YouthBenefit at ERT. Sasolburg. South Africa

YouthBenefit at ERT. Sasolburg. South Africa The YouthBenefit@ERT initiative. Development Programme
Purpose:
Enrich a life through the arts! Community

Make it possible for learners and students from Vaal Triangle communities to attend performances at the ERT.

“88” met Rocco de Villiers & Coenie de Villiers‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie ge...
16/10/2025

“88”
met Rocco de Villiers & Coenie de Villiers

‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie produksie saam. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars. Hulle style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: Die klavier. In die proses skep hierdie musikante ‘n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie. “Ontspan - ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”
GENRE:
Musiekteater
OUDERDOMSPERK:
Geen – gesinsvriendelik
TEKS & MUSIEK
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
REGIE
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
PRODUKSIEHUIS
CDV Market Ideation Edms(Bpk)
OP DIE VERHOOG
Rocco de Villiers: Klavier en klawers
Coenie de Villiers: Klavier en klawers

Besprekings: www.ertickets.com
Info: [email protected]

Address

Metsimaholo

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when YouthBenefit at ERT. Sasolburg. South Africa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to YouthBenefit at ERT. Sasolburg. South Africa:

Share