Shalom Akademie

Shalom Akademie Shalom Akademie is 'n Christusgesentreerde privaat skool wat onderrig bied van Graad R - 12 in Afrikaans en gebruik die Nasionale Kurrikulum.

Shalom Akademie bied klassikale onderrig in Afrikaans en gebruik die NKV (Nasionale Kurrikulumverklaring) leerplan. 'n Goed toegeruste skoolgebou wat bestaan uit 'n administrasieblok, veertien klaskamers en 'n rekenaarlokaal, is in gebruik. Die aangrensende sportveld word gebruik as speelgrond en vir die beoefening van sport. Die personeel bestaan uit sewentien onderwysers, 'n sekretaresse, finans

iële beampte, terreinbestuurder en twee algemene werkers. Almal het 'n passie vir onderwys en 'n liefde vir kinders. Aan die begin van 2025 is die skool se leerdertal 129 leerders van Graad R tot Matriek. Shalom Akademie bied leerders die geleentheid om deel te neem aan tennis, skaak, rugby, netbal, toutrek, atletiek, mini-krieket, krieket en kodering. Leerders het al provinsiale kleure verwerf in verskeie sportsoorte sowel as nasionale kleure vir toutrek. Keusevakke vir Graad 10-12 is twee van die volgende, aangesien RTT 'n verpligte vak is: Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Besigheidsstudies, Fisiese Wetenskappe, Toerisme, Gasvryheidstudies en Landboutegnologie. Shalom Akademie se matrieks presteer elke jaar uitstekend en die skool handhaaf 'n 100% matriek-slaagsyfer. Skoolgelde 2025:

Registrasiefooi: R600
Graad R: R2 790 p.m. x 12
Graad 1-3: R2 790 p.m. x 12
Graad 4-6: R2 840 p.m. x 12
Graad 7-9: R2 840 p.m. x 12
Graad 10-11: R2 910 p.m. x 12
Graad 12: R3 696 p.m. x 10

Leermateriaal (eenmalig per jaar):
Graad 1-3: R550 p.j. Graad 4-6: R650 p.j. Graad 7-9: R750 p.j. Graad 10-11: R850 p.j. Graad 12: R850 p.j.

20/01/2025
2008 - ????
19/01/2025

2008 - ????

Address

P O Box 314
Ladismith
6655

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:30
Tuesday 07:15 - 13:30
Wednesday 07:15 - 13:30
Thursday 07:15 - 13:30
Friday 07:15 - 13:30

Telephone

+27810409220

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Shalom Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Shalom Akademie:

Shortcuts

Share

Category