WiW Tutor Sentrum

WiW Tutor Sentrum

Share

Soek jy ‘n plek waar jou kind geborge kan voel in ‘n veilige omgewing met klein klasse en individuele aandag? Geleë in Voorbaai, Mosselbaai.

Ons fondasie - Christus
Ons tutors - Passievol
Ons sentrum - Die plek waar jy die beste jy kan word!

05/08/2026

Vandag neem ons afskeid van een van ons Tutors Mnr Jacques wat vir baie jare 'n waardevolle deel van WIW Tutorsentrum was.
Baie dankie vir al jou harde werk, toewyding en die verskil wat jy in soveel leerders se lewens gemaak het. Jou tyd, geduld en passie sal altyd onthou word.
Ons wens jou alle voorspoed en God se ryke seën toe met hierdie nuwe hoofstuk. Mag elke nuwe geleentheid vir jou groot sukses en vreugde bring.
Jy sal altyd deel van die WIW-familie bly. Baie dankie vir alles. 🌟

05/08/2026

Vandag neem ons afskeid van een van ons Tutors Mnr. Jacques wat vir baie jare 'n waardevolle deel van WIW Tutorsentrum was.
Baie dankie vir al jou harde werk, toewyding en die verskil wat jy in soveel leerders se lewens gemaak het. Jou tyd, geduld en passie sal altyd onthou word.
Ons wens jou alle voorspoed en God se ryke seën toe met hierdie nuwe hoofstuk. Mag elke nuwe geleentheid vir jou groot sukses en vreugde bring.
Jy sal altyd deel van die WIW familie bly. Baie dankie vir alles. 💜🌟

21/07/2026

🌸 DAMES, HIERDIE EEN IS VIR JOU! 🌸

Kom geniet 'n onvergeetlike oggend vol lag, inspirasie en heerlike kuier saam met Mel – Die Storieverteller met haar gewilde praatjie "Chaos is Gratis".

💐 Datum: 29 Augustus 2026
📍 Plek: Stadsaal, Mosselbaai
🕙 Deure open: 10:00 | Verrigtinge: 10:30 | Mel begin: 11:00

✨ Jou kaartjie sluit in: 🍴 Heerlike vingerhappies
☕ Tee & Koffie
🥤 Sap
💝 'n Oggend vol inspirasie en lekker gesels!

🎟️ Kaartjies: R300 per persoon

🎉 SPESIALE GROEPAANBOD! 🎉
Bespreek 'n tafel van 10, en die 10de kaartjie is GRATIS! Dis die perfekte geleentheid om jou vriendinne, familie of kollegas saam te bring.

💛 Elke kaartjie wat gekoop word, help om die WIW Tutorsentrum te ondersteun en maak 'n verskil in ons gemeenskap.

📞 Bespreek jou plek vandag!
Johandi: 081 766 8266

🌷 Moenie uitmis nie! Bring jou vriendinne saam en kom beleef 'n oggend waar julle saam kan lag, bemoedig word en 'n wonderlike saak ondersteun. Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom! 🌸

21/07/2026

WiW Tutorsentrum bied ’n ondersteunende en gestruktureerde leeromgewing met aparte klasse vir leerders van Graad R tot 12.
Ons volg die Impaq-kurrikulum, wat uitstekende akademiese standaarde handhaaf en leerlinge voorberei vir toekomstige sukses.

Met ’n Christelike fondasie as kern, streef ons daarna om elke leerder te help ontwikkel tot hul beste self- nie net akademies nie, maar ook in karakter en geloof.

📍 Ligging:
Hartenbos, Voorbaai
(Oorkant Langeberg Mall)

📞 Kontakpersoon:
Thwanette- 075 018 4229

19/06/2026

Kom ondersteun WiW Tutorsentrum se fondsinsameling!

Kontak Johandi@ 081 766 8266 vir meer inligting

08/04/2026

📚 TUTOR POS BESKIKBAAR

Ons is op soek na ’n Hoërskool Tutor om leerders akademies te ondersteun.

Vereistes:
• Moet Afrikaans en Engels tale kan aanbied
• Moet bereid wees om ander vakke te help aanbied indien nodig
• Geduldig, betroubaar en passievol oor onderrig
• Vermoë om met hoërskoolleerders te werk

Indien jy belangstel of meer inligting wil hê, kontak ons gerus.

📩 Stuur jou besonderhede / CV na:
075 018 4229
[email protected]

Photos from WiW Tutor Sentrum's post 05/03/2026

Boeresport op die strand! 🌊🏃‍♂️

Wat ’n ongelooflike dag vol lag, spanwerk en lekker kompetering! Ons sentrum se boeresportdag op die strand was propvol energie, sand, en baie pret.

Dankie aan elke leerder en personeellid wat dit so spesiaal gemaak het. Hierdie is die herinneringe wat ons altyd sal onthou! ☀️🏖️

23/01/2026

Share asseblief!!!✨️💜

Want your school to be the top-listed School/college in Mossel Bay?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Parsonlaan
Mossel Bay

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 12:00