Die Hoërskool Menlopark

Die Hoërskool Menlopark Die Hoërskool Menlopark is ‘n top- akademiese instansie met ’n diepgewortelde omgeekultuur en ‘n onwrikbare strewe na uitnemendheid.

Leerders vind 'n akademiese tuiste en die geleentheid om op vele terreine hulle heel hoogste na te streef. Die Hoërskool Menlopark is een van Suid-Afrika se topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terreine. Excelsa Petamus (ons streef die hoogste na).

Menlo-revue is 'n fees van beweging, sang en dans en elke oomblik op die verhoog is 'n vreugde! Die Menlo-revue, Glaswêr...
03/09/2026

Menlo-revue is 'n fees van beweging, sang en dans en elke oomblik op die verhoog is 'n vreugde! Die Menlo-revue, Glaswêreld, word by die Kaleidoskoop-kompetisie op 2 September as wenners van die intermediêre hoërskoolafdeling aangewys.
Baie geluk aan hierdie singende, dansende Menlo-familie. Dankie aan die Menlo-personeel vir soveel ekstra ritmiese, vrolike myle saam met ons revue-groep!

Menlo-debat praat 'n hond uit 'n bos, artikuleer uitbundig en argumenteer met oorgawe! Baie geluk aan die 14 Menlo-debat...
03/09/2026

Menlo-debat praat 'n hond uit 'n bos, artikuleer uitbundig en argumenteer met oorgawe! Baie geluk aan die 14 Menlo-debatspanne wat na die finaal van die Con Spirito-debat deurdring. Ons wens hulle sterkte toe met hierdie saampraat-avontuur by die Montpellier-landgoed, Tulbagh in die Wes-Kaap op 23 en 24 September.
Juniors (6 spanne):
Lira Nel en Genevieve Vorster, Burger Duvenage en Xander Vermeulen, Xander de Lange en Stiaan Pretorius, Daniël De Waal en Liam Senekal, Georgia Fitzroy en Angelique van Staden, Wehann Snyman en Lana Swanepoel
Seniors (8 spanne):
Sophia Davies en Carli Serfontein, Zea de Villiers en Zani Dicks, Carsten Bosman en Leané Ge**er, Kiana Pretorius en Lua Pretorius, Liané de Wet en Milan Visser, Erich Pieterse en Stehan Serfontein, Rynhardt Buys en Liané van Sittert, Luané Erasmus en Kayden Venter

02/09/2026

Baie geluk aan Shiloh Snijders wat wegstap van die COSSASA- kampioenskap in Zimbabwe met TWEE goue medaljes! Shiloh behaal GOUD in diskusgooi en gewigstoot!

Menlo-koor se oudisies vir 2027 skop binnekort af. Voornemende Menloparkers kan gerus 'n afspraak maak om deel van hierd...
01/09/2026

Menlo-koor se oudisies vir 2027 skop binnekort af. Voornemende Menloparkers kan gerus 'n afspraak maak om deel van hierdie singende Menlo-familie te word. Word deel en wees deel.

01/09/2026

Menlo-koor is altyd indrukwekkend!

Menlovaria se Wennerskonsert van 2026 beloof om 'n belewenis sonder gelyke te wees. Hierdie konsert is ’n viering van on...
01/09/2026

Menlovaria se Wennerskonsert van 2026 beloof om 'n belewenis sonder gelyke te wees. Hierdie konsert is ’n viering van ons leerders se kultuurtalent – van sang en dans tot drama en nog baie meer. Kom geniet ’n aand waar ons beste Menlovaria-talent op die verhoog skitter!
Volg gerus die skakel:
https://embed.tixsa.co.za/event/menlovaria-wennerskonsert
Ons kultuur, ons talent, ons trots.

Baie geluk aan die Menlo-koshuisraad wat verkies is. Ons weet julle gaan 'n verskil maak by die hart van die skool. Geni...
31/08/2026

Baie geluk aan die Menlo-koshuisraad wat verkies is. Ons weet julle gaan 'n verskil maak by die hart van die skool. Geniet elke oomblik van die pad saam met al die Menlo-koshuisleerders.
Graad 8:
Adeleen van Rensburg, Daniël Jacobs
Graad 9:
Li-Ané Haasbroek, Duardt Loots
Graad 10:
Ruben Lourens, ⁠Selme Vorster
Graad 11:
Keagan Hills (Hoofseun), Janke Breytenbach (Hoofmeisie)
Johan Vermaak (Onderhoofseun), Liané Smit (Onderhoofmeisie)
Cohen van Vuuren, Gihann Parsons, Juan Lombaard, Thinus Smit, Ruben Viljoen.
Serelda Potgieter, Kaylee Vermeulen, Sumieke Daly, Leané Weideman, Martelize Bloem

Menlovaria se rommelrokkies-vertoning in die Menlo-amfi was 'n fees van kleur, styl en kreatiwiteit. Herwinning het nog ...
29/08/2026

Menlovaria se rommelrokkies-vertoning in die Menlo-amfi was 'n fees van kleur, styl en kreatiwiteit.
Herwinning het nog nooit so mooi gelyk nie! Geluk aan elke graad 11-dogter wat deelgeneem het! Julle talent en entoesiasme is 'n inspirasie! Dankie aan die Menlo-manne wat met soveel styl deel was van hierdie geleentheid en aan almal wat hierdie oggend so uitsonderlik gemaak het!

Baie geluk aan ons Menlo-orkes wat 'n A++ by die AKV eisteddfod ontvang! Wat 'n vreugde om julle musiek te hoor - waarli...
28/08/2026

Baie geluk aan ons Menlo-orkes wat 'n A++ by die AKV eisteddfod ontvang! Wat 'n vreugde om julle musiek te hoor - waarlik 'n inspirasie!

Baie sterkte aan Shiloh Snijders (graad 10) wat Suid-Afrika van 31 Augustus tot 3 September in Zimbabwe by die COSSASA 2...
28/08/2026

Baie sterkte aan Shiloh Snijders (graad 10) wat Suid-Afrika van 31 Augustus tot 3 September in Zimbabwe by die COSSASA 2026-atletiekbyeenkoms gaan verteenwoordig. Shiloh sal aan die diskus-item deelneem. Geniet elke oomblik van hierdie geleentheid!

Address

412 Atterbury Road
Menlo Park
0081

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Hoërskool Menlopark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Die Hoërskool Menlopark:

Share

Category