Hoërskool Ladismith

Hoërskool Ladismith Waardegedrewe opvoeding in die Klein-Karoo. Bekendes soos CJ Langenhoven en Abraham H. Die totale kurrikulum word omgewingsgerig aangebied.

Welkom by Hoërskool Ladismith

Hoërskool Ladismith is vanjaar reeds 133 jaar oud, en in 'n relatiewe jong land, word dit as `n "ou" skool beskou. de Vries, het hier skoolgegaan.Ons bied aan elke leerder 'n veilige en gesonde opvoedingsmilieu. Hoërskool Ladismith is 'n volwaardige Omgewingskool, die eerste van sy soort in die Wes-Kaap.

Die afgelope naweek het die jaarlikse vasbytstap plaasgevind. Drie van ons leerders het deelgeneem: Quin Fourie, Juandré...
01/09/2026

Die afgelope naweek het die jaarlikse vasbytstap plaasgevind. Drie van ons leerders het deelgeneem: Quin Fourie, Juandré Oosthuizen en Carné Kamfer. Vasbyt word nie verniet vasbyt genoem nie - dit is TAAI.

Ons is trots op ons jongmense wat ons skool verteenwoordig het! Baie dankie ook aan mev Jo-Anne Oosthuizen wat die leerders aanhoudend gemotiveer het. Twee jaar gelede het mev Jo-Anne haar heup gebreek... en vanjaar is sy terug! Ongelooflik!

Baie geluk, leerders! Julle wys ons wat gedoen kan word as jy vasbyt!

Op Woendag 26 Augustus het Shalom Akademie ’n redenaarskompetisie aangebied. Vier skole het deelgeneem: HSL, LSS, Shalom...
31/08/2026

Op Woendag 26 Augustus het Shalom Akademie ’n redenaarskompetisie aangebied. Vier skole het deelgeneem: HSL, LSS, Shalom Akademie en RP Botha. Vier van ons leerders het deelgeneem. Die leerders het op baie kort kennisgewing ingeskryf en hulself besonders goed van hul taak gekwyt.

Die uitslae is soos volg:

🥇 Lee-Chloewin Quantiney – 96%
🥇 Glynnique Bell – 98,6%
🥇 Wayde Harker – 98,6%
⏳ Mornice Snyman – uitslag word nog afgewag

Graag wens ons ons vier leerders hartlik geluk met hul uitstekende prestasies, veral gegewe die kort kennisgewing en beperkte voorbereidingstyd.

Baie geluk aan Lee-Chloewin, Glynnique, Mornice en Wayde. Ons is trots op julle!!

28/08/2026

Goeiemiddag, Ouers

My opregte dank aan 'n ieder en elk wat ons fondsinsameling ondersteun het.

Ons het ten minste 300 etes verkoop!

Baie dankie aan die SBL lede, juf Alnorah Bell, mnr Duwayne Moos, juffrou Schultz, Vernon Booysen, Karel de K**k, Sipho, Raldene en die koshuispersoneel wat hard agter die skerms en voor die vure gewoeker het! U verdien 'n welverdiende ruskans! Baie dankie!

Groete,
Mnr Fortuin

28/08/2026
Kuberafknouery en afknouery is 'n kwessie wat baie leerders raak. Die letsels wat agterbly word soms nooit gesien nie. D...
23/08/2026

Kuberafknouery en afknouery is 'n kwessie wat baie leerders raak. Die letsels wat agterbly word soms nooit gesien nie. Die Keep it Kind klub het 'n kuns kompetisie aangebied met die volgende tema: Hoe laat kuberafknouery/afknouery jou voel?

Daar was twee kategorieë: Visuele kuns (enige medium) en Digkuns. Leerders was gevra om hulle emosies op papier te sit. Die volgende leerders het 1ste gekom in die onderskeie kategorieë:

Visuele kuns: Mornice Snyman
Digkuns: Eudith Opperman

Agtergrond vir Mornice se kunswerk:
In die hoek is 'n selfoon waaruit lelike kommentaar kom en dit laat die meisie gebreek voel. Sy neem AL die negatiewe kommentaar in en dit neem haar lewe oor. Daar is lelike woorde en donkerte maar dit is ook kleurvol. Sy kyk nie daarna nie en fokus meer op wat mense op sosiale media van haar sê en laat dan die donkerte oorneem.

Druk hom in die rooi, Bokke!!
15/08/2026

Druk hom in die rooi, Bokke!!

Graad R en Graad RR hou beroepsdag!
07/08/2026

Graad R en Graad RR hou beroepsdag!

Die afgelope naweek het Kring 1 se YIP-Kamp by HSL plaasgevind. Dit is 'n inisiatief van die Kring om die matrieks se pr...
06/08/2026

Die afgelope naweek het Kring 1 se YIP-Kamp by HSL plaasgevind. Dit is 'n inisiatief van die Kring om die matrieks se prestasies te verbeter. Leerders van Hoërskool Albertinia, Kairos, Gerrit du Plessis, LSS asook HSL het die kamp bygewoon.

Aandag is aan WG, Besigheidstudies, Afrikaans Huistaal en Geografie bestee. Die kamp was uiters intensief - ses akademiese sessies is binne twee dae aangebied.

Kring 1 se waarnemende kringbestuurder, mnr Dennis Karelse, en die direkteur van onderwys, mnr Jewel Jonkers het gedurende die naweek besoek afgelê en die leerders verder motiveer.

Die leerders is dit eens dat, alhoewel dit by tye moeilik was om te konsentreer, die kamp deur en deur die moeite werd was!

Die tweede YIP-Kamp vind volgende naweek, 14 - 16 Augustus 2026 by HSL plaas.

Graag bedank ons die volgende persone:

Mnr Donovan Fortuin - Beskikbaarstelling van geriewe
Mnr Emile Abrahams - Sentrumhoof

Mnr Juandré September: Tutor (Besigheidstudies)
Mev Megan Booysen: Tutor (Wiskundige Geletterdheid)
Mnr R du Preez: Tutor (Geografie)
Me L Jantjies: Tutor (Afrikaans Huistaal)

Me. Christina Buitendach en mnr Mark Dokter vir hul leiding, ondersteuning en insette.

Die SLES-span onder leiding van mev. Ria Scholtz vir haar uitstekende aanbieding!

Al die toesighouers (juf Caren Hermanus, juf Tania Jonas, juf Joanne De Waal, juf Adams en mnr F Jantjies): baie dankie!

'n Spesiale woord van dank aan mnr Jean Dekker wat op kort kennisgewing elke haas uit elke hoed getrek het om te verseker dat HSL slaggereed vir die aanbieding van die kamp was. Meneer Dekker het tydens die naweek as skoolhoof waargeneem.

Graag betuig ons ons opregte dank aan Huis Langenhoven se personeel. Hulle moes ook op kort kennisgewing hul naweekplanne wysig en het dit sonder om te skroom gedoen. Dus: aan mnr Duwayne Moos, Raldene van Rooyen, Zelda, Susan, tannie Vivienne, Brenda, Vernon, Sipho en Loretta - BAIE dankie!!

Address

Vredelaan
Ladismith
6655

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27285511065

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Ladismith posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Ladismith:

Shortcuts

Share

Category