Klein Pikkewyn Kleuterskool

Klein Pikkewyn Kleuterskool By Klein Pikkewyn SVKO / SECD glo ons aan die holistiese opvoeding van elke klein mensiekind.
(8)

Permanently closed.

Genoegsame individuele aandag, gesonde voedsel, 'n stimulerende maar tog rustige en huislike atmosfeer is slegs van die aspekte wat vir ons na aan die hart lê!

Address

496 Bridalveil Crescent
Little Falls
1724

General information

Klein Pikkewyn Kleuterskool is in April 1991 deur Dr Elna Vermaak oopgemaak. Met ‘n klein groepie pikkewyne en personeel en baie entoesiasme is daar weggespring om ‘n droom en spesiale liefde vir die opvoedkunde van kindertjies uit te leef. Baie kindertjies wat deur die jare deur ons hande gegaan het, staan nou hul plek suksesvol in die samelewing vol. In 2009 het die familiebesigheid uitgebrei en ‘n dinamiese ma-en-dogter-span saam aan ‘n nuwe droom begin werk, die van ‘n holistiese kinder-opvoedkunde sentrum. ‘n Spasie waar daar nie net na die kinders se daaglikse behoeftes voorsien word en slegs op hul akademiese vordering gefokus word nie, maar ‘n algehele holistiese benadering gevolg word, wat werklik gesonde en gebalanseerde etes, spannings-ontladings oefeninge en ‘n erkenning van elke kind as ‘n unieke persoon insluit. In 2019 neem ‘n ervare en passievolle, Magdaleen Vermaak offisieel die lysels oor, met nuwe drome en ‘n nuwe blaadjie vir haar ma, nou haar eie, liefling-skool. Om in te skakel by die reeds holistiese benadering, skakel ons verdere ontwikkelingsprogramme en nuwe benaderings tot opvoedkunde by Klein Pikkewyn se suksesvolle kurrikulum in. Hierdie programme sluit die Wiskunde, Lees en Fisiese Ontwikkelings-programme van Glenn Doman; Babagim deur Dr Melodie de Jager; asook ‘n nuwerwedse Reggio benadering tot die ontwikkeling van verbeelding en self-ontwikkeling, in. Die belangrikheid van en ‘n liefde vir musiek word in weeklikse musieklessies vasgelê, sowel as die aanleer van wiskundige vaardighede deur die professionele Pythagoras Wiskunde program, wat ook deur dieselfde familie met ‘n passie vir die ontwikkeling en opvoedkunde van kinders, onder leiding van wyle Mnr. Eugene Vermaak, ontwikkel is. Klein Pikkewyn Kleuterskool vorm deel van die groter Pythagoras Opvoedkunde Stelsel, wat in geheel ‘n opvoedkundige stelsel wat ontwerp is met Suid-Afrikaanse skole en kinders in gedagte is, en is gemik op die holistiese ontwikkeling van kinders van alle ouderdomme. By Klein Pikkewyn word daar vanaf baba-dae klem gelê op die bou van breinpaadjies. Hierin lê die hoek-en boustene van alle verdere ontwikkeling. Die groei wat op alle vlakke in die kind plaasvind tydens die eerste agt lewensjare bepaal die lewenspatroon vir die res van die kind se lewe. Klein Pikkewyn word gekenmerk deur drie baie belangrike woorde: Harmonie, Groei, Sinergie

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klein Pikkewyn Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Klein Pikkewyn Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category

Klein Pikkewyn Geskiedenis

Klein Pikkewyn Kleuterskool is in April 1991 deur Dr Elna Vermaak oopgemaak. Met ‘n klein groepie pikkewyne en personeel en baie entoesiasme is daar weggespring om ‘n droom en spesiale liefde vir die opvoedkunde van kindertjies uit te leef. Baie kindertjies wat deur die jare deur ons hande gegaan het, staan nou hul plek suksesvol in die samelewing vol.

In 2009 het die familiebesigheid uitgebrei en ‘n dinamiese ma-en-dogter-span saam aan ‘n nuwe droom begin werk, die van ‘n

holistiese kinder-opvoedkunde sentrum. ‘n Spasie waar daar nie net na die kinders se daaglikse behoeftes voorsien word en slegs op hul akademiese vordering gefokus word nie, maar ‘n algehele holistiese benadering gevolg word, wat werklik gesonde en gebalanseerde etes, spannings-ontladings oefeninge en ‘n erkenning van elke kind as ‘n unieke persoon insluit.