Tante Alie - Konfyt & Boerseep

Tante Alie - Konfyt & Boerseep 2 Boervrouens maar ook ma en dogter span. Ons maak egte Karoo Konfyt, maar ook n Paar met n twist. Chutneys en gebottelde slaaie is ook by ons te Koop.

En moenie die egte oudtydse boerseep vergeet Nie. Hierdie Kom Alles uit Ouma Se plaaskombuis resepte.

Die lieflikste olie Produkte.
08/05/2026

Die lieflikste olie Produkte.

Gewortel in geloof en geïnspireer deur die helende skoonheid van God se skepping, is ons besigheid gebore uit ’n diep begeerte om vrede, herstel en doelgerigte leefwyse terug te bring na alledaagse oomblikke.
Ons glo dat die aarde die vingerafdrukke van die Skepper dra - deur olies, kruie, heuning, olywe, granaat, kremetart en elke natuurlike gawe wat Hy liefdevol in ons hande geplaas het.

Elke produk word met gebed, sorg, suiwerheid en doel vervaardig. Van salwingsolies en genesende mengsels tot olyfsepe, liggaamsolies, badsoute, kruieskroppe, lipsalfies, kruie tee, speserye en voedende botters — elke item word geskep om die liggaam te dien, die siel te kalmeer en ruimte te maak vir stilte en welstand.

Ons hart is om geloof, natuurlike leefstyl en sagte selfversorging saam te weef in produkte wat mense herinner dat hulle geliefd, herstel en veilig in God se hande is. Of jy ondersteuning, genesing, vertroosting, rus of bloot ’n oomblik nodig het om weer asem te haal - ons gebed is dat elke bottel, fles en mengsel vrede na jou huis en liggaam sal bring.

Vir ons is dit meer as net ’n besigheid - dit is ’n bediening van geur, genesing en hoop.

28/04/2026

VOETSPORE VAN ROEPING – VROUE KAMP 🌿

Kom stap saam op ’n reis van verdieping, stilte en gehoorsaamheid…
’n Tyd waar jy weer die sagte stem van die Here kan hoor en jou roeping nuut ontdek.
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis elke dag opneem en My volg.” Lukas 9:23
Hierdie kamp is meer as net ’n wegbreek - dit is ’n dissipelskap ervaring.
Ons is geroep om Hom te volg… nie net in woorde nie, maar in ons daaglikse lewe. Hierdie naweek gaan jou help om prakties te groei in jou wandel saam met Jesus.

✨ Wat kan jy verwag?
• Diep tye van Woord en Gebed
• Stil word in Sy teenwoordigheid
• Egte gemeenskap met ander vroue
• Praktiese dissipelskap en geestelike groei

🌸 Alles ingesluit:
• Middag- en aandetes
• Koffie- en tee stasie met beskuit
• Kursusmateriaal
• Pragtige staproetes in die natuur
• ’n Spesiale geskenkpakkie vir elke vrou
• VERBLYF Vir 2 nagte ingesluit (2 persone per kamer)

📍 Plek: Letterhuis Aswater Plaas, Prince Albert

📅 Datum: 22–24 Mei 2026
💰 Koste: R3500
⚠️ Slegs 12 plekke beskikbaar!

BESPREEK VOOR 15 MEI 2026

Bespreek by [email protected] of 0609634812

Kom los die geraas van die wêreld agter…
Kom vind weer jou plek in Sy voetspore. 👣

28/04/2026
11/09/2024

Ons kook en verpak en dit gaan oes. Maar ons doen dit met n dankbare hart.
Hierdie produkte sal die Vrydagaand by die Merweville Lam- en Olyffees se Kom ons Proe ete wees.... Moet dit nie mis nie.

Sjoe julle dis oor 2 weke weer die jaarlikse Lam en Olyf fees Merweville Lam- en Olyffees en ons het weer n stalletjie d...
08/09/2024

Sjoe julle dis oor 2 weke weer die jaarlikse Lam en Olyf fees Merweville Lam- en Olyffees en ons het weer n stalletjie daar. Sien jou daar

Kom kry die smaak van die Karoo by Merweville se Lam- en Olyffees deur Tante Alie - Konfyt & Boerseep se heeeerlike konfyte en chutneys te probeer saam met vars, warm bakbrood - Reg uit die plaaskombuis!

Happy new year🎆
31/12/2023

Happy new year🎆

En dis fees naweek. Kom ervaar die Karoo en sy mense. Kom geniet heerlike vleis en hartlikheid. Kom ondersteun elke indi...
22/09/2023

En dis fees naweek. Kom ervaar die Karoo en sy mense. Kom geniet heerlike vleis en hartlikheid. Kom ondersteun elke individue se handgemaakte items by hul stalletjies. Kyk uit vir diebgroen vlae. Want dis waar die dinge gebeur.
Mag God hierdie naweek en fees seën🙌

Kom maak n draai by ons heel eerste fees op Merweville.Al my produkte is te koop op die fees en wo ook nog baie ander bo...
31/08/2023

Kom maak n draai by ons heel eerste fees op Merweville.
Al my produkte is te koop op die fees en wo ook nog baie ander boervroue se handgemaakte items en kos geregte.
Bespreek ook vooraf vir die werks winkels en aktieweteite soos aangedui op die program.
Dit verseker dat ons vir jou n geskenk pakkie kan gee by elke werkswinkel.
👇👇🤠👇👇

👇👇👇👇
16/08/2023

👇👇👇👇

Heerlike eksotiese tuisgemaakte konfyte en Chutneys sal Saterdag, 23 September, beskikbaar wees om te koop by die Tante Alie stalletjie. Smul lekker saam met vars gebakte plaasbrood.
Kom proe ook die konfyt en Chutney by Vrydagaand, 22 September, se "Kom Ons Proe" ete.

Address

Remhoogte Plaas
Merweville
6932

Telephone

072 593 1503

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tante Alie - Konfyt & Boerseep posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Tante Alie - Konfyt & Boerseep:

Shortcuts

Share