CVO Trapklippies Kleuterskool

CVO Trapklippies Kleuterskool CVO Trapklippies, geleë in Lichtenburg, is 'n trotse deel van CVO-skool Lichtenburg.

Hier bied Trapklippies ‘n veilige en stimulerende omgewing waar jou baba of kleuter optimaal kan ontwikkel, leer en speel.

Liewe Pappa 💙Dankie vir die sterk arms wat my dra, die groot hande wat my lei, en die sagte hart wat my altyd beskerm. J...
19/06/2026

Liewe Pappa 💙

Dankie vir die sterk arms wat my dra, die groot hande wat my lei, en die sagte hart wat my altyd beskerm. Jy is my held, my voorbeeld en my veilige plek.

Dankie vir al die grappies, die lag, en die liefde wat jy elke dag gee. Ek is so trots om jou my pappa te noem

Gelukkige Vadersdag, Pappa – ek is baie lief vir jou! 💙👨‍👧‍👦

Ons pappas was vandag behoorlik bederf! 🌭🔥

Met heerlike worsbroodjies en spesiale braai tange het ons vir elke pappa gewys hoe baie ons hulle waardeer. Dankie vir alles wat julle doen – julle is ons helde en ons braai-meesters!

Ons hoop julle het elke oomblik geniet. Gelukkige Vadersdag, Pappas! 💙👨‍👧‍👦

Deel 2Oupa- en oumadag 2026Hand aan hand — van toeka tot nouBaie dankie vir ’n suksesvolle en besondere dag wat ons saam...
03/06/2026

Deel 2

Oupa- en oumadag 2026

Hand aan hand — van toeka tot nou

Baie dankie vir ’n suksesvolle en besondere dag wat ons saam met julle kon deel.

Oupas en oumas maak die wêreld sagter, warmer en vriendeliker — vandag was dit tasbaar in elke glimlag, drukkie en gesprek.

Ons het vandag weer hand aan hand gestap — van toeka tot nou — dankbaar vir die mense wat God gebruik om liefde sigbaar te maak.

Mag ons nooit die waarde van ’n hand onderskat nie:
’n Hand wat groet.
’n Hand wat troos.
’n Hand wat lei.
’n Hand wat bid.

Tonne Trapklippies-liefde

Deel 1Oupa- en oumadag 2026Hand aan hand — van toeka tot nouBaie dankie vir ’n suksesvolle en besondere dag wat ons saam...
03/06/2026

Deel 1

Oupa- en oumadag 2026

Hand aan hand — van toeka tot nou

Baie dankie vir ’n suksesvolle en besondere dag wat ons saam met julle kon deel.

Oupas en oumas maak die wêreld sagter, warmer en vriendeliker — vandag was dit tasbaar in elke glimlag, drukkie en gesprek.

Ons het vandag weer hand aan hand gestap — van toeka tot nou — dankbaar vir die mense wat God gebruik om liefde sigbaar te maak.

Mag ons nooit die waarde van ’n hand onderskat nie:
’n Hand wat groet.
’n Hand wat troos.
’n Hand wat lei.
’n Hand wat bid.

Tonne Trapklippies-liefde

30/05/2026

ñ Vinnige voorskou van Vrydag se oupa- en oumadag.
Dit was ñ spesiale dag vir elkeen van ons.
Hou die spasie dop vir die mooiste oomblikke vasgevang vir kosbare herinneringe.
❤️❤️❤️

Geluk met jou verjaarsdag!🥳Ons wense vir jou vandag:Die son🌞 en die see🌊ñ sterretjie of twee🌟ñ Salfie wat keer🩹teen elke...
17/05/2026

Geluk met jou verjaarsdag!🥳

Ons wense vir jou vandag:
Die son🌞 en die see🌊
ñ sterretjie of twee🌟
ñ Salfie wat keer🩹
teen elke pyn en seer💙
Handevol blinkers🎇
en emmersvol lag🤪
Stywe drukkies🤗
en die mooiste dag🌄

Donderdag was bak-en-brou in die Trapklippies lughawe 🛫Deur die versiersuiker en nog ietsie lekker hier en daar... smeer...
01/05/2026

Donderdag was bak-en-brou in die Trapklippies lughawe 🛫
Deur die versiersuiker en nog ietsie lekker hier en daar... smeer, bou en siedaar!!! Ons vliegtuigie was klaar om reguit in ons mondjies te vaar!👩‍✈️🩵👨‍✈️

Elke Trapklippie se veiligheid is ons verantwoordelikheid en met trots kan ons spog met die drie juffies wat die naweek ...
22/04/2026

Elke Trapklippie se veiligheid is ons verantwoordelikheid en met trots kan ons spog met die drie juffies wat die naweek ñ noodhulp kurses gedoen het! Dankie Maricel du Plessis Juffrou Maricel, Michaela du Plessis Juffrou Michaela en Monique Moorcroft Juffrou Monique, ons waardeer julle🥰❤️

ñ Groot, klippie-hart dankie aan elkeen wat gehelp het om ons koekverkoping🧁🍡 ñ reuse sukses te maak!Koue, wind en reën ...
18/04/2026

ñ Groot, klippie-hart dankie aan elkeen wat gehelp het om ons koekverkoping🧁🍡 ñ reuse sukses te maak!

Koue, wind en reën kon nie die dag keer nie! Elke magie is vol en elke lus is geblus!

Die Trapklippies het die uitstappie gate uit geniet💸🤩

Die glimlaggies en tjoklit- bekkies getuig daarvan😉

Address

9 Voortrekker Street
Lichtenburg
2740

Opening Hours

Monday 07:15 - 17:15
Tuesday 07:15 - 17:15
Wednesday 07:15 - 17:15
Thursday 07:15 - 17:15
Friday 07:15 - 17:15

Telephone

+27186321982

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Trapklippies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category