Hoërskool Dirkie Uys - Offisieel

Hoërskool Dirkie Uys - Offisieel Hoërskool Dirkie Uys is geleë te Moorreesburg, in die hart van die Swartland.

As een van die voorkeur hoërskole in die omgewing, bied ons 'n uitstekende akademiese grondslag, gekoppel met 'n uitgebreide sport- en kultuurprogram.

SELFMOORD VOORSKOMINGSDAG…Ons personeel staan vandag saam en wys ons ondersteuning deur geel aan te trek. ’n Klein gebaa...
10/09/2026

SELFMOORD VOORSKOMINGSDAG…

Ons personeel staan vandag saam en wys ons ondersteuning deur geel aan te trek. ’n Klein gebaar, maar een wat wys dat ons omgee en dat niemand alleen hoef te staan nie. 💛

Dankie aan ons personeel wat saam hierdie belangrike boodskap ondersteun.

SOSIALE HOKKIE LIGA...Kom neem deel aan die Sosiale Hokkie Liga, Woensdae om 17:15 teen R50 per speler.
09/09/2026

SOSIALE HOKKIE LIGA...

Kom neem deel aan die Sosiale Hokkie Liga, Woensdae om 17:15 teen R50 per speler.

TENNIS…Ons het die afgelope naweek weer ’n suksesvolle Gerrie Berner Tennistoernooi gehad! Baie dankie aan al die skole ...
07/09/2026

TENNIS…

Ons het die afgelope naweek weer ’n suksesvolle Gerrie Berner Tennistoernooi gehad!

Baie dankie aan al die skole wat deelgeneem het en die sterk wind trotseer het. Julle sportmangees en deursettingsvermoë het die toernooi ’n groot sukses gemaak!

Uitslae:
1ste – HTS Drostdy
2de – Hoërskool Hermanus
3de – Hoërskool Bellville
6de – Hoërskool Dirkie Uys

Baie geluk aan al die spelers en skole met julle prestasies!

PERSONEEL...Vandag verjaar me. Nienke Senekal. Ons wens vir u 'n voorspoedige lewensjaar toe. Baie geluk!
04/09/2026

PERSONEEL...

Vandag verjaar me. Nienke Senekal. Ons wens vir u 'n voorspoedige lewensjaar toe. Baie geluk!

Gelukkige Sekretaressedag!Vandag sê ons baie dankie aan ons twee ongelooflike dames agter die skerms – Mev. Rust by Ontv...
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag!

Vandag sê ons baie dankie aan ons twee ongelooflike dames agter die skerms – Mev. Rust by Ontvangs en Mev. Nortier by Finansies.

Dankie vir julle harde werk, geduld, vriendelikheid en al die dinge wat julle elke dag doen wat dikwels ongesiens verbygaan. Julle is ’n onmisbare deel van ons skool en sorg dat alles agter die skerms glad verloop.

SOSIALE HOKKIE LIGA...Die Sosiale Hokkie Liga begin weer vanaf die 9de September 2026. Woensdae om 17:15R20 per persoonL...
02/09/2026

SOSIALE HOKKIE LIGA...

Die Sosiale Hokkie Liga begin weer vanaf die 9de September 2026.

Woensdae om 17:15
R20 per persoon

Leerders van Hoër- en Laerskool Dirkie Uys speel verniet!

VERBRUIKERSTUDIE…Ons Gr. 11 Verbruikerstudie leerders staan vandag gereed as kelners by die Swartlandskou Damesdag. Ons ...
02/09/2026

VERBRUIKERSTUDIE…

Ons Gr. 11 Verbruikerstudie leerders staan vandag gereed as kelners by die Swartlandskou Damesdag.

Ons wens julle alles van die beste toe! Mag julle die geleentheid geniet, julle beste voetjie voorsit en met trots ons skool verteenwoordig.

VAN ONS SKOOLBANK TOT LEIER IN DERMATOLOGIE…Ons harte bars van trots oor oud-skolier en voormalige hoofseun (1991), Dr W...
02/09/2026

VAN ONS SKOOLBANK TOT LEIER IN DERMATOLOGIE…

Ons harte bars van trots oor oud-skolier en voormalige hoofseun (1991), Dr Willie Visser, met sy verkiesing as die nuwe President van die Dermatologie Vereniging van Suid-Afrika (DSSA)!

Van sy dae as hoofseun by Hoërskool Dirkie Uys tot hierdie besondere prestasie op nasionale vlak – Dr Visser is ’n ware voorbeeld van uitnemendheid, leierskap en toewyding.

Ons is ongelooflik trots om hom ’n oud-skolier van ons skool te kan noem en wens hom baie geluk met hierdie welverdiende prestasie. Mag sy leierskap en kundigheid ’n blywende invloed hê op die veld van dermatologie in Suid-Afrika.

Baie geluk, Dr Visser!

DANKIE…Baie dankie aan EDUVOS vir die heerlike warm sjokolade waarmee julle ons matrieks bederf het om vir hulle sterkte...
02/09/2026

DANKIE…

Baie dankie aan EDUVOS vir die heerlike warm sjokolade waarmee julle ons matrieks bederf het om vir hulle sterkte toe te wens met die eksamen!

Ons matrieks het gister hul eerste NSS-vraestel – Lewensoriëntering – voltooi.

Die lente het aangebreek en ons skool blom behoorlik! Dankie aan ons VRL vir die pragtige en kreatiewe versierings op el...
01/09/2026

Die lente het aangebreek en ons skool blom behoorlik!

Dankie aan ons VRL vir die pragtige en kreatiewe versierings op elke klaskamer se deur. Julle het die lentegees perfek vasgevang!

Address

C/o Heuwel & Tuin Street
Moorreesburg
7310

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27224332253

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Dirkie Uys - Offisieel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Dirkie Uys - Offisieel:

Shortcuts

Share

Category