Laerskool Merweville

Laerskool Merweville Laerskool Merweville is 'n klein skooltjie met 'n groot hart. Gelee in die Koup. Volhard en Oorwin

07/09/2026

Elke goeie reis begin met ’n kaart... en by die Lam- en Olyffees begin joune by Laerskool Merweville!

Hier is waar jy moet inloer sodra jy in die dorp aankom. Kry jou padkaart en program, vind uit wat waar gebeur en beplan jou feesnaweek van begin tot einde.

Maar moenie net vinnig kom haal wat jy nodig het en weer ry nie! Daar is baie meer om te ontdek. Kom kyk na die fotogalery, neem ’n oomblik om ons historiese skoolgebou te waardeer en kry sommer jou eerste voorsmakie van die stories en mense wat Merweville so besonders maak.

Vrydag & Saterdag
08:00

🌟 Leerder van die Maand – Augustus 🌟Baie geluk aan Kay-Heisa Fredericks (Graad 4) wat aangewys is as ons Leerder van die...
02/09/2026

🌟 Leerder van die Maand – Augustus 🌟

Baie geluk aan Kay-Heisa Fredericks (Graad 4) wat aangewys is as ons Leerder van die Maand vir Augustus!

Al is Kay-Heisa nog nuut by ons skool, het sy reeds ’n groot indruk op haar maats en onderwysers gemaak met haar fantastiese gedrag, beide by die skool én in die koshuis. Sy doen altyd haar werk met toewyding, en sodra sy klaar is, gryp sy ’n boek en begin lees.
Haar liefde vir lees maak haar onderwysers besonders opgewonde, en haar goeie maniere, positiewe houding en aangename geaardheid maak haar ’n ware plesier om in die klas te hê.

Ons is baie trots op jou, Kay-Heisa! Mag jou liefde vir leer en lees nog baie mooi paaie vir jou oopmaak.

Ons leerders wys vandag hul staan saam agter die Springbokke vir môre se groot wedstryd!
28/08/2026

Ons leerders wys vandag hul staan saam agter die Springbokke vir môre se groot wedstryd!

18/08/2026

Ons klein personeel hou ons beslis nie terug nie!
By Laerskool Merweville maak ons ’n plan met wat ons het!

🌟 Leerder van die Maand – Junie 🌟Baie geluk aan Liam Koopman (Graad 1) wat aangewys is as ons Leerder van die Maand vir ...
26/06/2026

🌟 Leerder van die Maand – Junie 🌟

Baie geluk aan Liam Koopman (Graad 1) wat aangewys is as ons Leerder van die Maand vir Junie!

Liam is ’n stil en saggeaarde leerder wat altyd mooi met sy maatjies speel. Hy is eerlik, verantwoordelik en sorg dat die bal en ander speeltoerusting ná elke pouse weer teruggebring word. Hy praat altyd met respek en vriendelikheid met sy juffrou en die res van die personeel.

En dan is daar nog sy skaam glimlag, iets wat ons stoepe elke dag net ’n bietjie helderder maak.

Ons is ongelooflik trots op jou, Liam. Hou aan om die mooi voorbeeld te wees wat jy elke dag stel!

Ons leerders is geseënd om mense te hê wat omgee! Baie dankie vir die pragtige mussies wat van ver af gestuur is om ons ...
08/06/2026

Ons leerders is geseënd om mense te hê wat omgee!

Baie dankie vir die pragtige mussies wat van ver af gestuur is om ons leerders warm te hou gedurende hierdie koue winterdae. Die feit dat dit ook so mooi by ons skooluniform pas, maak dit ekstra spesiaal.

Ons waardeer hierdie omgee-gebaar opreg.

🌟 Leerder van die Maand – Mei 🌟Baie geluk aan Faith Lottering (Graad 2) wat aangewys is as ons Leerder van die Maand vir...
29/05/2026

🌟 Leerder van die Maand – Mei 🌟

Baie geluk aan Faith Lottering (Graad 2) wat aangewys is as ons Leerder van die Maand vir Mei!

Faith is dalk stil en skaam, maar haar vriendelikheid en gehoorsaamheid laat haar uitblink in enige groep. Sy sê altyd mooi “asseblief” en “dankie”, en vra altyd toestemming voordat sy speelgoed of items in die klas gebruik.

Ons is baie trots op Faith se goeie maniere, eerlikheid, en die mooi voorbeeld wat sy stel deur haar maatjies altyd op die regte pad te lei.

Hou so aan, Faith, jou sagte manier maak ’n groot verskil!

Ons Graad 3’s het vandag hul kreatiwiteit laat blink met die oulikste foelie-standbeelde! Ons is sommer baie trots op el...
22/05/2026

Ons Graad 3’s het vandag hul kreatiwiteit laat blink met die oulikste foelie-standbeelde!
Ons is sommer baie trots op elkeen se unieke skeppings.

20/05/2026
Op so 'n koue, reënerige dag in Merweville is daar min dinge beter as om ons leerders te verras met 'n paar warm handsko...
19/05/2026

Op so 'n koue, reënerige dag in Merweville is daar min dinge beter as om ons leerders te verras met 'n paar warm handskoene wat met soveel liefde vir hulle gebrei is.
Baie dankie vir hierdie donasie en vir elke steek vol omgee.
Julle goeheid maak 'n groot verskil in Laerskool Merweville se leerders se dag en harte.

Address

Churchstreet
Merweville
6940

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Merweville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Merweville:

Shortcuts

Share

Category