Ben Vorster Matriek Reunie 1993

Ben Vorster Matriek Reunie 1993

Share

30 jaar later - Tsekama Private Game Lodge 15 - 17 September 2023! RSPV voor of op 1 Julie 2023 Tyd: 17.00 vir 17.30 . Drag: Informeel .

Die reunie vind plaas op Saterdag, 14 September 2013 by die Buffelskraal Kafeteria (nie meer Highgrove Lodge). Koste: R200 per volwassene en R50 per kind. Meer inligting en RSVP: Rosa Brink 082 781 7728 of [email protected].

Tsekama Wedding Venue in Limpopo - Tsekama Wedding Venue in Limpopo 22/01/2023

Halloooooo julle Almal van Lizza af!
Tien jaar later en hier gaan ons weer…Brille en pille en al!
Stof jou kuier skoene af, vryf jou bril skoon en klits jou bolla reg, trek jou maag in (onthou julle bloed-druk pille en kierries) en kom kuier saam met ons by Tsekama Private Game Lodge 15 - 17 September 2023 vir ons 30 jaar skool reünie.
Ek en Bertus het die hele lodge bespreek net vir ons reunie vir die hele naweek so daar is genoeg plek en ons kan bos gaan. Elkeen is steeds verantwoordelik vir hul eie verblyf bespreking en die wat by Tsekama bly se ontbyt is ingesluit by die verblyf vir die Saterdag en Sondagoggend.
Klik op: https://www.tsekama.co.za/ vir jou bespreking.
Indien jy nie daar wil bespreek nie, sien asb lys van name met addisionele plekke rondom Tsekama beskikbaar vir besprekings op hulle webtuiste.
Ons het ook onderhandel vir spesiale tariewe rakende die etes vir die hele naweek en tans beloop koste R440.00 per persoon vir ons ete’s: Vrydagaand, Saterdagmiddag en Saterdagaand tydens die gala funksie.
Indien ons enige borge of skenkings ontvang sal ons dit aanwend soos benodig om koste te besnoei.
En WHOOP-WHOOP….na onderhandelings mag ons, ons eie drankies voorsien vir die hele naweek, maar ‘n kontant-kroeg is beskikbaar – (Dalk wil iemand vir almal ‘n rondte op die huis kry?)
4x4 ritte is ook beskikbaar om die wild te besigtig sou jy jou eie voertuig wil gebruik – GRATIS!
Kampeer plekker is ook besikibaar – Tent / Karavaan. (Sien webtuiste)
RSPV asb voor of op 1 Julie 2023 aangesien ons dan betalings vir die kos moet oorbetaal.
Bankbesonderhede sal nader aan die tyd verskaf word.
Hierdie groep is asb vir elkeen om deel te wees en weer bande op te tel met mekaar. Elkeen is welkom om fotos van hulle familie, kinders en klein-kinders te plaas. (Kom oupas en oumas)
Of jy nou reünie toe kom of nie jy is welkom om op die groep te bly.
Baie van julle woon oorsee en ons wil graag dat julle deel in die lekker.
Bertus De Bruyn is my regter hand met alle reëlings en ook verantwoordelik vir alle logo’s, videos en ook die Face Book bladsy vir almal wat daar wil gesels ook.
Vir enige navrae kontak asb vir Bertus of myself.
Indien daar enige name is wat julle nie hier sien nie …ASSEBLIEF stuur dit vir ons aan op die groep. Daar is nog ‘n hele paar wat ons kort en ook die wat glad nie antwoord nie, ons wil nie iemand mis of uitlaat nie.
Nou toe, boek jou plek sommer baie gou en kom kuier heerlik saam.

Groete Bertus en Lizinda

Tsekama Wedding Venue in Limpopo - Tsekama Wedding Venue in Limpopo We offer the complete wedding package, personalized service and attention. We understand the dreams and wishes of every bride and groom, and we will go the extra mile to make sure that all requirements are met.

22/01/2023
Untitled album 20/09/2013

20 jaar Reunie

17/09/2013

Post asb al julle foto's van die reünie. Ek sien ek het nie almal op nie!!

15/09/2013

Wat 'n ongelooflike lekker kuier was dit nie!!! 😄👍🌟
Dankie almal vir 'n fantastiese aand. Hou dop vir foto's...

13/09/2013

Vir al die manne...die rugby sal aan wees in Buffelskraal 17.00 môre!!!

Want your school to be the top-listed School/college in Modimolle?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Modimolle