Amelia RGG

Amelia RGG Brain-Based Neuro Wellness Practitioner
Helping women UNCOVER what has been shaping their thoughts, emotions, and patterns.

So they can DISCOVER who they truly are and LIVE with freedom, confidence, and purpose.

๐—›๐—ฒ ๐—ฐ๐—ผ๐—บ๐—ณ๐—ผ๐—ฟ๐˜๐˜€ ๐˜‚๐˜€... ๐˜€๐—ผ ๐˜„๐—ฒ ๐—ฐ๐—ฎ๐—ป ๐—ฐ๐—ผ๐—บ๐—ณ๐—ผ๐—ฟ๐˜ ๐—ผ๐˜๐—ต๐—ฒ๐—ฟ๐˜€. ๐ŸคSome of the deepest compassion I carry was born from the hardest seasons I'...
30/07/2026

๐—›๐—ฒ ๐—ฐ๐—ผ๐—บ๐—ณ๐—ผ๐—ฟ๐˜๐˜€ ๐˜‚๐˜€... ๐˜€๐—ผ ๐˜„๐—ฒ ๐—ฐ๐—ฎ๐—ป ๐—ฐ๐—ผ๐—บ๐—ณ๐—ผ๐—ฟ๐˜ ๐—ผ๐˜๐—ต๐—ฒ๐—ฟ๐˜€. ๐Ÿค

Some of the deepest compassion I carry was born from the hardest seasons I've walked through.

The challenges you survived may become the very place where someone else finds hope.

God never wastes our suffering. He meets us in it, strengthens us through it, and then uses our story to remind others that they are not alone.

If you're in a difficult season today, don't lose heart. The comfort you're receiving today may one day become someone else's miracle.

"๐‘ฏ๐’† ๐’‚๐’๐’˜๐’‚๐’š๐’” ๐’„๐’๐’Ž๐’†๐’” ๐’‚๐’๐’๐’๐’ˆ๐’”๐’Š๐’…๐’† ๐’–๐’” ๐’•๐’ ๐’„๐’๐’Ž๐’‡๐’๐’“๐’• ๐’–๐’” ๐’Š๐’ ๐’†๐’—๐’†๐’“๐’š ๐’”๐’–๐’‡๐’‡๐’†๐’“๐’Š๐’๐’ˆ ๐’”๐’ ๐’•๐’‰๐’‚๐’• ๐’˜๐’† ๐’„๐’‚๐’ ๐’„๐’๐’Ž๐’† ๐’‚๐’๐’๐’๐’ˆ๐’”๐’Š๐’…๐’† ๐’•๐’‰๐’๐’”๐’† ๐’˜๐’‰๐’ ๐’‚๐’“๐’† ๐’Š๐’ ๐’‚๐’๐’š.." 2 ๐‘ช๐’๐’“๐’Š๐’๐’•๐’‰๐’Š๐’‚๐’๐’” 1:4


๐ŸŒฟ๐Ÿค

Hoe baie van ons leef asof ons voortdurend in die truspieรซltjie kyk?Ons wens ons kon sekere dinge verander.Ander besluit...
24/07/2026

Hoe baie van ons leef asof ons voortdurend in die truspieรซltjie kyk?

Ons wens ons kon sekere dinge verander.
Ander besluite neem.
Sekere seerkry ongedaan maak.

Die waarheid is...

Jy kan nie jou verlede verander nie.
Maar jy kan verander hoe dit jou toekoms beรฏnvloed.

Dis presies hoekom die The DISCOVERโ„ข Method ontwikkel is.

Nie om mense te help vergeet wat met hulle gebeur het nie.

Maar om te help verstaan wat hulle gevorm het, hoe dit steeds hul denke, emosies en reaksies beรฏnvloed, en hoe hulle weer met vryheid vorentoe kan leef.

Want wanneer jy verstaan wat jou gevorm het, hoef jou verlede nie langer jou rigting te bepaal nie.

Het jy al ooit gewonder hoekom jy steeds op dieselfde manier reageer... al weet jy jy wil anders?Hoekom sekere woorde jo...
14/07/2026

Het jy al ooit gewonder hoekom jy steeds op dieselfde manier reageer... al weet jy jy wil anders?

Hoekom sekere woorde jou so diep raak?
Hoekom dit voel asof jy altyd op jou hoede is?
Hoekom jy steeds skuld, skaamte of angs dra, al is die gebeurtenis lankal verby?

Die waarheid is...
Baie van ons reaksies begin nie in die hede nie.
Dit begin by patrone wat ons brein en senuweestelsel jare gelede geleer het om ons te help oorleef.
En totdat ons dit begin verstaan, d**k ons dikwels daar is iets fout met รณns.

Maar wat as dit nie waar is nie?

๐๐ž๐ฐ๐ฎ๐ฌ๐ฐ๐จ๐ซ๐๐ข๐ง๐  ๐ฏ๐ž๐ซ๐š๐ง๐๐ž๐ซ ๐ง๐ข๐ž ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ฏ๐ž๐ซ๐ฅ๐ž๐๐ž ๐ง๐ข๐ž. ๐ƒ๐ข๐ญ ๐ฏ๐ž๐ซ๐š๐ง๐๐ž๐ซ ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐ฎ๐๐ข๐ง๐  ๐๐š๐š๐ซ๐ฆ๐ž๐ž. ๐„๐ง ๐ฐ๐š๐ง๐ง๐ž๐ž๐ซ ๐๐ข๐ญ ๐ ๐ž๐›๐ž๐ฎ๐ซ, ๐ฏ๐ž๐ซ๐š๐ง๐๐ž๐ซ ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ญ๐จ๐ž๐ค๐จ๐ฆ๐ฌ ๐จ๐จ๐ค.

Hierdie is die begin van 'n gesprek wat ek al lank in my hart dra.
'n Gesprek oor die brein, die senuweestelsel, identiteit... en hoe ware verandering begin wanneer ons verstaan wat regtig binne ons aangaan.






๐“๐ก๐ข๐ฌ ๐ข๐ฌ๐ง'๐ญ ๐š๐›๐จ๐ฎ๐ญ ๐›๐ž๐œ๐จ๐ฆ๐ข๐ง๐  ๐ฌ๐จ๐ฆ๐ž๐จ๐ง๐ž ๐ง๐ž๐ฐ.๐ˆ๐ญ'๐ฌ ๐š๐›๐จ๐ฎ๐ญ DISCOVER ๐ฐ๐ก๐จ ๐ฒ๐จ๐ฎ ๐ญ๐ซ๐ฎ๐ฅ๐ฒ ๐š๐ซ๐ž.Because....I don't believe women are broken....
07/07/2026

๐“๐ก๐ข๐ฌ ๐ข๐ฌ๐ง'๐ญ ๐š๐›๐จ๐ฎ๐ญ ๐›๐ž๐œ๐จ๐ฆ๐ข๐ง๐  ๐ฌ๐จ๐ฆ๐ž๐จ๐ง๐ž ๐ง๐ž๐ฐ.
๐ˆ๐ญ'๐ฌ ๐š๐›๐จ๐ฎ๐ญ DISCOVER ๐ฐ๐ก๐จ ๐ฒ๐จ๐ฎ ๐ญ๐ซ๐ฎ๐ฅ๐ฒ ๐š๐ซ๐ž.

Because....
I don't believe women are broken.
I believe they've simply become disconnected from themselves.



๐†๐ž๐ง๐ž๐ฌ๐ข๐ง๐  ๐ ๐ž๐›๐ž๐ฎ๐ซ ๐ง๐ข๐ž ๐š๐ฅ๐ญ๐ฒ๐ ๐ข๐ง ๐ ๐ซ๐จ๐จ๐ญ ๐๐ž๐ฎ๐ซ๐›๐ซ๐š๐ค๐ž ๐ง๐ข๐ž.Ons leef in 'n wรชreld wat ons leer om altyd meer te doen, harder te pro...
24/06/2026

๐†๐ž๐ง๐ž๐ฌ๐ข๐ง๐  ๐ ๐ž๐›๐ž๐ฎ๐ซ ๐ง๐ข๐ž ๐š๐ฅ๐ญ๐ฒ๐ ๐ข๐ง ๐ ๐ซ๐จ๐จ๐ญ ๐๐ž๐ฎ๐ซ๐›๐ซ๐š๐ค๐ž ๐ง๐ข๐ž.

Ons leef in 'n wรชreld wat ons leer om altyd meer te doen, harder te probeer en vinniger vorentoe te beweeg. Daarom d**k baie van ons dat genesing ook groot, dramatiese oomblikke moet wees.

Maar dikwels gebeur die diepste verandering juis in die stil oomblikke.

Wanneer jy vir die eerste keer in maande rustig asemhaal.
Wanneer jou liggaam nie meer op hoรซ gereedheid leef nie.
Wanneer jy besef jy hoef nie alles vandag uit te figureer nie.
Wanneer jy veilig genoeg voel om net te wees.

Jou senuweestelsel het nie nog druk nodig nie.
Sy het veiligheid nodig.

Want wanneer die liggaam veilig voel, kan die hart begin herstel.
Wanneer die hart herstel, kan jou helderheid terugkeer.
En wanneer helderheid terugkeer, begin jy weer onthou wie jy is.

Miskien is vandag nie die dag vir 'n groot deurbraak nie.

Miskien is vandag net die dag vir 'n warm koppie koffie, 'n diep asemteug en 'n sagte herinnering:

๐‰๐ฒ ๐ก๐จ๐ž๐Ÿ ๐ง๐ข๐ž ๐ฃ๐จ๐ฎ๐ฌ๐ž๐ฅ๐Ÿ ๐ซ๐ž๐  ๐ญ๐ž ๐ฆ๐š๐š๐ค ๐ง๐ข๐ž. ๐‰๐ฒ ๐ฆ๐š๐  ๐ง๐ž๐ญ ๐ž๐ž๐ซ๐ฌ ๐ซ๐ฎ๐ฌ.๐Ÿค

โ˜•๐ŸŒฟ๐Ÿค

L๐že๐ฌ ๐กi๐žr๐i๐ž ๐šs j๐ฒ ๐ฏo๐žl j๐ฒ ๐ e๐ž ๐žn g๐že, ๐ฆa๐šr n๐ขk๐ฌ ๐จo๐ซ ๐กe๐ญ ๐งi๐ž!!Het iemand jou al gevra hoe dit regtig met jou gaan nie? E...
27/05/2026

L๐že๐ฌ ๐กi๐žr๐i๐ž ๐šs j๐ฒ ๐ฏo๐žl j๐ฒ ๐ e๐ž ๐žn g๐že, ๐ฆa๐šr n๐ขk๐ฌ ๐จo๐ซ ๐กe๐ญ ๐งi๐ž!!

Het iemand jou al gevra hoe dit regtig met jou gaan nie?

Ek wil.

En ek soek nie die โ€œekโ€™s fineโ€ of "dit gaan goed" antwoord nie, ek soek die eerlike een.

Want baie maโ€™s dra swaar in die stilte.
En dit hoef nie so te wees nie.

Die is โ€™n uitnodiging:
๐‘‚๐‘š ๐‘ค๐‘’๐‘’๐‘Ÿ ๐‘๐‘ฆ ๐‘—๐‘œ๐‘ข๐‘ ๐‘’๐‘™๐‘“ ๐‘–๐‘› ๐‘ก๐‘’ ๐‘โ„Ž๐‘’๐‘๐‘˜.
๐‘‚๐‘š ๐‘œ๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘Ÿ๐‘ ๐‘ก๐‘’๐‘ข๐‘›๐‘–๐‘›๐‘” ๐‘ก๐‘’ ๐‘œ๐‘œ๐‘Ÿ๐‘ค๐‘’๐‘’๐‘”.
๐‘‚๐‘š ๐‘ก๐‘’ ๐‘œ๐‘›๐‘กโ„Ž๐‘œ๐‘ข ๐‘—๐‘ฆ โ„Ž๐‘œ๐‘’๐‘“ ๐‘›๐‘–๐‘’ ๐‘Ž๐‘™๐‘™๐‘’๐‘’๐‘› ๐‘ก๐‘’ ๐‘‘๐‘Ÿ๐‘Ž ๐‘›๐‘–๐‘’.

Jy is belangrik.
Nie net oor wat jy doen nie, maar oor wie jy is. ๐Ÿค

As hierdie met jou praatโ€ฆ stuur vir my โ€™n boodskap.
Ek wil graag die pad saam met jou stap.

Amelia


๐‰๐ฒ ๐ค๐š๐ง ๐ง๐ข๐ž ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ฅ๐ข๐ ๐ ๐š๐š๐ฆ ๐ฌ๐ค๐ž๐ข ๐ฏ๐š๐ง ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ž๐ฆ๐จ๐ฌ๐ข๐ž๐ฌ ๐ง๐ข๐ž.Wanneer jy konstant stres of vrees word jou senuweestelsel oorlaai, jou ...
24/05/2026

๐‰๐ฒ ๐ค๐š๐ง ๐ง๐ข๐ž ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ฅ๐ข๐ ๐ ๐š๐š๐ฆ ๐ฌ๐ค๐ž๐ข ๐ฏ๐š๐ง ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ž๐ฆ๐จ๐ฌ๐ข๐ž๐ฌ ๐ง๐ข๐ž.

Wanneer jy konstant stres of vrees word jou senuweestelsel oorlaai,
jou slaap ly daaronder,
jou energie vlekke daal,
jou geduld raak min en
frustrasie word meer.

En dan wonder jy hoekom alles net โ€œte veelโ€ voel?โ€ฆ
Dis omdat jou sisteem oorlaai is.

Ware welstand beteken:
rus vir jou liggaam
kalmte vir jou brein
spasie vir jou emosies

Jy hoef nie nog harder te probeer nie, jy moet net leer hoe om jouself te reguleer.

Daar is krag in regulasie. ๐Ÿค


Daar is vir jou geleer:โ€œโ€™n Goeie ma sit haarself laaste.โ€EN waar het dit jou gebring?Moeg.Emosioneel oorlaai.Soms selfs ...
20/05/2026

Daar is vir jou geleer:
โ€œโ€™n Goeie ma sit haarself laaste.โ€

EN waar het dit jou gebring?

Moeg.
Emosioneel oorlaai.
Soms selfs verwyderd van jouself.

SELFSORG is nie 'n luuksheid nie. Dis noodsaaklik.

Wanneer jy jou liggaam voed, jou brein kalmeer,
en jou emosies erken, word jy nie minder van โ€™n ma nieโ€ฆ
jy word โ€™n meer teenwoordige een.

Jou kinders het nie โ€™n perfekte ma nodig nie.
Hulle het โ€™n GEREGULEERDE ma nodig.

En dit begin by jou. ๐ŸŒฟ




Jy probeer sterk wees vir almal. Maar binne-in voel jy uitgeput, Kortaf, Oorweldig en Skuldig daaroor. Jy vra jouself: โ€œ...
13/05/2026

Jy probeer sterk wees vir almal.
Maar binne-in voel jy uitgeput, Kortaf, Oorweldig en Skuldig daaroor.

Jy vra jouself:
โ€œHoekom voel ek so?
Ek behoort dankbaar te weesโ€ฆโ€

Hier is wat jy moet hoor:

Jy kan nie uit โ€™n leรซ emmer gee nie.

Nie geduld nie.
Nie liefde nie.
Nie energie nie.

Wanneer jy jouself ignoreer, begin jou liggaam en jou emosies harder praat.

Dalk is hierdie nie โ€™n teken dat jy faal nieโ€ฆ
maar dat jy aandag nodig het.

Jy hoef nie eers alles reg te hรช nie.
Jy hoef net te begin luister na die binnekant van jou hart. ๐Ÿค

Vandag eer ek elke MOEDERโ€ฆ ๐ŸคNie net een tipe nie,maar ALMAL.Ek eer die MA wat altyd sterk is,selfs wanneer niemand haar ...
10/05/2026

Vandag eer ek elke MOEDERโ€ฆ ๐Ÿค

Nie net een tipe nie,
maar ALMAL.

Ek eer die MA wat altyd sterk is,
selfs wanneer niemand haar trane sien nie.

Ek eer die sagte MA,
wat met liefde lei en met geduld bou.

Ek eer die MA wat werk en voorsien,
en die een wat by die huis bly en dra.

Ek eer die MA wat moes aanhou
deur verlies, verandering en onsekerheid.

Ek eer die MA wat nog leer,
wat soms twyfel, maar steeds opdaagโ€”elke dag.

Ek eer die MA wat haarself soms verloor het
in die geeโ€ฆ
en stadig weer besig is om haarself te vind.

Ek eer die stil opofferings,
die laat nag bekommernisse,
die klein oomblikke van liefde wat niemand sien nie,
maar wat alles beteken.

Vandag gaan nie oor perfeksie nie.
Dit gaan oor JOU HART.

En alles wat jy dra, gee en is.

Jy is waardevol.
Jy maak meer van โ€™n verskil as wat jy ooit sal weet. ๐ŸŒฟ
Jy word gesien.

GELUKKIGE MOEDERSDAG aan elke MA. ๐Ÿค


Address

Potgietersrus
Messina
0900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amelia RGG posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Amelia RGG:

Shortcuts

Share

Category