Mosselbaai EK Primêr

Mosselbaai EK Primêr Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mosselbaai EK Primêr, School, Mosselbaai.

⚽️ Sokker 5-a-side Toernooi! ⚽️Ons seuns het uitstekend gevaar tydens die 5-a-side sokkertoernooi! Ons is ongelooflik tr...
19/09/2026

⚽️ Sokker 5-a-side Toernooi! ⚽️

Ons seuns het uitstekend gevaar tydens die 5-a-side sokkertoernooi! Ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle en hul puik vertoning op die veld!

Die deelnemende skole was: Curro Mosselbaai, Curro George, Ridgeview, Global Academy en ons eie Mosselbaai E.K. Primêr. ⚽️🏆

Welgedaan, seuns! Ons is baie trots op julle!

09/09/2026

📚✨ Nasionale Boekeweek! ✨📚

Hierdie week vier ons die wonderlike wêreld van boeke, stories en verbeelding! 🌈📖

Ons leerders ontdek nuwe wêrelde, ontmoet interessante karakters en leer dat daar op elke bladsy ’n nuwe avontuur wag. 🚀🧚‍♀️🦁

📚 Lees maak jou verbeelding vlerke gee!
Kom ons maak elke dag ’n leesdag! ❤️

’n Seisoen om te onthou! 🏐🏀Ons sluit ons netbaljaar af met groot dankbaarheid, baie lag en nóg meer mooi herinneringe.Tr...
07/09/2026

’n Seisoen om te onthou! 🏐🏀

Ons sluit ons netbaljaar af met groot dankbaarheid, baie lag en nóg meer mooi herinneringe.
Trots op elke speler wat alles gegee het!

🖍️ Kreatiewe handjies, kleurvolle idees! 🌈Graad 3 het hul kreatiwiteit gebruik om gewone blikkies in pragtige potloodhou...
07/09/2026

🖍️ Kreatiewe handjies, kleurvolle idees! 🌈

Graad 3 het hul kreatiwiteit gebruik om gewone blikkies in pragtige potloodhouers te verander.

🌸 Gelukkige Sekretaressedag, Me. Caitlin! 🌸Vandag vier ons ’n baie spesiale persoon wat elke dag met ’n glimlag, geduld ...
02/09/2026

🌸 Gelukkige Sekretaressedag, Me. Caitlin! 🌸

Vandag vier ons ’n baie spesiale persoon wat elke dag met ’n glimlag, geduld en omgee ons skool se kantoor aan die gang hou.

Dankie vir al jou harde werk, hulpvaardigheid en die manier waarop jy altyd bereid is om ’n handjie by te sit. Jy is ’n belangrike deel van ons skool en ons waardeer jou meer as wat woorde kan sê!

Ons is baie dankbaar om jou as ons sekretaresse te hê!
Geniet jou spesiale dag!

01/09/2026
🚒🔥 ’n Besondere besoek van ons Mosselbaai Brandweer! 🔥🚒Ons Grondslagfase leerders was só opgewonde om vandag die Mosselb...
24/08/2026

🚒🔥 ’n Besondere besoek van ons Mosselbaai Brandweer! 🔥🚒

Ons Grondslagfase leerders was só opgewonde om vandag die Mosselbaai Brandweer by ons skool te verwelkom! 👩‍🚒👨‍🚒

Baie dankie aan ons dapper brandweermanne en -vroue wat vir ons kom wys het hoe belangrik brandveiligheid is, asook vir die wonderlike ervaring en tyd wat julle met ons kinders spandeer het. 🧯🚒

Ons kleintjies het dit vreeslik geniet om die brandweerwa te sien en meer te leer oor die belangrike werk wat julle elke dag doen.

Sportmiddag teen Erika Primêr! Trots op ons seuns en dogters se deelname en sportmangees! Geluk aan die seuns met die we...
12/08/2026

Sportmiddag teen Erika Primêr! Trots op ons seuns en dogters se deelname en sportmangees! Geluk aan die seuns met die wen!!

🏐 Netbalvaardigheidsmiddag saam met Kings CollegeOns leerders het gister ’n heerlike netbalvaardigheidsmiddag saam met K...
02/06/2026

🏐 Netbalvaardigheidsmiddag saam met Kings College

Ons leerders het gister ’n heerlike netbalvaardigheidsmiddag saam met Kings College geniet. Die middag was gevul met nuwe vaardighede, spanwerk en baie pret, en is afgesluit met ’n vriendskaplike wedstryd wat almal geniet het.

Baie dankie aan Kings College vir die lekker ervaring! 😊🏐

Address

Mosselbaai
6500

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27446912998

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mosselbaai EK Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category