16/03/2026
Met groot hartseer en swaar harte neem ons as A.F. Kriel Primêr kennis van die skielike afsterwe van Jerome Louw.
Jerome was ’n oud-leerder van ons skool en sal altyd onthou word as deel van die A.F. Kriel-familie. Hy het sy spore op ons skoolgronde gelaat, en baie van ons dra kosbare herinneringe van hom saam.
In hierdie baie moeilike tyd gaan ons innige simpatie uit na sy kinders, lewensmaat, sy moeders, familie en vriende. Mag julle krag en troos vind in die liefde en ondersteuning van die gemeenskap rondom julle.
“Salig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.”
— Matteus 5:4
Rus sag, Jerome. Jou plek in ons skool se storie sal altyd onthou word.
— A.F. Kriel Primêr