Kleuterland Speelgroep

Kleuterland Speelgroep Kleuterland
"Klein begin groot gewin." Ons is 'n klein, intieme, Afrikaanse, Christelike skooltjie🤍

12/09/2026

Ons BACK julle al die pad Pumas !!!

06/09/2026
''Wanneer ons stap, hou ek oupa se hand styf vas, hy stap so geduldig, presies op my pas... Met naald en garing is Ouma ...
05/09/2026

''Wanneer ons stap, hou ek oupa se hand styf vas, hy stap so geduldig, presies op my pas... Met naald en garing is Ouma altyd byderhand; sy maak elke skeurtjie heel met haar vaardige hand.''

Oupas en oumas is so kosbaar en 'n verhouding tussen 'n oupa, ouma en kleinkind is so spesiaal dat daar nie woorde is vir die waarde daarvan in 'n kind se lewe nie.
Ons het weer die geleentheid gehad om Ouma-en Oupadag te hou en die verhouding tussen grootouers en kleinkinders te vier.
Dit is altyd vir ons spesiaal en beslis een van die hoogtepunte op ons skooltjie se kalender!

Dankie aan elke ouer wat gehelp het om hierdie dag weer te vul met waardevolle herinneringe en ook aan elke grootouer wat die dag kom spandeer het saam met hul kleinkinders.
Dankie aan die Kleuterland-span! Ai, julle is darm 'one-of-a-kind' en julle hande staan vir niks verkeerd nie!

Fotos - Liana Lues Jolians
Koekies - Jessica Rossouw
Springkasteel - Small Rascals Softplay hire Nelspruit
Koffie - Ciska Smit en

05/09/2026

Baie dankie Pumas dat julle by ons Ouma-en Oupadag laas week kom kuier het! 👩‍🦳🤍👨‍🦳

23/06/2026

"Golf is more about the people you play with, than the score you shoot" ⛳️

Op 'n dag propvol lag en pret (en goeie gholf) wil ons net elke persoon betrokke by ons gholfdag opreg bedank.
Sonder jul elkeen sou ons nie 'n gholfdag kon hou nie en sou dit nie so 'n groot sukses gewees het nie 🤗
Aan elke borg, speler, besigheid, individu, ons ouers wat só hard gewerk het - DANKIE 🤍

23/06/2026

Met ons jaarlikse fondsinsameling wat afgehandel is, wil ons net die tyd neem om vir elke liewe borg, speler, maatskappy en individu wat 'n bydrae gelewer het tot die groot sukses van ons gholfdag uit die diepte van ons harte 'n groot dankie en opregte waardering uit te spreek.
Ons het 'n fantastiese ouerkorps met 'n ongelooflike gemeenskap wat saam kom wanneer dit saak maak. Dit was 'n voorreg 🤍🤍🤍

09/06/2026

Dit is amper tyd vir ons skooltjie se jaarlikse fondsinsameling in die vorm van ons gholfdag ⛳️
Heerlike pryse om te wen vir die gholfers en 'n veiling met wonderlike wegbreke en pryse (loer 👀 gerus na dje video om meer uit te vind) Almal welkom 🤗!

Dankie aan ons ONGELOOFLIKE ouers wat so gewoeker het met pryse, wat STEEDS in stroom!!
Julle is werklik sowaar die BESTE!! 🥰🥰🥰

Ons sien weer uit na 'n heerlike gholfdag ⛳️ 🏌️‍♀️ ⛳️ 🏌️‍♂️ en bedank solank al ons borge, elke besigheid en individu wat 'n bof verteenwoordig, elke vierbal en ALLE pryse!!

Ons was laas naweek weer bevoorreg om 'n Pretloop te kon geniet!Kleuterland se maatjies sit defnitief die pret in loop!!...
07/06/2026

Ons was laas naweek weer bevoorreg om 'n Pretloop te kon geniet!
Kleuterland se maatjies sit defnitief die pret in loop!! En ons ouers staan ook nie terug nie! 🏃🚶🏼‍♀️

Dankie Klipspringer Lodge vir die perfekte omgewing vir die avontuur 🦓🦌 en elke liewe maatjie en ouer se teenwoordigheid en bywoning, in oorgawe! Dankie ook vir die ouers wat ons 'gebless' het met 'waterpunte' 🍭 vir elke kilometer se nuwe krag 💪🏻! Ons het voorwaar 'n Kleuterland-familie en ouers wat betrokke is in hul kinders se kindwees jare en 'memories' maak 💛.

Address

Mbombela
1200

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27764378400

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleuterland Speelgroep posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kleuterland Speelgroep:

Shortcuts

Share

Category