CVO Marmer

Directions Website Contact the school

CVO Marmer Hier is ons !

Veels geluk Juffrou. Dankie dat jy   is! 💙
21/10/2026

Veels geluk Juffrou.

Dankie dat jy is! 💙

21/10/2026

Aandag, -familie!

Die wag is verby!
Vandag skop ons konsertweek amptelik af en ons is reg vir ’n aand vol talent, glimlagte en onvergeetlike oomblikke!

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom en ons leerders se harde werk met julle te deel.

Marble Hall maak harte vol!

20/10/2026

Konsertweek !

Vandag is dit tyd vir ons Kleedrepetisie!
Ons kan nie wag om ons leerders se harde werk en pragtige optredes met julle te deel nie!

Maak reg vir ’n week vol musiek en Marmer-trots! 🎶

19/10/2026

Dis Konsertweek!

Die opwinding bou op en ons is hard aan die werk om alles gereed te kry!

Hier is ’n klein voorsmakie van die pret en opwinding wat vir ons voorlê.

Ons kan nie wag om ons leerders se talent op die verhoog te sien skitter nie! 🌟

Kom geniet dit saam met al ons maats !

Geel is ‘n kleur van vrolikheid en vreugde. Geel is ‘n kleur wat lig maak en lig uitstraal. Geel is ‘n kleur wat uitstaa...
19/10/2026

Geel is ‘n kleur van vrolikheid en vreugde. Geel is ‘n kleur wat lig maak en lig uitstraal. Geel is ‘n kleur wat uitstaan en ‘n merk laat.

Daarom het ons besluit om ook die Marmer Maats wat net soos geel, uistaan en lig in ons skool bring, erkenning te gee deur ons nuwe projek: Deel in die Geel!

Met Deel in die Geel, sal ons elke maand, twee senior en twee junior leerders aanwys wat goeie geel gedrag, goeie geel gees en ‘n goeie geel gesindheid het.

Hierdie maand se Deel in die Geel maats is Elizabeth Janse van Vuuren, Oswald Erasmus, Kara Wolmarans en Wilhelm Kruger.

Baie geluk aan ons akademiese Top 3-leerlinge! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ’n pragtige voorbeel...
19/10/2026

Baie geluk aan ons akademiese Top 3-leerlinge! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is ’n pragtige voorbeeld van wat bereik kan word wanneer ’n mens jou beste gee.

Ons is ongelooflik trots op julle prestasies! Mag julle aanhou groei, leer en streef na uitnemendheid.

Baie geluk, julle is ! 💙

Ons leerlinge het aan die Nasionale Landloop- en Skaakkompetisie deelgeneem en uitstekend presteer! 🎉Ons is ongelooflik ...
16/10/2026

Ons leerlinge het aan die Nasionale Landloop- en Skaakkompetisie deelgeneem en uitstekend presteer! 🎉

Ons is ongelooflik trots op elke leerling wat deelgeneem het en ons skool se naam hoog gehou het. Baie geluk aan die volgende landloopleerlinge met hul besondere prestasies:

🥇 Elanie Henning (O/6) – 1ste plek en spanwenner
🥇 Louanne Cronje (O/7) – 1ste plek
🏆 Annelize Prinsloo (O/8) – Spanwenner
🥉 Elske Beyers (O/9) – 3de plek en spanwenner
🥈 Kara Wolmarans (O/13) – 2de plek en spanwenner
🏆 Kosie Henning (O/9) – Spanwenner
🏆 Handré Nell en Xander du Plessis (O/10) – Spanwenners

Aan al ons landloop- en skaakleerlinge: julle harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap maak ons baie trots! Dankie dat julle ons skool so mooi verteenwoordig het. 💙

Baie geluk aan elkeen met julle prestasies!

Van 36 leerlinge in 2000 tot die skool wat ons vandag met trots ons s’n noem! Dankbaar vir die pioniers wat die fondamen...
16/10/2026

Van 36 leerlinge in 2000 tot die skool wat ons vandag met trots ons s’n noem!
Dankbaar vir die pioniers wat die fondament gelê het waarop ons steeds bou.

Voluit !

TOE 36 KINDERS ’N NUWE SKOOL HELP BEGIN HET

🏫 MARBLE HALL, WIE WAS EEN VAN DIE OORSPRONKLIKE 36? 👀

In 1999 het ’n groep ouers besluit om ’n nuwe Christelike skool in Marble Hall te begin.

Ná ’n hele paar vergaderings, beplanning en seker ’n paar slapelose nagte, het CVO Laerskool Marmer op 11 Januarie 2000 sy deure oopgemaak.

Die skool het begin met net 36 leerlinge van graad 0 tot 7, in geboue wat die Gereformeerde Kerk Marble Hall beskikbaar gestel het.

Ses-en-dertig kinders, sewe grade… almal moes mekaar seker teen pouse al op die naam geken het.

En kyk net hierdie oorspronklike foto van die pioniersgroep van 2000!

Wie herken die kinders? Was jy dalk een van die eerste 36, of onthou jy die onderwysers en daardie eerste skooldae?

Kom deel julle herinneringe. ❤️

📖 Bron: Historiese Marble Hall-publikasie, CVO Laerskool Marmer.

Baie geluk Juf. Jo! Jy is   💙
11/10/2026

Baie geluk Juf. Jo!

Jy is 💙

Vandag vier ons Krugerdag en onthou ons die geskiedenis, erfenis en waardes wat deel vorm van ons Afrikaanse kultuur. Ma...
10/10/2026

Vandag vier ons Krugerdag en onthou ons die geskiedenis, erfenis en waardes wat deel vorm van ons Afrikaanse kultuur.

Mag ons altyd trots wees op ons wortels en die geskiedenis wat ons met mekaar deel!

Ons ken ons geskiedenis, koester ons erfenis en bou met trots aan die toekoms!

Address

C/o Bougainvillea & Protea Street
Marble Hall
0450

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Marmer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to CVO Marmer:

Shortcuts

Share

Category