Hoërskool Lutzville

Hoërskool Lutzville Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Lutzville, High School, Posbus 6, Lutzville.

05/09/2026

Bokke💛💚

REüNIE-GROEPE:Laas naweek het die matriekklas van 1976 op die paaie van herinnering kom stap.Vanaf links: Johan Visser,S...
01/09/2026

REüNIE-GROEPE:
Laas naweek het die matriekklas van 1976 op die paaie van herinnering kom stap.

Vanaf links: Johan Visser,Sarina Wium( de B**r), Surika Basson( Adriaanse ), Hannes Mostert, Attie Prins,Fanie Schoeman, Mnr Kobus Nieuwoudt.

Lutzville Faster Forward 7'sGeluk aan die o.15's wat Saterdag die semi-finaal van ons plaaslike 7's toernooi gehaal het ...
01/09/2026

Lutzville Faster Forward 7's

Geluk aan die o.15's wat Saterdag die semi-finaal van ons plaaslike 7's toernooi gehaal het maar ongelukkig toe verloor het. Augsburg was die wenner van die o.15-afdeling. Geluk aan die o.17's wat in die finaal gespeel het, maar ongelukkig teen HS Vredendal verloor het. Jayden Booysen is as die o.17-agterspeler van die dag gekies.
Dankie vir LeRoux Conradie en sy span vir die aanbied van hierdie geslaagde toernooi en elk van die 14 spanne wat deelgeneem het.
Op die foto's is die o.17-span en Jayden saam met die 7's Springbok, Sebastian Job.

Rus sag Timothy🕊️🙏
01/09/2026

Rus sag Timothy🕊️🙏

Ons skool se seuns het ons trots gemaak  op sportgebied hierdie jaar. Die o.19A-krieket- en die o.19A-rugbyspan was albe...
25/08/2026

Ons skool se seuns het ons trots gemaak op sportgebied hierdie jaar. Die o.19A-krieket- en die o.19A-rugbyspan was albei onoorwonne in hul Noordwes-Bolandligas. Baie geluk aan hierdie twee Noordwes-Bolandkampioene vir 2026. Dit is voorwaar ʼn uitsonderlike prestasie!

Baie geluk aan Frederick Marx en Phillip van Rhyn wat opgeneem is in die o.15-Boland Iqhawespan.
24/08/2026

Baie geluk aan Frederick Marx en Phillip van Rhyn wat opgeneem is in die o.15-Boland Iqhawespan.

Ons wil graag met die volgende leerders spog wat by Klawerkunste 100% behaal het vir hul kunsprente!
24/08/2026

Ons wil graag met die volgende leerders spog wat by Klawerkunste 100% behaal het vir hul kunsprente!

*UIT DIE KANTOOR*Ons dankbaarheidsbeker loop oor:•Dankbaar teenoor elke ouer en oud-ouer wat Saterdag baie hard gewerk h...
18/08/2026

*UIT DIE KANTOOR*
Ons dankbaarheidsbeker loop oor:
•Dankbaar teenoor elke ouer en oud-ouer wat Saterdag baie hard gewerk het in die kafeteria en in die tent.
•Dankbaar dat daar geen ernstige beserings was nie en dat die dag se verrigtinge goed afgeloop het...🏁
•Dankbaar dat die Here die dag geseën het op vele terreine, veral na verlede week se ekstreme weersomstandighede.
•Dankbaar vir oudleerlinge, ouers, personeel en gemeenskap wat ELKE jaar opdaag en trots langs die veld staan - ongeag van die uitslag.
•Dankbaar teenoor ELKE seun en dogter wat hul BESTE gegee het.
Ons seuns en dogters het die Lutzville gemeenskap trots gemaak.
ONS SKOOL, ONS TROTS.
AAN GOD DIE EER!
Marlida Lombard
PRINSIPAAL

INTERSKOLE 2026 Spanne
16/08/2026

INTERSKOLE 2026 Spanne

Address

Posbus 6
Lutzville

Telephone

+27272171006

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Lutzville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category