03/09/2026
🕊️ In LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN
Veronisha Julizia Bezuidenhout Graad 10 A 🕊️
Met diepe hartseer neem Middelland Sekondêre Skool afskeid van een van ons geliefde leerders,
Veronisha J Bezuidenhout.
Veronisha was ’n sagte, vriendelike en rustige leerder.💐
Sy het ’n besondere manier gehad om sonder veel woorde ’n mens se hart te raak.
Haar sagte geaardheid, vriendelikheid en rustige teenwoordigheid het haar geliefd gemaak onder haar medeleerders en onderwysers.
Sy was die tipe leerder wat maklik kon inkruip in die harte van haar onderwysers.
Haar teenwoordigheid in ons skool sal onthou word, en haar afwesigheid sal diep gevoel word.
Hoewel haar tyd saam met ons veels te kort was, het sy ’n blywende indruk in die harte van dié wat haar geken het, gelaat.
Haar glimlag, haar sagmoedigheid en die mooi mens wat sy was, sal altyd deel wees van die herinneringe wat ons koester.
Veronisha, jou skoolfamilie sal jou onthou.
Ons sal jou naam met liefde noem, jou lewe met waardering onthou en jou plek in ons harte vir altyd bewaar.
Rus sag, liewe Veronisha.
Mag jy vir ewig in vrede rus. 🕊️
Ons innige meegevoel aan haar familie, vriende, medeleerders en almal wat haar met liefde geken het.
Mag julle in hierdie moeilike tyd krag, troos en vrede vind.
Die Prinsipaal, Personeel, Leerders & Skool Beheerliggaam
Middelland Senior Sekondêre Skool