18/09/2026
🏆💙 Nou is dit amptelik! 💙🏆
Ons het reeds die goeie nuus gedeel dat Curro Mosselbaai as Beste Privaatskool in die Best of Mossel Bay Readers’ Choice Awards 2026 aangewys is – en vandag kon ons dié besondere prestasie weer vier!
Ons Uitvoerende Hoof, Brian O’Neil, en Bemarker, Marlene Smuts, het vandag met trots die amptelike sertifikaat ontvang. 🏆🐾
Hierdie erkenning behoort aan ons hele Wilddog-familie – ons leerders, personeel, ouers en elkeen wat deel is van ons skoolgemeenskap. Dankie dat julle in Curro Mosselbaai glo en vir ons gestem het. 💙
Trots Curro. Trots Wilddog. Trots Mosselbaai. 🐾