Punt Hoërskool/ Point High Alumni

Punt Hoërskool/ Point High Alumni Geskiedenis van Punt

Die Hoërskool Punt het ontstaan uit ‘n Jongenskool wat in 1872 gestig is. ‘n Skoolgebou is in Blandstraat opgerig. Die tender van mnre.

Hierdie gebou bestaan vandag nog. Mnr Francis McIntyre was die eerste onderwyser. Onderrig is onder andere gegee in Hollands, Grieks en Wiskunde, terwyl Latyn en Frans ook later belangrike vakke was. Later het ‘n Meisieskool tot stand gekom. In 1885 is die ou Kerk as Meisieskool in gebruik geneem. Die Munisipale skoolraad is in 1906 in die lewe geroep en sy eerste taak was om ‘n nuwe skoolgebou vir die Jongenskool op te rig. Die heer Hoggard se plan vir die gebou is goedgekeur en die tender van die here Keating en Kie, vir die bedrag van ₤7 096 is aangeneem. Die hoeksteen is op 20 Maart 1909 deur Sir John Buchanan gelê. Die hoeksteenlegging het met groot feesvierings gepaard gegaan – die blaaskorkes het die feesvierings met musiek opgeluister en die seuns en dogters van die twee skole het “God save the King” gesing. Die skool is op 15 Februarie 1910 in gebruik geneem to dr. Muir, die S.G.O vir die plegtigheid hier was. Die Jongenskool en die Meisieskool het in 1921 geamalgameer om die Hoërskool Punt te vorm. Die geamalgameerde skool het sy tuiste gevind in die gebou van die Jongenskool, terwyl die Laerskool Park die gebou van die Meisieskool betrek het. Die skoolgebou is in 1910 in gebruik geneem, maar reeds in 1913 word gekla oor krake in die mure en stoepe en die ingevalle binneplein. Veranderinge en verbeteringe is voorgestel, maar eers in 1930 is ‘n nuwe dak opgesit. Voor daardie tyd moes klaskamers dikwels op reëndae ontruim word. Vir jare moes die skool sonder ‘n skoolsaal klaarkom totdat daar in 1957 ‘n handwerkblok en skoolsaal gebou is. Die skoolsaal is deur dr J.G Meiring, die destydse S.G.O ingewy. Weens die toename in getalle het die gevoel in die vroeë sestiger-jare ontstaan dat uitbreidings aan die bestaande geboue noodsaaklik was. Planne is opgestel, maar weldra is besef dat uitbreidings aan die ou skool nooit werklik sou beantwoord aan die vereistes van ‘n moderne skool nie. Daar is toe besluit om heeltemal ‘n nuwe gebou op te rig en ‘n begin is gemaak met die beplanning daarvan. Tenders is reeds in 1971 gevra, maar weens ‘n gebrek aan fondse kon daar nie ‘n begin gemaak word met die bouwerk nie. In 1973 is weer tenders gevra. Pilex Foundation is vir ‘n bedrag van R 1 007 367,45 aanvaar. In Januarie 1974 het bouwerk ‘n aanvang geneem en die nuwe gebou is op 19 Maart 1976 betrek. Met dank: Suid-Kaap Advertiser Donderdag 29 April 1976

20/12/2022

.

20/12/2022

Suid Kaap forum

Trots op hierdie leerders wat verkies is as lede van 2018 se Junior Stadsraad
05/09/2017

Trots op hierdie leerders wat verkies is as lede van 2018 se Junior Stadsraad

05/09/2017

Trots op hierdie leerders wat verkies is as lede van die Junior Stadsraad!!

1987 reunie by klubhuis!!
25/08/2017

1987 reunie by klubhuis!!

25/08/2017

1987 matrieks hou reunie !!!!

D**k aan Leroy Joubert se familie wat onlangs oorlede is.😓
02/08/2017

D**k aan Leroy Joubert se familie wat onlangs oorlede is.😓

Ons d**k aan Ruan van Papendorp se familie wat in motorongeluk oorlede is😓
02/08/2017

Ons d**k aan Ruan van Papendorp se familie wat in motorongeluk oorlede is😓

Ons is trots op ons O/16 hokkiespan wat Outeniqua 4/0 gewen het!!!!
02/08/2017

Ons is trots op ons O/16 hokkiespan wat Outeniqua 4/0 gewen het!!!!

Ons oulike 0/17 netpalspan!!!
16/07/2017

Ons oulike 0/17 netpalspan!!!

Ons Grenegy klub dra by tydens Groot "recycle" poging!!
28/06/2017

Ons Grenegy klub dra by tydens Groot "recycle" poging!!

Oulike hokkiespan klop Riversdal!!
06/05/2017

Oulike hokkiespan klop Riversdal!!

Address

Hofmeyrstraat
Mossel Bay
6500

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Punt Hoërskool/ Point High Alumni posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Punt Hoërskool/ Point High Alumni:

Shortcuts

Featured

Share

Category