03/09/2026
Baie sterkte aan ons O/13 A- en B-hokkiespanne wat deurgedring het na die streek-uitspele, wat vandag, 3 September 2026, by Jubaweni plaasvind! Ons hou styf duimvas en weet julle kan dit doen!
Baie sterkte ook aan ons O/10- en O/11-hokkiespanne wat uitstekend gevaar het in die vriendskaplike wedstryde en vandag deurgedring het na die vriendskaplike uitspele. Ons staan bankvas agter julle en wens julle alle sukses toe!