Laerskool Louw Geldenhuys

Laerskool Louw Geldenhuys 7de Straat, Linden, Johannesburg
Posbus 44045. Linden, 2104
TEL: (011) 782 5442

πŸ‰πŸ”₯ Louwtjies FamPark | 29 AugustusEn toe sluit ons Lentefees af met ’n behoorlike Louwtjies-kuier! πŸ’šπŸ’›Van die middag se K...
03/09/2026

πŸ‰πŸ”₯ Louwtjies FamPark | 29 Augustus

En toe sluit ons Lentefees af met ’n behoorlike Louwtjies-kuier! πŸ’šπŸ’›

Van die middag se Kaskenades en laggende kinders tot die braaivure, vetkoek, saamkuier en uiteindelik die Springbokke op die groot skerm – Louwtjies FamPark was ’n aand om te onthou! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‰

Die rugbyveld was vol families en vriende wat saam gekuier, geΓ«et, gelag en die Bokke ondersteun het. Presies soos ons dit wou hΓͺ: ’n plek waar ons hele gemeenskap bymekaar kan kom.

’n Baie spesiale DANKIE aan Karla Mellet. ❀️

Karla het haarself amper doodgewerk voor die dag Γ©n op die dag om seker te maak dat alles vlot verloop. Haar ongelooflike harde werk, energie en bereidwilligheid om te help het ’n reuse verskil gemaak. Karla, ons waardeer jou meer as wat woorde kan sΓͺ! 🌷

Dankie ook aan elke ouer, personeellid, vrywilliger en ondersteuner wat deel was van hierdie besondere afsluiting.

Louwtjies FamPark – lekker kos, lekker mense, lekker rugby en herinneringe wat bly. πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’š

πŸ“Έ Hier is ’n paar van die oomblikke wat die dag so spesiaal gemaak het! Die skakel om die foto’s af te laai, sal in die inligtingsbrief gedeel word. πŸ’›

πŸ’Ό Gr. 7 Entrepreneursdag | 28 AugustusVan idees op papier tot klein besighede in aksie! πŸ’‘πŸ’°Ons Graad 7’s het tydens Entre...
03/09/2026

πŸ’Ό Gr. 7 Entrepreneursdag | 28 Augustus

Van idees op papier tot klein besighede in aksie! πŸ’‘πŸ’°

Ons Graad 7’s het tydens Entrepreneursdag gewys dat groot idees soms uit die kleinste begin.

Die rugbyveld het behoorlik verander in ’n miernes van jong entrepreneurs, met leerders wat hul produkte, dienste en besigheidsidees met trots aan die Louwtjies-gemeenskap bekendgestel het.

’n Besonderse DANKIE aan Juf. Betsie vir al haar moeite met die reΓ«lings en, nog belangriker, vir die ondersteuning en aanmoediging van ons jong entrepreneurs deur die hele proses. ❀️

Ons is trots op elke leerder wat bereid was om ’n idee te waag, iets nuuts te probeer en voor te staan vir hul eie onderneming.

Wie weet – dalk het ons vanjaar ’n paar toekomstige sake-eienaars tussen hulle! πŸ˜‰

πŸ“Έ Hier is ’n paar van die entrepreneurs en hul ondernemings in aksie. Die skakel om die foto’s af te laai, sal in die inligtingsbrief gedeel word. πŸ’›

πŸƒβ€β™€οΈ Boeresport Pretdag | 27 AugustusWie sΓͺ skool moet altyd ernstig wees? πŸ˜„Ons Boeresport Pretdag was ’n heerlike kombi...
03/09/2026

πŸƒβ€β™€οΈ Boeresport Pretdag | 27 Augustus

Wie sΓͺ skool moet altyd ernstig wees? πŸ˜„

Ons Boeresport Pretdag was ’n heerlike kombinasie van pret, lag, spanwerk en gesonde kompetisie!

Die skoolterrein het behoorlik gegons terwyl ons Louwtjies mekaar uitgedaag het, nuwe vaardighede getoets het en natuurlik baie pret gehad het. πŸ€Έβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ

Dit is juis hierdie tipe dae wat vir ons herinner hoe belangrik dit is om saam te speel, saam te lag en saam herinneringe te maak.

Dankie aan Juf. Tina en almal wat gehelp het om die dag te reΓ«l en aan ons leerders wat met soveel geesdrif deelgeneem het.

πŸ“Έ Kom kyk of jy jouself tussen al die pret kan raaksien! Die skakel om die foto’s af te laai, sal in die inligtingsbrief gedeel word. πŸ’›

β›³ Louwtjies Gholfdag | 27 AugustusWat ’n dag! Wat ’n span! Wat ’n ongelooflike gemeenskap! β›³πŸ’›Ons 2026 Louwtjies Gholfdag...
03/09/2026

β›³ Louwtjies Gholfdag | 27 Augustus

Wat ’n dag! Wat ’n span! Wat ’n ongelooflike gemeenskap! β›³πŸ’›

Ons 2026 Louwtjies Gholfdag by Randpark Golf Club was ’n reuse sukses en ons wil graag ’n opregte DANKIE sΓͺ aan elke persoon en besigheid wat hierdie dag moontlik gemaak het.

Aan al ons borge, ouers, spelers, vrywilligers en ondersteuners – dankie vir julle ongelooflike betrokkenheid, skenkings, pryse en ondersteuning.

Elke bydrae, groot of klein, help ons om voort te bou aan die toekoms van ons kinders en om sport by Louwtjies verder te ontwikkel. 🌱

Ons is besonders dankbaar vir ’n gemeenskap wat nie net praat van ondersteuning nie, maar dit daadwerklik uitleef.

πŸ“Έ Hier is ’n paar van die hoogtepunte van ’n onvergeetlike dag op die baan! Die skakel om die foto’s af te laai, sal in die inligtingsbrief gedeel word. πŸ’›

🌟 Kultuurvieringe – Aandkonsert | 26 AugustusDie verhoog, die ligte, die musiek … en ’n saal vol trotse ouers. ✨Ons Lent...
03/09/2026

🌟 Kultuurvieringe – Aandkonsert | 26 Augustus

Die verhoog, die ligte, die musiek … en ’n saal vol trotse ouers. ✨

Ons Lentefees Aandkonsert was ’n viering van talent, toewyding en harde werk. Ons kon nie trotser wees op elke Louwtjie wat op die verhoog gestaan het nie.

Die kinders het hul harte uitgesing, gedans en opgetree – en vir ons ’n aand gegee wat ons nog lank sal onthou. ❀️

’n Groot dankie aan Juf. Betsie, ons onderwysers, ouers en leerders wat soveel tyd en energie ingesit het om hierdie produksie moontlik te maak.

En aan elke Louwtjie op die verhoog: julle het ons ongelooflik trots gemaak! πŸŒΈπŸ’›

’n Spesiale dankie aan Dawid Raath van Peach Tree Productions, wat die pragtige foto’s van die aand geneem het en dit heeltemal gratis aan ons beskikbaar gestel het. πŸ“Έ Ons waardeer jou mooi hart opreg!

πŸ“Έ Kom herleef saam met ons van die spesiale oomblikke van die aand. Die skakel om die foto’s af te laai, sal in die inligtingsbrief gedeel word. πŸ’›

🎭 Kultuurvieringe – Oggendkonsert | 26 AugustusWat ’n wonderlike oggend vol talent, kleur en Louwtjies-trots! 🌸🎢Ons Lent...
03/09/2026

🎭 Kultuurvieringe – Oggendkonsert | 26 Augustus

Wat ’n wonderlike oggend vol talent, kleur en Louwtjies-trots! 🌸🎢

Ons Lentefees 2026 het afgeskop met ’n besonderse oggendkonsert waarin ons leerders die verhoog met soveel selfvertroue en entoesiasme gedeel het.

Van sang en dans tot optredes wat ons harte warm gemaak het – elke kind het sy of haar oomblik gehad om te skitter en hul talente uit te leef. ⭐

Baie dankie aan Juf. Betsie, ons personeel en almal wat agter die skerms gewerk het om hierdie oggend moontlik te maak. En natuurlik aan ons Louwtjies wat altyd met soveel trots deelneem!

πŸ“Έ Hier is ’n paar van die mooi oomblikke van ons oggendkonsert. Die foto-aflaai skakel sal in die inligtingsbrief weesπŸ’›

03/09/2026

πŸπŸ† Louwtjies is die Helderkruin Aandreeks-kampioene! πŸ†πŸ

Louwtjies se 1ste Krieketspan het in die finaal van die Helderkruin Aaandreeks vir Laerskool Kenmare met 81 lopies geklop en daarmee die titel ingepalm! πŸ†πŸ”₯

⭐ Leon Dorland het ’n ongelooflike 152 lopies van slegs 46 b***e aangeteken!

Baie geluk aan elke speler en die afrigtingspan met hierdie besonderse prestasie. Julle het gewys wat met harde werk, spanwerk en vasberadenheid bereik kan word! πŸ‘

Louwtjies-krieket kook! πŸ”₯πŸπŸ’›

🏏 Louwtjies se o/10’s klop Bryanston! πŸ‘Die Louwtjies se o/10-krieketspan het vandag ’n sterk vertoning gelewer en Bryans...
03/09/2026

🏏 Louwtjies se o/10’s klop Bryanston! πŸ‘

Die Louwtjies se o/10-krieketspan het vandag ’n sterk vertoning gelewer en Bryanston Parallel Medium School met 29 lopies geklop. 🏏πŸ’ͺ

⭐ Reynaldo Moorcroft – 66 lopies van 43 b***e
🎯 Ruben Basson – 4 paaltjies vir 25 lopies in 4 beurte

’n Goeie spanpoging van begin tot einde! Baie geluk aan die hele span met die oorwinning. πŸ‘πŸ”₯

πŸ‘ Louwtjies-hokkie hou die druk hoog! πŸ’ͺπŸ’›Ons hokkiespanne het op 1 September weer die veld betree en goeie resultate gele...
02/09/2026

πŸ‘ Louwtjies-hokkie hou die druk hoog! πŸ’ͺπŸ’›

Ons hokkiespanne het op 1 September weer die veld betree en goeie resultate gelewer:

πŸ₯… o/9 A-dogters – Wen teen Randpark Primary: 2–1
πŸ₯… o/9 B-dogters – Gelykop teen Randpark Primary: 0–0
πŸ₯… o/10 A-dogters – Wen teen Randpark Primary: 3–0
πŸ₯… o/10 B-dogters – Gelykop teen Randpark Primary: 0–0
πŸ₯… o/11 A-dogters – Wen teen Randpark Primary: 6–0
πŸ₯… o/11 B-dogters – Wen teen NWCS: 2–0
πŸ₯… o/12 A-dogters – Wen teen Trinity Randpark B: 7–0
πŸ₯… Eerstespan-dogters – Gelykop teen Unika: 0–0

’n Sterk dag vir die Louwtjies met ses oorwinnings en twee gelykop-uitslae! πŸ‘πŸ‘

Address

48 7th Street, Johannesburg
Linden
2195

Opening Hours

Monday 07:40 - 13:50
Tuesday 07:40 - 13:50
Wednesday 07:40 - 13:50
Thursday 07:40 - 13:50
Friday 07:40 - 13:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Louw Geldenhuys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Louw Geldenhuys:

Shortcuts

Share