P.C.Petersen

P.C.Petersen Teaching and Inspiring pupils day to day. P.C.Petersen Primary school is blessed to be surrounded with the most beautiful mountains and breath-taking views.

It is one of the motivations of the schoolโ€™s teachers and learners. We grant this as a blessing which we are very thankful for. The primary school is based in Kylemore, an underprivileged community, with a low to medium social economic background. The school is a safe haven and learning environment for the learners to reach their full potential and goals. The school accommodates 500+ learners from

grade 0 till grade 7. The teachers put in everything to make sure the learners get quality education. Most of all they give the children love. For most of the learners the teachers are the only mother/father figure they have or know. The school accommodate most of the learners needs with the limited resources we have. We make time for sports, arts, culture and have our own vegetable garden. The school has a feeding scheme where learners can have a decent meal every day.

LOSLIT DAG 2026 Hierdie Vrydag, 4 September 2026, vier ons weer Loslit Dag en ons het plakkers beskikbaar by die skool t...
01/09/2026

LOSLIT DAG 2026

Hierdie Vrydag, 4 September 2026, vier ons weer Loslit Dag en ons het plakkers beskikbaar by die skool teen slegs R20 elk.

Tydens hierdie jaarlikse inisiatief werk ons trots saam met Dorothea Spesiale Skool. Alle fondse wat deur die verkoop van plakkers ingesamel word, word aan Dorothea Spesiale Skool geskenk om hul waardevolle werk te ondersteun.

Ons moedig al ons ouers, leerders, personeel en gemeenskapslede aan om hierdie landwye inisiatief te ondersteun. Koop gerus plakkers vir uself, u familie, vriende, kollegas of selfs u besigheid. Elke plakker maak 'n verskil en help om hoop en ondersteuning aan kinders met spesiale behoeftes te bied.

๐Ÿ’› Plakkers beskikbaar by die skool
๐Ÿ’š Slegs R20 per plakker
๐Ÿ’™ Alle fondse gaan aan Dorothea Spesiale Skool

Kom ons staan saam en wys dat elke ritme saak maak โ€“ "Beat as One, Rhythm Matters"!



๐•Š๐”ธโ„•๐•ƒ๐”ธ๐•„ ๐•Ž๐•†๐•Ž ๐•Š๐•ก๐•–๐•๐•—๐•–๐•–๐•ค ๐Ÿš๐Ÿ˜๐Ÿš๐ŸžDit is alweer sulke tyd van die jaar โ€“ die ๐—ฆ๐—”๐—ก๐—Ÿ๐—”๐—  ๐—ช๐—ข๐—ช ๐—ฆ๐—ฝ๐—ฒ๐—น๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€! Ons is ongelooflik dankbaar om d...
28/08/2026

๐•Š๐”ธโ„•๐•ƒ๐”ธ๐•„ ๐•Ž๐•†๐•Ž ๐•Š๐•ก๐•–๐•๐•—๐•–๐•–๐•ค ๐Ÿš๐Ÿ˜๐Ÿš๐Ÿž

Dit is alweer sulke tyd van die jaar โ€“ die ๐—ฆ๐—”๐—ก๐—Ÿ๐—”๐—  ๐—ช๐—ข๐—ช ๐—ฆ๐—ฝ๐—ฒ๐—น๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€! Ons is ongelooflik dankbaar om deel te wees van die WOW-skole waar ons leerders die geleentheid kry om deel te neem aan hierdie landswye kompetisie wat taal, selfvertroue en akademiese uitnemendheid bevorder.

Vanjaar het ๐Ÿฎ๐Ÿด van ons leerders by die kringronde deelgeneem. Hiervan het ๐Ÿต leerders deurgedring na die distrikronde, en ons is besonders trots om te deel dat ๐Ÿญ leerder deurgedring het na die provinsiale ronde, wat op Saterdag 12 September 2026 plaasvind.

Ons is geweldig trots op al 28 van hierdie maats wat hul spelvernuf met trots ten toon gestel het en letter vir letter hulself, hul families en die skool trots gemaak het. Programme en feeste soos die WOW Spelfees gee ons leerders die selfvertroue om hul potensiaal te ontdek, die motivering om hard te werk en die geleentheid om groot te droom.

'n Spesiale gelukwensing aan ๐—š๐—ฟ๐—ฎ๐˜†๐—ฐ๐—ต๐—ฎ๐—ฒ๐—น ๐—๐—ผ๐—ผ๐˜€๐˜๐—ฒ, wat ๐—ฒ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€๐˜๐—ฒ ๐—ฝ๐—น๐—ฒ๐—ธ in Graad 7 Afrikaans tydens die distrikronde behaal het! Graychael sal ons skool by die provinsiale ronde verteenwoordig, waar sy teen ander spel-guru's van regoor die provinsie sal meeding. Ons wens haar alle sterkte toe met haar voorbereiding en deelname. Ons weet jy gaan jou beste gee!

Baie dankie ook aan ons ๐—ช๐—ข๐—ช-๐—ธ๐—ผ๐—บ๐—ถ๐˜๐—ฒ๐—ฒ by die skool vir hul getroue ondersteuning, deeglike beplanning en die ekstra myl wat hulle altyd vir ons leerders stap. Julle toewyding maak regtig die verskil.

Laastens wil ons ons opregte waardering uitspreek teenoor Woorde Open Wรชrelde vir die wonderlike geleentheid wat hulle aan kinders regoor die land bied. Julle help om 'n liefde vir taal en leer by ons maatjies te kweek.

Baie geluk aan elke maatjie โ€“ julle is ware ambassadeurs van ons skool.

Blue Ribbon Bread Broodsakkie kompetisie! Ons skool het onlangs deelgeneem aan die ๐—•๐—น๐˜‚๐—ฒ ๐—ฅ๐—ถ๐—ฏ๐—ฏ๐—ผ๐—ป ๐—•๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—ฑ๐˜€๐—ฎ๐—ธ๐—ธ๐—ถ๐—ฒ ๐—ž๐—ผ๐—บ๐—ฝ๐—ฒ๐˜๐—ถ๐˜€๐—ถ๐—ฒ, w...
27/08/2026

Blue Ribbon Bread Broodsakkie kompetisie!

Ons skool het onlangs deelgeneem aan die ๐—•๐—น๐˜‚๐—ฒ ๐—ฅ๐—ถ๐—ฏ๐—ฏ๐—ผ๐—ป ๐—•๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—ฑ๐˜€๐—ฎ๐—ธ๐—ธ๐—ถ๐—ฒ ๐—ž๐—ผ๐—บ๐—ฝ๐—ฒ๐˜๐—ถ๐˜€๐—ถ๐—ฒ, waar leerders aangemoedig is om broodsakkies skool toe te bring vir herwinning.

Dit is met groot opgewondenheid dat ons deel dat ๐—ž๐˜†๐—น๐—ฒ๐—ถ๐—ด๐—ต ๐—ฅ๐—ผ๐—ฏ๐—ฎ๐—ถ๐—ป ๐—ถ๐—ป ๐—š๐—ฟ๐—ฎ๐—ฎ๐—ฑ ๐Ÿฌ die meeste broodsakkies ingesamel het en as wenner by die skool aangewys is! As beloning vir haar harde werk en toewyding het sy 'n splinternuwe fiets gewen!

Maar die opwinding stop nie daar nie! Kyleigh gaan ook op ๐—ฆ๐—ฎ๐˜๐—ฒ๐—ฟ๐—ฑ๐—ฎ๐—ด ๐Ÿฎ๐Ÿต ๐—”๐˜‚๐—ด๐˜‚๐˜€๐˜๐˜‚๐˜€ 'n ๐—ฒ๐—ธ๐˜€๐—ธ๐—น๐˜‚๐˜€๐—ถ๐—ฒ๐˜„๐—ฒ ๐˜๐—ผ๐—ฒ๐—ฟ van die ๐—•๐—น๐˜‚๐—ฒ ๐—ฅ๐—ถ๐—ฏ๐—ฏ๐—ผ๐—ป ๐—•๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—ฑ๐—ณ๐—ฎ๐—ฏ๐—ฟ๐—ถ๐—ฒ๐—ธ in ๐—ฆ๐—ผ๐˜‚๐˜๐—ฟ๐—ถ๐˜ƒ๐—ถ๐—ฒ๐—ฟ meemaak. Wat 'n ongelooflike ervaring vir een van ons jongste leerders, ons is sommer saam haar opgewonde.

Ons is ongelooflik trots op Kyleigh en wens haar baie gelukkige kilometers, groot avonture en hope pret op haar nuwe fiets toe.

'n Groot dankie aan ๐—•๐—น๐˜‚๐—ฒ ๐—ฅ๐—ถ๐—ฏ๐—ฏ๐—ผ๐—ป ๐—•๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—ฑ vir hierdie wonderlike inisiatief wat nie net opwinding skep nie, maar ook ons kinders herinner aan die belangrikheid van herwinning en om verantwoordelik na ons omgewing om te sien. Deur projekte soos hierdie leer ons leerders dat klein dade 'n groot verskil kan maak.

Baie geluk, Kyleigh! ๐Ÿ’š๐Ÿ’›

Ons is dalk bietjie laat in die kwartaal, maar ons deel met trots ons ๐—ง๐—ผ๐—ฝ ๐Ÿญ๐Ÿฌ-๐˜‚๐—ถ๐˜๐—ฏ๐—น๐—ถ๐—ป๐—ธ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ž๐˜„๐—ฎ๐—ฟ๐˜๐—ฎ๐—ฎ๐—น ๐Ÿฎ vanaf Graad 1 to...
26/08/2026

Ons is dalk bietjie laat in die kwartaal, maar ons deel met trots ons ๐—ง๐—ผ๐—ฝ ๐Ÿญ๐Ÿฌ-๐˜‚๐—ถ๐˜๐—ฏ๐—น๐—ถ๐—ป๐—ธ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ž๐˜„๐—ฎ๐—ฟ๐˜๐—ฎ๐—ฎ๐—น ๐Ÿฎ vanaf Graad 1 tot Graad 7!

Hierdie maats is 'n bewys van harde werk, deursettingsvermoรซ, toewyding en getrouheid aan hulself en hul skoolwerk. Hulle het gewys dat sukses bereik kan word wanneer mens bereid is om elke dag jou beste te gee.

Baie geluk aan elke leerder wat hierdie prestasie behaal het, asook aan elke ouer en voog wat hul kinders ondersteun en aanmoedig om hul volle potensiaal te bereik. Julle harde werk en ondersteuning maak 'n groot verskil.

Mag hierdie prestasie julle inspireer om aan te hou droom, hard te werk en altyd na uitnemendheid te streef.

๐—ข๐—ป๐˜€ ๐—ถ๐˜€ ๐—ผ๐—ป๐—ด๐—ฒ๐—น๐—ผ๐—ผ๐—ณ๐—น๐—ถ๐—ธ ๐˜๐—ฟ๐—ผ๐˜๐˜€ ๐—ผ๐—ฝ ๐—ฒ๐—น๐—ธ๐—ฒ๐—ฒ๐—ป ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ท๐˜‚๐—น๐—น๐—ฒ! ๐Ÿ’š๐Ÿ’›

Ons grondslagfase maatjies kuier bietjie in die Kaap! โ€™n Dag vol wonder, leer en nuwe ervarings! Op Dinsdag, 18 Augustus...
20/08/2026

Ons grondslagfase maatjies kuier bietjie in die Kaap!

โ€™n Dag vol wonder, leer en nuwe ervarings! Op Dinsdag, 18 Augustus, het van ons Grondslagfase-maatjies โ€™n opwindende uitstappie na Kaapstad geniet en wat โ€™n fees was dit nie!

Die leerders het die Kunste Kaap/Artscape Teater besoek om die produksie van ๐—ฉ๐—น๐—ผ๐—ผ๐—ถ ๐—ฒ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ฉ๐—ฒ๐—ฟ๐—น๐—ผ๐—ฟ๐—ฒ ๐—™๐—ผ๐˜€๐˜€๐—ถ๐—ฒ๐—น te gaan kyk, โ€™n teaterstuk gebaseer op een van hul voorgeskrewe boeke.

Hoe wonderlik is dit nie om die karakters waarvan jy lees, skielik voor jou oรซ lewendig te sien word nie? Vir baie van ons leerders was dit โ€™n ervaring wat hulle nog lank sal onthou.

Ons kinders is werklik bevoorreg om reeds op so โ€™n jong ouderdom aan geleenthede soos hierdie blootgestel te word. By die skool streef ons daarna om ons leerders aan nuwe ervarings en nuwe wรชrelde bloot te stel โ€“ wรชrelde wat soms ver buite hul alledaagse omgewing lรช.

Dit is dikwels die kleinste en eenvoudigste geleenthede wat die grootste indruk maak. Daarom loop ons harte oor van dankbaarheid wanneer ons die glimlaรซ, die skitterende oรซ en die opgewondenheid op ons kinders se gesigte sien.

Deur al die uitdagings wat die onderwys soms bring, herinner dae soos hierdie ons waarom ons doen wat ons doen. Hierdie oomblikke van vreugde, verwondering en ontdekking maak elke uitdaging die moeite werd.

Groot dank aan elke persoon wat gehelp het om hierdie ervaring moontlik te maak.

๐—ข๐—ป๐˜€ ๐—ธ๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐˜€ ๐˜€๐—ฒ ๐˜„๐—ฒฬ‚๐—ฟ๐—ฒ๐—น๐—ฑ ๐—ต๐—ฒ๐˜ ๐——๐—ถ๐—ป๐˜€๐—ฑ๐—ฎ๐—ด ๐—ป๐—ฒ๐˜ โ€™๐—ป ๐—ฏ๐—ถ๐—ฒ๐˜๐—ท๐—ถ๐—ฒ ๐—ด๐—ฟ๐—ผ๐˜๐—ฒ๐—ฟ ๐—ด๐—ฒ๐˜„๐—ผ๐—ฟ๐—ฑ!

Ons harte loop oor van vreugde en dankbaarheid!Oor die afgelope paar jaar het ons die besonderse voorreg gehad om โ€™n pra...
18/08/2026

Ons harte loop oor van vreugde en dankbaarheid!

Oor die afgelope paar jaar het ons die besonderse voorreg gehad om โ€™n pragtige verhouding met Wynberg Girls' Junior School te bou deur die wonderlike, Mandela Box-projek.

Die meisies in die Grondslagfase stel hierdie bokse met soveel liefde, passie en omgee saam. Elke boks is gevul met opvoedkundige hulpmiddels, remediรซrende aktiwiteite, kindertee, koekies en skryfbehoeftes โ€” klein dinge wat saam โ€™n groot verskil maak.

Ons Graad 2-leerders gebruik hierdie bokse as ekstra intervensie- en remediรซrende ondersteuning in die klas. Dit is vir ons ongelooflik waardevol om te sien hoe iets wat deur โ€™n ander groep kinders met liefde voorberei is, uiteindelik ons eie leerders se leerervaring verryk.

Ons harte loop behoorlik oor omdat ons jaarliks deel van hierdie inisiatief is en waardeer die volgehoue ondersteuning. Ons kan nie genoeg dankie sรช aan Michelle Bell, die wonderlike meisies in die Grondslagfase, hulle ouers en elke persoon wat โ€™n hand in hierdie projek het nie.

Dankie dat julle ons leerders laat voel dat daar mense ver buite ons skool is wat in hulle glo, vir hulle omgee en hulle wil sien groei.

Dankie dat julle soveel vreugde โ€” een boks op โ€™n slag โ€” deel.

Ons waardeer julle ongelooflik baie!

Ook 'n groot dank aan Renee Lighton - vir haar volgehoue ondersteuning aan die skool en haar vennootskap met hierdie projek.

Tea4Kidz


Graag wil ons hierdie geleentheid gebruik om elkeen wat ons Hamburger- en Koeldrankverkope/fondsinsameling ondersteun he...
17/08/2026

Graag wil ons hierdie geleentheid gebruik om elkeen wat ons Hamburger- en Koeldrankverkope/fondsinsameling ondersteun het, uit die diepte van ons harte te bedank.

Die funksie was โ€™n reuse sukses, en ons kan eenvoudig nie genoeg dankie sรช vir elke persoon wat โ€™n kaartjie gekoop het, iets geskenk het, gehelp het, saamgewerk het of ons op enige manier ondersteun het nie.

As โ€™n nie-fondsskool is fondsinsamelings soos hierdie van kardinale belang. Die fondse wat ingesamel word, help ons om die skool se daaglikse behoeftes aan te spreek en dra by tot die holistiese funksionering en ontwikkeling van ons skool en ons leerders.

Mag ons altyd aanhou om hande te neem, mekaar te ondersteun en saam te werk aan die verbetering en opbou van ons skool.

Aan elkeen wat deel was van hierdie sukses:

BAIE, BAIE DANKIE!

Ons waardeer elkeen van julle meer as wat woorde kan sรช.

Kyk wie het kom kuier! Gister het ons die besonderse voorreg gehad om Dr. Fernando Adams  by die skool te verwelkom. Dr....
13/08/2026

Kyk wie het kom kuier!

Gister het ons die besonderse voorreg gehad om Dr. Fernando Adams by die skool te verwelkom.

Dr. Adams โ€™n voormalige leerder van ons skool รฉn โ€™n ware Kylemore-kind. Daarom was die besoek vir ons โ€™n besonderse voorreg.

Dr. Fernando het met ons Grondslagfase-maatjies kom gesels oor sy beroep as dokter, verskillende beroepe binne die mediese veld en, baie belangrik, oor die waarde daarvan om na jou gesondheid en jou liggaam om te sien.

Met sy stories, apparate en praktiese voorbeelde het hy die leerders se aandag behoorlik gevang! Die nuuskierigheid en opgewondenheid op hulle gesigte was wonderlik om te sien.

Na die tyd het Dr. Adams en ons skoolhoof lekker opgevang en sommer โ€™n bietjie gesels oor die skool, ons pragtige geboue, die veranderinge deur die jare en natuurlik ons besonderse Kylemore-gemeenskap.

Ons is ook baie trots dat Dr. Adams verlede maand saam met โ€™n vennoot sy mediese praktyk in Kylemore geopen het.

Baie dankie, Dr. Fernando, vir jou tyd, jou stories en vir die inspirasie wat jy vir ons leerders gebring het. Ons is trots op ons oud-leerders en op die verskil wat hulle in ons gemeenskap maak!

โ€™n Spesiale dankie aan Juffrou Van Kervel vir al die reรซlings en moeite om hierdie besonderse besoek moontlik te maak.

Dr. Fernando herinner ons weereens die belangrikheid om te droom en te strewe na uitnemendheid.

FONDSINSAMELING โ€“ HAMBURGER & KOELDRANK!๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹Net โ€™n vriendelike herinnering aan ons eerste fondsinsameling ...
11/08/2026

FONDSINSAMELING โ€“ HAMBURGER & KOELDRANK!

๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹๐Ÿ”๐Ÿฅค๐Ÿ”๐Ÿงƒ๐Ÿ”๐Ÿง‹

Net โ€™n vriendelike herinnering aan ons eerste fondsinsameling vir Kwartaal 3!

Hierdie Vrydag, 14 Augustus 2026, hou ons ons Hamburger & Koeldrank-verkope teen slegs R50!

Ons het nog kaartjies beskikbaar, so moenie uitmis nie! Ondersteun asseblief ons pogings om fondse in te samel.

Elke kaartjie, elke burger en elke bydrae maak โ€™n verskil aan ons skool en ons leerders. Dankie aan almal wat voortdurend ons ondersteun!

๐Ÿ“… Vrydag 14 Augustus 2026
๐Ÿ”๐Ÿงƒ Hamburger + Koeldrank
๐Ÿ’ฐ R50

Vind ook aangeheg ons bankbesonderhede.

Ons het 'n voรซltjie hoor fluit...Kylemore Rugbyklub en Pniel Villagers hierdie Saterdag hul jaarlikse rugbyderby aanpak!...
29/07/2026

Ons het 'n voรซltjie hoor fluit...

Kylemore Rugbyklub en Pniel Villagers hierdie Saterdag hul jaarlikse rugbyderby aanpak! Die opgewondenheid is aansteeklik, en ons wens albei spanne alles van die beste toe.

By die skool vang ons sommer reeds hierdie Vrydag die derby-gees!

Kom ons wys ons ondersteuning vir ons dorpspan, Kylemore! Trek jou rooi en swart klere aan en help ons om die skool met span- en gemeenskapsgees te vul.

Kylemore RFC

Address

Kylemore, Gouws Blom Street
Kylemore
7608

Telephone

+27215182151

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when P.C.Petersen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to P.C.Petersen:

Share