Huttenpark Kleutersentrum

Huttenpark Kleutersentrum Amptelike blad van Huttenpark Kleutersentrum. Ons leer, speel en groei saam. 'n Veilige en kindervriendelike omgewing vir elke peuter en kleuter.

Ons kweek trotse, toekomstige Hutties.

Ons Kameelperdklas was lekker woelig en bedrywig! Hulle het vir ons meer kom vertel oor hulle troeteldiere en hulle het ...
04/09/2026

Ons Kameelperdklas was lekker woelig en bedrywig! Hulle het vir ons meer kom vertel oor hulle troeteldiere en hulle het ook eksperimente gedoen! 🌋🎈🐶🧡

04/09/2026
Ons Gr RR-maats het 'n lekker uitstappie by Snips gehad! 🐍🦎🐢 Hulle het die geleentheid gehad om 'n verskeidenheid diere ...
22/08/2026

Ons Gr RR-maats het 'n lekker uitstappie by Snips gehad! 🐍🦎🐢 Hulle het die geleentheid gehad om 'n verskeidenheid diere en reptiele te ontmoet, vas te hou en 'n interaksie met hulle te hê, wat dit 'n prettige en opwindende praktiese leerervaring gemaak het. Die kinders het dit vreeslik geniet om naby die diere te kom en elke oomblik van hul spesiale besoek geniet! 🐾🧡✨

Speel met slym en verskillende voorwerpe is 'n wonderlike sensoriese aktiwiteit vir ons beige en bedrywige 2-3-jarige ma...
22/08/2026

Speel met slym en verskillende voorwerpe is 'n wonderlike sensoriese aktiwiteit vir ons beige en bedrywige 2-3-jarige maats! 🌈✨

Om in die slym te speel verskaf sensoriese stimulasie deur verskillende teksture, terwyl dit kinders help om hul fynmotoriese vaardighede, handkrag en hand-oog-koördinasie te ontwikkel soos hulle die slym druk, trek, rek en manipuleer! 👐

Die byvoeging van verskillende voorwerpe moedig verkenning, nuuskierigheid en probleemoplossing aan, terwyl dit ook taalontwikkeling ondersteun soos kinders beskryf wat hulle voel, sien en vind. Sensoriese spel kan ook konsentrasie, kreatiwiteit en onafhanklike spel aanmoedig, wat leer sommer net lekker maak! ⭐️🧡

Om met 'n 'tweezer' te speel is nie net pret nie, maar ook 'n wonderlike manier vir ons Bytjieklas om belangrike vaardig...
22/08/2026

Om met 'n 'tweezer' te speel is nie net pret nie, maar ook 'n wonderlike manier vir ons Bytjieklas om belangrike vaardighede te ontwikkel! 🐝🤏✨

Om verskillende voorwerpe met 'n 'tweezer' op te tel, versterk die klein spiere in hul vingers en hande, verbeter hul knypergreep, hand-oog-koördinasie en help om konsentrasie en fokus te ontwikkel. Dit moedig ook probleemoplossing, bilaterale koördinasie en handbeheer aan, wat die fondasie lê vir toekomstige vaardighede soos skryf, knip en knoop. 🧠✋

Deur speelse aktiwiteite soos hierdie leer, ontwikkel en bou kinders selfvertroue terwyl hulle pret het! ⭐️🧡

Hiep-hiep-hoera, Juffrou Danica verjaar! 🤩🥳🎈⭐️Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Danica! 🌈 Mag al Juffrou se drome ...
22/08/2026

Hiep-hiep-hoera, Juffrou Danica verjaar! 🤩🥳🎈⭐️
Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Danica! 🌈 Mag al Juffrou se drome hierdie jaar waar word. Ons weet dat Liewe Jesus vir Juffrou ryklik sal seën! Dankie vir alles wat Juffrou vir ons maats leer en doen! 🧡

Hiep-hiep-hoera, Juffrou Ronell verjaar! 🤩🥳🎈⭐️Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Ronell! 🌈 Mag al Juffrou se drome ...
22/08/2026

Hiep-hiep-hoera, Juffrou Ronell verjaar! 🤩🥳🎈⭐️
Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Ronell! 🌈 Mag al Juffrou se drome hierdie jaar waar word. Ons weet dat Liewe Jesus vir Juffrou ryklik sal seën! 🧡

31/07/2026

WOW, WOW, WOW! ⭐️

Baie dankie aan al ons ongelooflike borge vir julle ondersteuning van ons eerste gholfdag! ⛳

Julle bydrae, borgskappe en wonderlike pryse het gehelp om die dag 'n groot sukses te maak. Ons waardeer julle vriendelikheid en toewyding aan ons klein leerders en ons skoolgemeenskap uit ons harte uit! Dankie dat julle ons gehelp het om so 'n onvergeetlike geleentheid te skep—ons sou dit nie sonder julle kon gedoen het nie! 🧡

Groot dankie aan elke deelnemer. Of jy nou daar was vir gees en of jy daar was om te wen, ons waardeer JOU! Sonder julle sou die dag werklik nie gebeur het nie. 🏌🏼‍♂️

Dagboek sommer nou al die datum vir volgende jaar se golfdag!
📌14 Augustus 2027

Address

Victoriaweg 11
Newcastle
2940

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 05:00
Friday 07:00 - 05:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huttenpark Kleutersentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Featured

Share

Category