30/09/2026
Ons hoofseun, Altus Bester, het aan die Sedibeng T50 reeks deelgeneem en 'n algehele vierde plek uit 172 spelers behaal. Hy neem hierdie naweek aan Sentraal Gauteng Interprovinsiale proewe deel. Indien hy vir hierdie span kwalifiseer, speel hy 1 tot 4 Desember 2026 in die Interprovinsiale Nasionale kriekettoernooi. Hierdie is 'n groot prestasie, Altus! Geniet die proewe!