29/08/2025
Geagte Ouers / Voogde / Gemeenskap
Dit is met groot hartseer dat ons u vanoggend meedeel van een van ons Graad 6 leerders, Caroline Maarman se afsterwe.
Dit was vir ons as skoolgemeenskap 'n groot skok.
Caroline word deur haar klasopvoeder as 'n regte staatmaker en raakvatter beskryf. Haar juffrou se woorde vanoggend: "Ek kon net vir Caroline roep en vra Caroline doen asseblief dit vir my dan was dit gedoen."
Caroline was ook baie gewild onder haar maats. Dit kon vanoggend op die hartseer gesigte gesien en in die rou kreete gehoor word. Jou plekkie is reeds leeg in alle klasse en jou stem stil. Mag hierdie pragtige blom van ons in vrede rus.
Alle sterkte aan Caroline se ouers, broer en susters asook die breë familie en vriendekring.
Hierdie post is geplaas met toestemming van die ouers.
Laurie Hugo groete