06/10/2026
TWEE NELLIES IN AFRISKULD NASIONALE SPELKAMPIOENSKAP-FINAAL
Ses Nellies het aan AfriSkuld se heel eerste Nasionale Spelkampioenskap by die Atterbury Teater in Pretoria deelgeneem.
Tussen 250 en 300 deelnemers van 30 skole het mekaar in die mondelinge spelkompetisie die stryd aangesê. Onder leiding van Jennifer Myburgh (Die Groot Ontbyt) moes deelnemers twee-twee op die verhoog kop aan kop spel - met woorde soos hoogmoënd, laparoskopie, mitrosellulose, bifurkasie en romboïdaal op die spel!
Lilieke Potgieter, Ruan Kruger, Louis van der Walt en Jeani Willemse het deurgedring na die kwartfinaal. Daarna het Ruan en Louis verder gevorder na die semifinaal, Groot Finaal en uiteindelik die Superfinaal, waar slegs sewe juniors en sewe seniors landswyd oorgebly het.
Ruan eindig 6de in die junior afdeling, terwyl Louis 7de in die senior afdeling eindig. Wat ’n besonderse prestasie!