05/08/2026
🦷😁 'n Groot glimlag vir 'n besonderse besoek! 😁🦷
Vandag het ons Kammaland-maatjies 'n baie spesiale besoek gehad van The Nomad Dentist, Dr. Stephan de Swardt (beter bekend as Nina se pappa! 🤍), as deel van ons "TANDE"-tema.
Sommige van ons maatjies was maar 'n bietjie skrikkerig en sku, terwyl ander sommer baie braaf was en gretig alles wou leer. Dr. Stephan het elkeen met soveel geduld en vriendelikheid laat ontspan en gewys dat 'n besoek aan die tandarts glad nie iets is om voor bang te wees nie.
Baie dankie dat jy vir ons gewys het hoe belangrik dit is om ons tande mooi te versorg, gereeld te borsel en met 'n gesonde glimlag groot te word. 🪥✨
'n Spesiale dankie ook vir al die oulike geskenkies waarmee jy ons maatjies bederf het. Julle het beslis baie klein glimlaggies nog groter gemaak! 💙
Baie dankie, Dr. Stephan, vir jou tyd, omgee en die verskil wat jy vandag in ons klein maatjies se lewens gemaak het. Ons waardeer dit opreg! 🦷🌟