Hoërskool Ellisras

Hoërskool Ellisras School

30/08/2026
Rassie‑Swemmers Skitter in Mokopane! Ons Rassie‑swemmers het die afgelope naweek aan die Limpopo Southern Sprints in Mok...
30/08/2026

Rassie‑Swemmers Skitter in Mokopane!

Ons Rassie‑swemmers het die afgelope naweek aan die Limpopo Southern Sprints in Mokopane deelgeneem – en het prestasies behaal wat ons trots laat glimlag!

Friedrich Neethling (17)
🥉 3de plek – 50 m Rugslag
🥉 3de plek – 200 m Individuele Medley
4de plek – 50 m Vryslag
4de plek – 50 m Vlinderslag
6de plek – 50 m Borsslag

Anuschka Swanepoel (16)
4de plek – 200 m Individuele Medley
5de plek – 50 m Vlinderslag
5de plek – 50 m Rugslag
5de plek – 50 m Borsslag
5de plek – 50 m Vryslag

Samuel Marais (14)
🥇 1ste plek – 200 m Individuele Medley
🥈 2de plek – 50 m Vlinderslag
🥈 2de plek – 50 m Borsslag
🥈 2de plek – 50 m Vryslag
🥉 3de plek – 50 m Rugslag

Baie geluk aan hierdie toegewyde swemmers – julle maak die Rassie‑familie trots met jul harde werk en volgehoue verbetering!

-------------------------------------------------------------

Rassie Swimmers Shine in Mokopane!

Our Rassie swimmers took part in the Limpopo Southern Sprints in Mokopane this past weekend — and what an outstanding set of results they achieved!

Friedrich Neethling (17)
🥉 3rd place – 50 m Backstroke
🥉 3rd place – 200 m Individual Medley
4th place – 50 m Freestyle
4th place – 50 m Butterfly
6th place – 50 m Breaststroke

Anuschka Swanepoel (16)
4th place – 200 m Individual Medley
5th place – 50 m Butterfly
5th place – 50 m Backstroke
5th place – 50 m Breaststroke
5th place – 50 m Freestyle

Samuel Marais (14)
🥇1st place – 200 m Individual Medley
🥈2nd place – 50 m Butterfly
🥈2nd place – 50 m Breaststroke
🥈2nd place – 50 m Freestyle
🥉 3rd place – 50 m Backstroke

Congratulations to these dedicated swimmers — your commitment and progress make the Rassie family proud!

Baie geluk aan die Rassie fietsryers wat op 29 Augustus aan die MTB‑byeenkoms in Louis Trichardt aan die 4de rondte van ...
30/08/2026

Baie geluk aan die Rassie fietsryers wat op 29 Augustus aan die MTB‑byeenkoms in Louis Trichardt aan die 4de rondte van die Limpopo Skolereeks deelgeneem het!

Uitslae:
- U/15 Youth Boys: Migael Malherbe (10de), Milahn Lightfoot (11de), Ruben Stewart (28ste)
- U/16 Youth Boys: Gideon Grobler (5de)
- U/18 Junior Boys: Ethan Stewart het ’n puik 3de plek behaal! 🥉

Ons is trots op julle almal – hou aan trap en wys wat julle kan doen!

------------------------------------------------

Congratulations to the Rassie cyclists who competed in the Limpopo Schools Series at Louis Trichardt on 29 August!

Results:
- U/15 Youth Boys: Migael Malherbe (10th), Milahn Lightfoot (11th), Ruben Stewart (28th)
- U/16 Youth Boys: Gideon Grobler (5th)
- U/18 Junior Boys: Ethan Stewart achieved a brilliant 3rd place! 🥉

We are proud of each of you – keep pedalling and showing your strength!

EN SO LEEF DIE RASSIE-RUGBYDROOM VOORT IN 2026!Vandag het ons o/15-Rassies weer bewys dat ons met trots teen die groter ...
28/08/2026

EN SO LEEF DIE RASSIE-RUGBYDROOM VOORT IN 2026!

Vandag het ons o/15-Rassies weer bewys dat ons met trots teen die groter skole in Limpopo kan meeding deur ’n uitstekende algehele tweede plek by die Limpopo Hoërskole se Eerste Sewestoernooi te behaal!

Hierdie prestasie volg op Hoërskool Ellisras se besonderse vierde plek uit 36 skole in Afdeling 2 van die Virseker Noordvaal-reeks. Dit bevestig opnuut dat Rassie-rugby onder die bestes tel en steeds van krag tot krag groei!

Die grootte van ’n skool bepaal nie die karakter of potensiaal van ’n kind nie. Dit is jou ouerhuis, jou skool, jou gemeenskap en jou vriende wat jou vorm. Die omgewing waarin jy grootword, die waardes wat jy uitleef en die mense wat in jou glo, bepaal waartoe jy in staat is.

Wees tuis. Wees deel van jou kind se reis. Wees daar om jou kind te sien groei.

🇬🇦

--------------------------------------------------------------------------

AND SO THE RASSIES’ RUGBY DREAM CONTINUES IN 2026!

Today, our u/15-Rassies once again proved that we can proudly compete against the larger schools in Limpopo by achieving an outstanding second place overall at the Limpopo High Schools First Sevens Tournament!

This achievement follows Hoërskool Ellisras’ remarkable fourth place finish out of 36 schools in Division 2 of the Virseker Noordvaal competition. These results once again confirm that Rassies Rugby continues to grow from strength to strength!

The size of a school does not determine a child’s character or potential. It is your home, school, community and friends that shape who you become. The environment in which you grow, the values you live by and the people who believe in you determine what you are capable of achieving.

Stay close to home. Be present in your child’s life. Watch your child grow.

Congratulations to our players, coaches, parents and supporters on these exceptional achievements. You make us incredibly proud!

🇬🇦

Weeklikse   UpdateNog ’n week het verbygevlieg, en met elke dag kom ons ’n tree nader aan die groot aand op 22 September...
28/08/2026

Weeklikse Update

Nog ’n week het verbygevlieg, en met elke dag kom ons ’n tree nader aan die groot aand op 22 September.

Die afwagting is tasbaar — jy kan dit voel in die gange van die skool, in die geselsies van die leerders en in die ondersteuning van ons gemeenskap. Die matriekafskeid is nie meer net ’n datum op die kalender nie, dit het begin leef as ’n droom wat binnekort werklikheid gaan word.

Ons sê ’n groot dankie aan ons nuwe borge wat ingespring het:
Dr Hester Stander
Zoemi

En ook aan ons nuwe individuele borg:
Marinda Schoeman

Verder bedank ons weer ons bestaande borge wat reeds hul ondersteuning gewys het:
Ellisras Dierekliniek
CP Auctioneers
Renandie van der Westhuizen
Michelle Kukard
Sare van Zyl
3%.com Properties
Chrisna Sparks Physiotherapy
Fotogenic
Perfect 10
Wilhelm Sparks

Elke bydrae is ’n klip in die fondament van ’n aand wat nie net glansryk gaan wees nie, maar ook ’n simbool van hoe ons gemeenskap saamstaan. Hierdie matriekafskeid gaan ’n viering van trots, samewerking en dankbaarheid wees.

Jou betrokkenheid tel!

Of jy ’n besigheid, ’n ondersteuner of net iemand is wat omgee — sluit aan by en help ons om ’n aand te skep wat ons leerders nooit sal vergeet nie. Elke bydrae, groot of klein, dra by tot ’n matriekafskeid wat die harde werk en toewyding van ons matrieks regtig vier.

🎟️ Kaartjies is nou beskikbaar op Quicket: https://qkt.io/VewfL9

Kom staan saam met ons. Wys jou ondersteuning. Maak ’n verskil. Kom ons maak hierdie matriekafskeid een vir die geskiedenisboeke!

📅 Nog 4 weke tot die groot aand!

HARTLIKE DANK AAN ESKOM MATIMBAHoërskool Ellisras wil graag ons opregte dank en waardering teenoor Eskom Matimba uitspre...
27/08/2026

HARTLIKE DANK AAN ESKOM MATIMBA

Hoërskool Ellisras wil graag ons opregte dank en waardering teenoor Eskom Matimba uitspreek vir hul ruim borgskap.

Danksy hierdie besondere bydrae kon ons die skool se Verbruikerstudieklas en rekenaarsentrums opgradeer tot moderne fasiliteite van wêreldgehalte. Hierdie projek sou nie sonder Eskom Matimba se ondersteuning moontlik gewees het nie.

Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons leerders, personeel, skoolbestuur en gemeenskap vir hierdie borgskap is nie. Dit bied aan ons leerders die geleentheid om hul kennis en vaardighede in ’n moderne leeromgewing te ontwikkel en hulself voor te berei om die leiers, dokters, prokureurs, ingenieurs en entrepreneurs van die toekoms te word.

Ons vertrou dat hierdie fasiliteite elke Rassie sal inspireer om harder te werk, hoër doelwitte na te streef en talente te ontdek waarvan hulle dalk nog nie bewus was nie.

Eskom Matimba, namens elke Rassie, ons personeel, die skoolbestuur en die hele gemeenskap: baie dankie vir hierdie buitengewone bydrae tot Hoërskool Ellisras. Ons waardeer julle belegging in ons skool en, bowenal, in die toekoms van ons leerders.

Ons skool, ons trots!
🇬🇦

--------------------------------------------------------------------------

A HEARTFELT THANK YOU TO ESKOM MATIMBA

Hoërskool Ellisras would like to express its sincere gratitude and appreciation to Eskom Matimba for its generous sponsorship.

Thanks to this remarkable contribution, we were able to upgrade our Consumer Studies classroom and computer centres into modern, world-class facilities. This project would not have been possible without the support of Eskom Matimba.

Words cannot adequately express how grateful our learners, staff, school management and wider community are for this sponsorship. These facilities will enable our learners to develop their knowledge and skills in a modern learning environment while preparing them to become the leaders, doctors, lawyers, engineers and entrepreneurs of the future.

We trust that these facilities will inspire every Rassie to work harder, aim higher and discover talents and potential they may not yet have recognised within themselves.

Eskom Matimba, on behalf of every Rassie, our staff, school management and the entire community, we sincerely thank you for this extraordinary contribution to Hoërskool Ellisras. We deeply appreciate your investment in our school and, above all, in the future of our learners.

Our school, our pride!
🇬🇦

26/08/2026

👑 WêRELDKLAS – Mnr. & Mej Rassie en R***e 2026

Kaartjieverkope is nou oop! Kom reis saam met ons om die wêreld en beleef ’n onvergeetlike aand van talent, styl en Rassie-gees!

📅 7 Oktober – Gratis vertoning vir Pensioenarisse
📅 8 Oktober – Openingsaand & Juffrou Rassie | R50 p.p.
📅 9 Oktober – Gala-aand | R150 p.p.

🎟️ Kaartjies is beskikbaar by alle Mnr. & Mej. Rassie-finaliste.
Een skool. Een verhoog. Een wêreld.
_________________________________________________________________

👑 WORLD-CLASS – Mr. & Miss Rassie and R***e 2026

Ticket sales are officially open! 🎟️ Travel the world with us and enjoy an unforgettable evening of talent, style and Rassie spirit!

📅 7 October – Free performance for pensioners
📅 8 October – Opening Night & Juffrou Rassie | R50 p.p.
📅 9 October – Gala Evening | R150 p.p.

🎟️ Tickets are available from all Mr. & Miss Rassie finalists.
One school. One stage. One world.

26/08/2026

Fisiese Wetenskap in aksie!

Ons Rassie Graad 8’s het chemiese reaksies prakties ondersoek met die bekende “naakte eier”-eksperiment!

Wanneer ’n eier vir 2–3 dae in asyn gelaat word, reageer die asynsuur met die kalsiumkarbonaat in die eierdop. Koolstofdioksiedborrels vorm en die harde dop los geleidelik op, terwyl die sagte membraan om die eier agterbly.

🏠 Probeer dit by die huis:
Plaas ’n rou eier versigtig in ’n glas, bedek dit heeltemal met asyn en laat dit vir 2–3 dae staan. Kyk hoe die borrels vorm en hoe die dop mettertyd verdwyn! Spoel die eier daarna versigtig met water af en kyk wat oorbly.

Só bring ons wetenskap tot lewe – een eksperiment op ’n slag!
_____________________________________

Physical Sciences in action!

Our Rassie Grade 8s explored chemical reactions in a practical way with the well-known “naked egg” experiment!

When an egg is left in vinegar for 2–3 days, the acetic acid reacts with the calcium carbonate in the eggshell. Carbon dioxide bubbles form and the hard shell gradually dissolves, leaving the soft membrane around the egg behind.

🏠 Try it at home:
Carefully place a raw egg in a glass, completely cover it with vinegar and leave it for 2–3 days. Watch the bubbles form and the shell gradually disappear! Afterwards, gently rinse the egg with water and see what remains.

Bringing science to life – one experiment at a time!

Join us on 25 August at 18:00 for Hoërskool Ellisras’ Online Auction! 🎉It is with great excitement that we give you a sn...
25/08/2026

Join us on 25 August at 18:00 for Hoërskool Ellisras’ Online Auction! 🎉

It is with great excitement that we give you a sneak peek at the lots available tomorrow evening! 🔥

The final list of lots will be posted today at 16:00.

📲 Follow the link to join the Online Auction WhatsApp group:
Join the Online Auction WhatsApp Group

If you would still like to make a donation, you are more than welcome to contact Jacques on 074 292 1378.

Don’t miss out — get ready to bid! 🔥🏆

Address

Oliver Thambo Weg/Road
Lephalale
0555

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Ellisras posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Ellisras:

Shortcuts

Share

Category