08/09/2026
🎪✨ THE GREATEST SHOW! ✨🎪
Wat ’n ongelooflike dag! ❤️
Saterdag het ons verhoog verander in ’n ware sirkus van kleur, musiek, talent, lag en ongelooflike memories! 🎭🎶✨
Ons klein en groot sirkussterre het hul harte uitgehaal en vir ons ’n vertoning gelewer wat ons vir baie lank sal onthou. 🥹❤️ Van die eerste oomblik tot die laaste applous was daar soveel trots, opgewondenheid en pure kindergeluk!
Agter elke danspassie, kostuum, liedjie en glimlag was daar weke en maande se beplanning, oefening, harde werk en ’n span wat alles gegee het. 🙌🏻
’n Reuse DANKIE aan:
🎪 LVK Circus Crew, ons ongelooflike personeel – dankie vir julle toewyding, kreatiwiteit en ure se harde werk.
🎪 Ons wonderlike ouers – dankie vir elke kind wat julle ondersteun, aanmoedig en help voorberei het.
🎪 Ons diensverskaffers en helpers – dankie dat julle gehelp het om ons visie in ’n werklikheid te verander.
Auret vir ons klank en beligting
vir die kunstenaars en gesigverf https://www.everywhenexperiences.com.
Artswork vir ons dames se glitter gesiggies https://www.facebook.com/share/1EfARRrmp2/
&Co https://www.facebook.com/share/1J1yXw8nbb/ (Lindie van Vuuren) vir die druk van ons Circus Crew se hempies
🎪 En natuurlik… ons SIRKUSSTERRE! 🌟 Julle was die ware sterre van die vertoning!
En dan… ons gehoor! ❤️
Dankie vir elke applous, elke glimlag, elke foto en elke woord van aanmoediging. Julle het die atmosfeer gevul met soveel liefde en energie.
Ons harte is vol. 🥹❤️
The Greatest Show was nie net ’n konsert nie… dit was ’n herinnering wat ons saam geskep het. ’n Herinnering wat ons kinders eendag sal terugkyk en onthou as:
“Ek was daar. Ek was deel van die sirkus.” 🎪✨
Van ons span aan elkeen wat deel was van hierdie besonderse dag:
THANK YOU FOR MAKING OUR GREATEST SHOW… THE GREATEST SHOW! ❤️🎪✨