaamstaal? En hoe belangrik dit is om die regte nie-verbale tekens te ken?
Nie net in persoonlike verhoudings nie, maar ook tydens ‘n werksonderhoud, in ‘n toespraak, teenoor jou meerderes in ‘n werk situasie, of teenoor ‘n boelie by die skool?
In net ‘n paar sessies kan jy leer hoe om hierdie belangrike aspek van menswees te ken en verstaan.
Ook, die belangrikheid van stemtoon in verskillende situasies, hoe en waar om humor te gebruik in ‘n onderhoud, toespraak of opstel.
Skakel my en ons beplan jou sessies en werk ook aan hoe jy jou opleiding amper gratis kan kry deur ‘n lojaliteitsprogram. Dit is opwindende tye!
Lientjie: (076) 364-4970

Leer hoe om ‘n toespraak te skryf om die BESTE resultate te kry!  Of, ‘n opstel, ‘n voorbladbrief vir jou werksaansoek, ...
18/04/2022

Leer hoe om ‘n toespraak te skryf om die BESTE resultate te kry! Of, ‘n opstel, ‘n voorbladbrief vir jou werksaansoek, ‘n motiveringspraatjie vir jou werkgewers!
En, hoe is jou Engelse uitspraak en taalgebruik? Kom leer! Lojaliteitsprogram beskikbaar sodat, wanneer jy jou vriende verwys, kry jy baie afslag op jou eie kursus.
Om goed te skryf en met gesag te kan praat, is uiters belangrik!
Jou vrae kan jy in die kommentaar gedeelte plaas, vir my ‘n privaat boodskap stuur, of whatsapp ook!
Dankie!
Whatsapp: +264818050613.
Stuur asb aan alle inwoners, en like die blad!
Baie dankie!

Is jou werknemers gemotiveerd?  Kan jou kliente dit sien, en is hulle entoesiasme oor Orania aansteeklik?  Is hulle bere...
13/04/2022

Is jou werknemers gemotiveerd? Kan jou kliente dit sien, en is hulle entoesiasme oor Orania aansteeklik? Is hulle bereid om die ekstra treë te gee, en nie net die gewone te doen nie?
Sien hulle hulself as ‘n aanwins vir ons gemeenskap en veral vir die besigheid waar hulle werk?
Ek voel dat dit dalk baie onderontwikkeld is in ons dorp, en kan jou help om ‘n groot verskil te maak!
Ek het ondervinding van ‘n eie besigheid, en ook om deel te wees van ‘n groot internasionale besigheid, en veral in die aspek van bemarking.
Kom ons verander die apatie in aansteeklike positiwiteit en om die ekstra treë te loop.
Stuur ‘n boodskap op messenger of Whatsapp my op +264818050613.
Ek is opgewonde hieroor!

Het jy geweet?!Introverte maak van die beste toesprake!  Ek leer jou hoe…. Of jy nou ‘n kind of ‘n student of werkende g...
12/04/2022

Het jy geweet?!
Introverte maak van die beste toesprake!
Ek leer jou hoe…. Of jy nou ‘n kind of ‘n student of werkende grootmens is, almal het dit nodig om met vasberadenheid jou punt te kan stel.
En…. Dis heerlik as jy weet hoe!
Liggaamshouding en al, jou gehoor sal aanhou hande klap!

Address

Orania
8752

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27763644970

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Skoonskip Opleiding posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Skoonskip Opleiding:

Shortcuts

Share

Category