Moorreesburg Hoërskool

Moorreesburg Hoërskool Hoërskool in Moorreesburg.

04/09/2026

BOT-PROGRAM: HERINNERING

Geagte ouers en voogde

Hiermee herinner ons u aan die BOT-sessie wat 5 September 2026, om 08:00 plaasvind. Alle geselekteerde leerders moet asseblief die sessies bywoon. Ons moedig ouers aan om leerders te ondersteun en toe te sien dat hulle hierdie krities belangrike akademiese sessies bywoon.

📘 Graad 9: (te MHS)
• EBW

Hierdie ekstra ondersteuning speel ’n belangrike rol in die akademiese sukses van ons leerders. Dankie vir u samewerking en ondersteuning.

Leerders wat van bus vervoer gebruik maak moet asb sorg dat hul betyds by optel punte is.
Riebeek kasteel 6h00
Riebeek Wes 6h00
Koringberg 7h00

Saam kan ons suksesvolle leerders bou! 🌟

Kêrels en mans... wanneer laas het julle julle dames sommer net so, sonder rede, bederf? 🤔Vrydag is om die draai, en as ...
03/09/2026

Kêrels en mans... wanneer laas het julle julle dames sommer net so, sonder rede, bederf?

🤔Vrydag is om die draai, en as jy nie met iets spesiaals by die huis aankom nie, gaan jy beslis punte verloor. Jou meisie of vrou verdien 'n bederf, en die leerders van MHS het die perfekte oplossing om jou uit die moeilikheid te hou (of bloot die gunsteling-skandvlek te wees!).

Ons MHS-leerders begin môre hul eie klein besigheid en verkoop eksklusiewe Mystery-bokse vir meisies propvol heerlike soet bederfies ter waarde van slegs R150. 🍫✨

Moenie die een wees wat met leë hande huistoe gaan terwyl ander mans hul vroue bederf nie!

- 📍 Waar: In die parkeerterrein na skool
- 📅 Wanneer: Elke Vrydag

Kom wys jou liefde, bederf jou dame met die soetste geskenk, en ondersteun terselfdertyd ons leerders! 🎒❤️

03/09/2026
Vandag sê ons dankie aan die twee legendes wat ons almal (onderwysers én leerders) georganiseerd hou. Julle is die gom w...
02/09/2026

Vandag sê ons dankie aan die twee legendes wat ons almal (onderwysers én leerders) georganiseerd hou.

Julle is die gom wat ons skool aanmekaar hou!

🏆💪Ons waardering vir julle is groot!

🌸 Vrouemaand-bederf vir ons Graad 8's! 🌸'n Groot en opregte dankie aan Gift of the Givers en ons plaaslike polisie wat v...
27/08/2026

🌸 Vrouemaand-bederf vir ons Graad 8's! 🌸

'n Groot en opregte dankie aan Gift of the Givers en ons plaaslike polisie wat vandag vir ons gr. 8-dogters pragtige geskenkpakkies gebring het. Julle besoek en woorde het die dames herinner aan hul waarde en potensiaal.

Ons waardeer julle onbaatsugtige diens en omgee vir ons skool! 🙏✨

Ons leerders het vandag deelgeneem aan die WOW spel kompetisie. 👏
26/08/2026

Ons leerders het vandag deelgeneem aan die WOW spel kompetisie. 👏

Address

1 Landbou Street
Moorreesburg
7301

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:45

Telephone

+27221250114

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moorreesburg Hoërskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Moorreesburg Hoërskool:

Share

Category