Gogga Speelskool

Gogga Speelskool Gogga Speelskool streef na:
🐌 uitmuntendheid
🐛 eerlikheid
🐞 deursigtigheid en
🦋 aanpasbaarheid

Fantasie-sensoriese spel neem kinders op ’n verbeeldingsreis waar klein handjies kan voel, ontdek en skep! ✨Dit onderste...
30/01/2026

Fantasie-sensoriese spel neem kinders op ’n verbeeldingsreis waar klein handjies kan voel, ontdek en skep! ✨
Dit ondersteun kreatiwiteit, taalontwikkeling, konsentrasie en emosionele balans—leer wat net lekker speel is! 🌈

Die Vuurvliegies, Gogga Kleuterskool se Graad RR klas van 2026, het ’n wonderlike eerste paar daggies gehad! 🤩✨ Almal pa...
11/01/2026

Die Vuurvliegies, Gogga Kleuterskool se Graad RR klas van 2026, het ’n wonderlike eerste paar daggies gehad! 🤩✨ Almal pas só mooi aan en ons is ongelooflik trots op elkeen van ons slim, oulike lyfies! 🥰

Môre begin ons lekker met werkies ✍️ en ons tema is “My skool en my maatjies” 🏫👫 ❤️

Daar is geskuif en gepas          Geskrop en gewas 🧽Daar is geprint en geknip ✂️          Gelamineer en op gesitDaar was...
06/01/2026

Daar is geskuif en gepas
Geskrop en gewas 🧽

Daar is geprint en geknip ✂️
Gelamineer en op gesit

Daar was geskuur en geverf🖌️
Toe nuwe fietsies vir die bederf 🛴

Daar is gekap en geboor 🔨
Ons nuwe witborde spog nou voor

Daar was twee dae lank lekker hard gewerk
Ons Gogga personeel kry verseker 1ste plek 🥇

So begin die skool amptelik vir die nuwe jaar 🎆

Oooh, more kan ons met ons Gogga maats baljaar! 🐞🐝🦋🐛🐌




’n Nuwe jaar beteken nuwe drome –drome van leer, speel, ontdek en groei.By Gogga Speelskool glo ons dat elke kind uniek ...
01/01/2026

’n Nuwe jaar beteken nuwe drome –
drome van leer, speel, ontdek en groei.

By Gogga Speelskool glo ons dat elke kind uniek geskape is met ’n doel en ’n droom wat God reeds in hulle hart geplant het.

Mag hierdie jaar een wees waar ons kinders met vreugde leer, met liefde grootword en met geloof vorentoe stap.

🎄✨ Geseënde Kersfees aan al ons Gogga-maatjies, ouers en jul geliefdes ✨🎄Ons wens julle ’n Kersfees toe vol liefde,  vre...
25/12/2025

🎄✨ Geseënde Kersfees aan al ons Gogga-maatjies, ouers en jul geliefdes ✨🎄

Ons wens julle ’n Kersfees toe vol liefde, vreugde en kosbare oomblikke saam.

Kersfees herinner ons aan die ware betekenis van hierdie feestyd —
God se groot liefde vir ons en Jesus, die Lig wat hoop bring en harte verander.

💛 Dankie Jesus dat U gekom het. 💛




23/12/2025

By Gogga Kleuterskool Speelskool begin ons harte al sagter klop namate oukersaand nader kom.

Ons hoop elke Gogga-gesin kry die kans om ’n oomblik stil te word en die ware betekenis van Kersfees te beleef. 🤍

Elke Gogga-maatjie het hul eie klein kersboompie ontvang — party al voor die konsert, ander toe ons sluit — en dit was ’n vreugde om elkeen se geskenkie met liefde voor te berei.

📸 Ons nooi jou uit:
Deel ’n foto van jou Gogga-maatjie se versierde boompie in die "comments"!
Kom ons vul hierdie spasie met liggies, glimlagte en Gogga-Kersfees vreugde. ✨

14/12/2025

Wow, so staan ons aan die einde van nog 'n suksesvolle jaar en groet ons ons Gogga-maats vir die feestyd.

Dit was 'n jaar vol groei, leer, speel en nuwe vriendskappe.

Ons sê ook ’n spesiale totsiens aan ons Gr RR Vuurvliegiemaats, en ons groet hul dié vakansie vir die laaste keer...

Dankie dat julle deel was van ons Gogga-familie – julle laat diep spore agter maar ons weet julle is gereed vir julle volgende avontuur!

Met liefde,
💛 Die Gogga-span

Dankie vir 'n jaar vol groei, pret en klein oorwinnings!!Sluitingsdatums 12 Desember - 7 Januarie
13/12/2025

Dankie vir 'n jaar vol groei, pret en klein oorwinnings!!

Sluitingsdatums 12 Desember - 7 Januarie

'n Gogga Kersspel...
06/12/2025

'n Gogga Kersspel...

Baie dankie AON vir ons onderwysers se bederf. Ons waardeer dit uit ons harte. Groen fluister van lewe en groei — net so...
10/10/2025

Baie dankie AON vir ons onderwysers se bederf. Ons waardeer dit uit ons harte.

Groen fluister van lewe en groei — net soos onderwysers wat elke dag die saad van kennis en hoop plant. 💚

Hierdie span...., Ons Gogga Span, MY Span, dié SPAN!!!!! Daar is nie woorde om te beskryf hoe besonders elkeen van julle...
31/05/2025

Hierdie span...., Ons Gogga Span, MY Span, dié SPAN!!!!!

Daar is nie woorde om te beskryf hoe besonders elkeen van julle is nie.

So bitter baie dankie vir elkeen se harde werk met vandag se WiELiETjiEsDaG en ook al die vooraf beplanning.

Dankie Yolandie Fouché vir jou hart en inisiatief om 'n Inter(kleuter)skole Wieletjiedag te begin het in 2024. Dis 'n voorreg om dit elke jaar saam met julle te kan aanpak. Ons sien uit na nog vele meer wat kom!

Dankie Juffrou Martha Henning vir al jou weke lange beplanning, vergader, reel, koordineer, aan ry, terug ry en gedaan ry... om als vandag so perfek te gehad het.

Ook dankie aan al ons Borge en al ons OUERS wat die dag bygewoon het en moontlik gemaak het! Kyk uit vir ons spesiale Borge-bedanking video in die volgende week.

Aan ons Gogga Ouers, plaas julle gunstelling foto van die dag in ons COMMENTS en LIKE en SHARE dan hierdie post, en wen nog 'n paar laaste PRYSE!



Gogga Speelskool
Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein
Halouw - Make-up Academy

So mooi gestel...I see so many parents feeling overwhelmed by the incredible demands of modern life, and then feeling gu...
14/03/2025

So mooi gestel...

I see so many parents feeling overwhelmed by the incredible demands of modern life, and then feeling guilty for doing the very things we all need to do in order to survive and thrive… It’s OK if your children want more from you than you have to give… That doesn’t mean that you are an adequate parent…it means they are in a stage of development where they simply want a lot from you ❤️

Address

706 Jacques Street
Moreleta Park
0044

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gogga Speelskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Gogga Speelskool:

Shortcuts

Share

Category