Pikkie-Vossies

Pikkie-Vossies Laerskool Tini Vorster se Gr. R. en speelgroepies.

๐ŸŒŸ Graad R Beroepedag ๐ŸŒŸVandag het ons Graad R-leerders hul drome laat lewe tydens ons Beroepedag! ๐Ÿ‘ฉโ€โš•๏ธ๐Ÿ‘จโ€๐Ÿณ๐Ÿ‘ฎโ€โ™‚๏ธAs deel van ...
07/08/2026

๐ŸŒŸ Graad R Beroepedag ๐ŸŒŸ

Vandag het ons Graad R-leerders hul drome laat lewe tydens ons Beroepedag! ๐Ÿ‘ฉโ€โš•๏ธ๐Ÿ‘จโ€๐Ÿณ๐Ÿ‘ฎโ€โ™‚๏ธ

As deel van ons beroepe - tema, het leerders die geleentheid gehad om soos die beroep wat hulle eendag wil beoefen, aan te trek.

Van dokters en onderwysers tot sjefs, brandweermanne en vele meer โ€“ elkeen het gewys dat groot drome reeds in klein hartjies begin. โค๏ธ

Dankie aan al ons ouers vir julle moeite en ondersteuning om hierdie spesiale dag moontlik te maak. ๐ŸŒธ
Graad R droom groot! โญ

๐ŸŒŸ Wat 'n geseรซnde dag by ons kleuters! ๐ŸŒŸVandag het Root2Fruit vir ons 'n besonderse toneel kom opvoer met 'n kragtige bo...
23/06/2026

๐ŸŒŸ Wat 'n geseรซnde dag by ons kleuters! ๐ŸŒŸ
Vandag het Root2Fruit vir ons 'n besonderse toneel kom opvoer met 'n kragtige boodskap: Jesus is altyd die antwoord! โค๏ธโœ๏ธ

Ons kleuters het geleer dat wanneer ons bang, hartseer, onseker of in nood is, Jesus ons eerste "911-oproep" moet wees. Hy luister altyd, Hy gee om en Hy laat ons nooit alleen nie. ๐Ÿ™๐Ÿ“ž

"Roep My aan in die dag van benoudheid; Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer." โ€“ Psalm 50:15

Baie dankie aan Root2Fruits vir die liefdevolle manier waarop julle God se Woord met ons kinders gedeel het. Ons bid dat hierdie kosbare boodskap diep in elke klein hartjie sal bly leef. ๐Ÿ’›

โœจ๐Ÿ™

๐Ÿ“šโœจ Kleuters se Boekkarakter Dag! โœจ๐Ÿ“šOns kleuters het vandag die wรชreld van stories lewendig gemaak! ๐ŸŒˆ๐Ÿ“–Op Dinsdag, 21 Apri...
23/04/2026

๐Ÿ“šโœจ Kleuters se Boekkarakter Dag! โœจ๐Ÿ“š

Ons kleuters het vandag die wรชreld van stories lewendig gemaak! ๐ŸŒˆ๐Ÿ“–
Op Dinsdag, 21 April, het hulle aangetrek soos hul gunsteling boekkarakters โ€“ en wat โ€™n kleurvolle en kreatiewe dag was dit nie!

Van prinsesse en feetjies tot dapper helde en snaakse karaktersโ€ฆ elke leerder het met trots hul karakter kom wys en selfs โ€™n bietjie daarvan vertel. ๐Ÿงšโ€โ™€๏ธ๐Ÿฆธโ€โ™‚๏ธ๐Ÿบ

Hierdie spesiale dag het nie net baie pret gebring nie, maar ook ons liefde vir lees en stories versterk. ๐Ÿ’›๐Ÿ“š

Baie dankie aan al die ouers vir die moeite en kreatiwiteit โ€“ julle het dit vir die kinders ekstra spesiaal gemaak!

๐ŸŽ‰ Vossiekaskenades โ€“ wat โ€˜n dag vol pret! ๐ŸŽ‰Ons kleuters het vandag โ€˜n ongelooflike dag gehad by die Vossiekaskenades! ๐Ÿ˜„๐ŸŒˆ...
23/03/2026

๐ŸŽ‰ Vossiekaskenades โ€“ wat โ€˜n dag vol pret! ๐ŸŽ‰

Ons kleuters het vandag โ€˜n ongelooflike dag gehad by die Vossiekaskenades! ๐Ÿ˜„๐ŸŒˆ Van springkastele en glybane tot hope lag en opwinding โ€“ elke oomblik was gevul met vreugde.

Dit was so spesiaal om te sien hoe die maatjies speel, ontdek en sommer net kind wees. ๐Ÿ’›

Ons harte is vol en ons glimlagte nog groter! ๐Ÿฅฐ

๐ŸŒˆ Ouma en Oupa Dag ๐ŸŒˆVandag was โ€™n baie spesiale dag by ons skool met ons tema โ€œ โ€™n Reรซnboog van Liefde.โ€ Ons kinders het...
13/03/2026

๐ŸŒˆ Ouma en Oupa Dag ๐ŸŒˆ

Vandag was โ€™n baie spesiale dag by ons skool met ons tema โ€œ โ€™n Reรซnboog van Liefde.โ€ Ons kinders het met groot trots gesing, gedans en slagorkes gespeel vir hul Oumas en Oupas.

Dankie aan elke Ouma en Oupa wat die dag saam met ons kom geniet het. Julle liefde maak ons reรซnboog net nog mooier! ๐Ÿ’›๐ŸŒˆ

๐ŸŒˆ Vandag het ons weer gesien: Liefde is werklik โ€™n reรซnboog wat generasies verbind.

Jaco Jacobs het verjaar, Dit was lekker, ons sien dit al klaar! Vossies dra snaakse, lawwe sokkies- party met sterre, an...
26/02/2026

Jaco Jacobs het verjaar, Dit was lekker, ons sien dit al klaar! Vossies dra snaakse, lawwe sokkies- party met sterre, ander met blokkies!
Dit was lekker om deel te wees van jou sokkiefees!
Baie Geluk Jaco โ€“ hoop jy het gelag, van vroegoggend tot laatnag!

๐Ÿ’Œ Soet bederfies, rooi en pienk oral en die mooiste glimlagte!Gelukkige Valentynsdag van ons Graad R-sterretjies ๐ŸŒธ
14/02/2026

๐Ÿ’Œ Soet bederfies, rooi en pienk oral en die mooiste glimlagte!
Gelukkige Valentynsdag van ons Graad R-sterretjies ๐ŸŒธ

1 Korintiรซrs 13Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is ...
14/02/2026

1 Korintiรซrs 13

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie.

Geseรซnde Valentynsdag!!! โ™ฅ๏ธ

28/01/2026

๐ŸŒพ DUISENDE DANKIES! CIVVIE DAG VIR DROOGTEHULP! ๐ŸŒพ

Vrydag, 23 Januarie 2026, het ons skool met oop harte deelgeneem aan Civvie Dag ten bate van Droogtehulp

Dit was nie net โ€™n dag van civvies nie โ€“
dit was โ€™n dag van omgee, saamstaan en hoop.
Elke bydrae, groot of klein, het โ€™n boodskap gedra:
Ons sien julle. Julle is nie alleen nie!

Baie dankie aan ons leerders, ouers en personeel wat deelgeneem het en gewys het wat gebeur wanneer โ€™n gemeenskap saamstaan ๐Ÿ’›

Ons is trots om deel te wees van โ€™n beweging wat hoop bring waar dit die droogste is.

Pikkie-Vossies se eerste atletiek! ๐ŸฆŠSaterdag het ons klein Vossies hulle harte uit gehardloop op die atletiekbaan! ๐Ÿƒโ€โ™€๏ธE...
19/01/2026

Pikkie-Vossies se eerste atletiek! ๐ŸฆŠ
Saterdag het ons klein Vossies hulle harte uit gehardloop op die atletiekbaan! ๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ
Elke Vossie is โ€™n wenner! ๐ŸŒŸ
Ons is sรณ trots op ons dapper kleuters wat hul eerste atletiek met groot glimlagte aangepak het! ๐ŸŽ‰๐ŸฆŠ

Address

15 Joubert Straat
Nigel
1491

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27118146470

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pikkie-Vossies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category